Page 1 of 1

Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Thu Oct 04, 2012 11:59 am
by Jean Marais
Hallo almal

Ek hoop iemand kan my dalk help.

Ek het 'n maat wat nog nooit aansoek gedoen het om sy pistool se lisensie te hernu i.t.v. die nuwe wapen wet nie. Is daar enige moontlikheid dat hy nou nog sal kan aansoek doen, of sal hy moet afstand doen van die wapen?

Kan hy die wapen aan sy broer gee as die sou aansoek doen, of is dit ook al te laat?

Wat se ander moontlikhede bestaan.

Ek is van mening dat hy van die wapen sal moet afstand doen, ongeag, maar ek is nie seker nie.

Luister graag, en baie dankie vir die hulp.

Groetnis

Jean

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Thu Oct 04, 2012 12:03 pm
by Eugene
Het hy nog een van die "ou" lisensies gehad, maw voor die nuwe wet?

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Thu Oct 04, 2012 12:26 pm
by Jean Marais
Hallo Eugene

Ja, dis korrek.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Thu Oct 04, 2012 12:43 pm
by Eugene
Ek is nie 100% seker nie, maar sover my kennis strek, is alle vorige of "ou" vuurwapen lisensies nog geldig, ingevolge 'n tussentydse hofuitspraak wat die SA jagters bekom het. Daar moet egter nog finaal uitspraak gegee word, so ek stel voor jou pel, gaan doen die nodige so gou as moontlik!

As hy nog nie dit gedoen het nie, sal hy vir die bevoegdheid kursus moet gaan, aansoek doen vir 'n bevoegdheid sertifikaat en daarna vir hernuwing van sy lisensie. Hy gaan dalk/ dalk nie 'n boete moet betaal!

Onthou net hy moet steeds 'n goeie motivering by sy hernuwings aansoek aanheg!

Hoe gouer, hoe beter!

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Thu Oct 04, 2012 1:05 pm
by Marc
Eugene wrote: Ek is nie 100% seker nie, maar sover my kennis strek, is alle vorige of "ou" vuurwapen lisensies nog geldig, ingevolge 'n tussentydse hofuitspraak wat die SA jagters bekom het. Daar moet egter nog finaal uitspraak gegee word, so ek stel voor jou pel, gaan doen die nodige so gou as moontlik!

As hy nog nie dit gedoen het nie, sal hy vir die bevoegdheid kursus moet gaan, aansoek doen vir 'n bevoegdheid sertifikaat en daarna vir hernuwing van sy lisensie. Hy gaan dalk/ dalk nie 'n boete moet betaal!

Onthou net hy moet steeds 'n goeie motivering by sy hernuwings aansoek aanheg!

Hoe gouer, hoe beter!
Ek glo ook hy werk so  ;)

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 05, 2012 8:20 am
by Jean Marais
Baie dankie vir die terugvoer.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 12:55 pm
by James Wilson
Jou ou wapenlisensie is net geldig as jy voor die vervaldatum aansoek gedoen het vir die nuwe lisensie.

Probeer om die wapen by n wapenwinkel in te hadig, sodat hy afkom van jou vriend se naam. Sodra hy af is doen dan n splinternuwe aansoek vir dieselfde wapen asof dit n nuwe wapen is.

Vra vir Danie243, hy ken die wet.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:26 pm
by Lourens
James daai klink ook vir my na die oplossing....

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:38 pm
by Jean Marais
Hallo James

Dankie vir jou terugvoer. Ek het intussen ook by ander gaan kers opsteek, en jou weergawe stem ooreen. Ek is net nie so seker of hy wel suksesvol sal kan aansoek doen nie. Gaan die polisie nie weet dat die wapen voorheen aan hom behoort het nie, of gaan hulle nie so ver in die geskiedenis van eienaarskap terug nie?

Jean

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:40 pm
by Skaaphaas
James daai is nie reg nie. Die tussentydse bevel wat gemaak is deur regter Prinsloo is geldig in afdwingbaar. Dit bepaal dat alle vorige lisensies (selfs die wat nog in jou ID gedruk was) geldig bly. Die staat het geen bevoegdheid om die lisensies voor die voet as ongeldig te verklaar sonder dat daardie persone een vir een ondersoek is nie.
Die enigste rede hoekom dit 'n "tussentydse" bevel is, is omdat die staat nie aangehoor is met die aanhoor van die aansoek nie.

Dit staan die staat vry om die saak ter enige tyd te plaas om die tussentydse bevel teen te staan. Hulle het dit tot vandag toe nie gedoen nie, want hulle weet goed hulle gaan op hul neuse kry, SA Jagters se saak was reg.

Die tussentydse bevel is net so geldig soos enige ander hofbevel, en dus hoef mense met groen kaartlisensies geensins aansoek te doen om hernuwing nie.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:45 pm
by Eugene
Skaaphaas wrote: James daai is nie reg nie. Die tussentydse bevel wat gemaak is deur regter Prinsloo is geldig in afdwingbaar. Dit bepaal dat alle vorige lisensies (selfs die wat nog in jou ID gedruk was) geldig bly. Die staat het geen bevoegdheid om die lisensies voor die voet as ongeldig te verklaar sonder dat daardie persone een vir een ondersoek is nie.
Die enigste rede hoekom dit 'n "tussentydse" bevel is, is omdat die staat nie aangehoor is met die aanhoor van die aansoek nie.

Dit staan die staat vry om die saak ter enige tyd te plaas om die tussentydse bevel teen te staan. Hulle het dit tot vandag toe nie gedoen nie, want hulle weet goed hulle gaan op hul neuse kry, SA Jagters se saak was reg.

Die tussentydse bevel is net so geldig soos enige ander hofbevel, en dus hoef mense met groen kaartlisensies geensins aansoek te doen om hernuwing nie.
Het dit ook so, as dit nog die ou "groen kaartjie" of ID boek lisensie is. As dit 'n nuwe lisensie itv Wet 60 van 2000 is, is James 100% korrek!

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:51 pm
by Jean Marais
Hi Eugene / Skaaphaas

Ek is nou soos 'n verkleurmannetjie op 'n smartieboks  ??? ???

Is julle 100% seker van die feit. Moet s? dit sal my dag maak as dit wel so is. Wat is dan julle aanbeveling. Moet die ou nou maar net gaan aansoek doen vir hernuwing?

Hoor graag van julle.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:51 pm
by Skaaphaas
http://www.molonlabe.co.za/courtcases/J ... e_size.pdf

Laaste bladsy bevat die bevel. Ek vra om verskoning, dit blyk dat die staat wel aangehoor is op hierdie dringende aansoek, dis as tussentydse bevel gegee na aanleiding van 'n dringende aansoek, hangende die uitslag van die hoofaansoek wat nou vir 'n geruime tyd onbepaald uitgestel is en n?rens heen gaan nie.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:54 pm
by Skaaphaas
Jean, ek voel redelik sterkoor die saak want ek voel die SAPD het die nuwe vuurwapenwet gestoomroller en die geldende reg verontagsaam, so my eerste gedagte is altyd, as jy 'n groen lisensie het, moenie hom gaan ingee vir 'n nuwe een nie!

Maar ek verstaan mense is huiwerig want hulle is bang hulle is dalk verkeerd en niemand wil moeilikheid h? met die polisie nie (ek ook nie), so as dit hom gaan laat beter voel kan hy aansoek doen om hernuwing. Die ding is net, hy is tans in wettige besit van die wapen en moet nie van hom afstand doen nie hangende sy nuwe aansoek nie.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 1:57 pm
by Eugene
Skaaphaas wrote: Jean, ek voel redelik sterkoor die saak want ek voel die SAPD het die nuwe vuurwapenwet gestoomroller en die geldende reg verontagsaam, so my eerste gedagte is altyd, as jy 'n groen lisensie het, moenie hom gaan ingee vir 'n nuwe een nie!

Maar ek verstaan mense is huiwerig want hulle is bang hulle is dalk verkeerd en niemand wil moeilikheid h? met die polisie nie (ek ook nie), so as dit hom gaan laat beter voel kan hy aansoek doen om hernuwing. Die ding is net, hy is tans in wettige besit van die wapen en moet nie van hom afstand doen nie hangende sy nuwe aansoek nie.
Dis hy daai! As jy/hy steeds onseker is, bel vir SA Jagters of 'n prokureur wat spesialiseer in vuurwapenaansoek en kry gemoedsrus!

Maar jou pel moet wikkel, die status quo gaan nie altyd so wees nie...

Groete

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 2:04 pm
by Jean Marais
Dankie vir die raad en terugvoer.

Die besluit is ons handhaaf die huidige status quo, en doen aansoek wanneer die SAPS weer die saak aanroer en nuwe afsnydatums bepaal het.

Ek waardeer jul instte.

Groete

Jean Marais

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Fri Oct 19, 2012 2:06 pm
by Skaaphaas
Jean Marais wrote: Dankie vir die raad en terugvoer.

Die besluit is ons handhaaf die huidige status quo, en doen aansoek wanneer die SAPS weer die saak aanroer en nuwe afsnydatums bepaal het.

Ek waardeer jul instte.

Groete

Jean Marais
Mooi. Die groen kaartlisensie is 'n "beter" lisensie as die nuwes. Geen 200 rondte limiet as jy nie toegewyde status het nie, en hoef ook nie elke paar hernu te word nie.

Re: Hoe nou gemaak t.o.v wapen hernuwings aansoek

Posted: Mon Oct 22, 2012 1:51 pm
by Eugene
Ek sien hierdie op City Guns se website:

  Due to the ongoing Lawsuit between SA Jagters and SAPS. All Firearm Licenses valid under the old arms and ammunition act  of 1969 (Green License cards and license pasted in the old ID book) remains valid till further notice.