Page 1 of 2

TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 9:55 am
by Marc
Dags?

Ek is opsoek na 'n lekker rollie om mee te jag  8)

Ek kry net nie die outjie uit my kop nie  :angel:  Vraag is nou net of ek met my groot of klein brein dink  ;D ;D ;D Enige raad en of advies sal baie waardeur word. Ek ken glad nie Taurus nie  ???

http://www.taurususa.com/gun-selector-r ... &toggle=tr

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/444SS8.jpg

As daar manne is wat al die outjies vasgehou het sal ek waardeur as hulle my hulle menings sal gee. Kan PM ook  ;)

Mooiloop
Marc

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 1:34 pm
by Marc
Model: 444SS8
Finish: Stainless Steel
Status: Available
Caliber: .44 MAG
Grips: Soft Rubber
UPC: 7-25327-32088-3
Capacity: 6
Weight: 63 oz
Rate of Twist: 1:18.75"
Barrel Length: 8-3/8"
Height: 6.20"
Porting: YES
Frame: Large
Width: 1.775"
Action: DA/SA
Front Sight: Patridge
Grooves: 5
Safety: Taurus Security System,Transfer Bar
Trigger Type: Smooth
Rear Sight: Adjustable
Grooves Turn: Right


http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/taurus_raging_bull.jpg

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 1:37 pm
by SV MAD (Henk)
Jis Marc

Waar kom jy met die rollie-porn! hoe moet ek nou die res van die dag konsentreer...

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 2:00 pm
by Musgrave
Ek self sukkel om te fokus...

Henk, byges?, jy moet jou "signature" verander. Daai 44 van jou is mos nie meer in of by motivering nie! ;)

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 2:27 pm
by VdWalt
En skielik jeuk dit op plekke wat ek nie geweet het ek het nie...

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 5:50 pm
by afrikanerbloed
Jis
Koop maar .
Ek het die 454 casull in die Raging Bull.Ek trek nou by so 2400 skote en hy is nog so styf soos dag een.Ek het n Ultra dot op nadat my rewolwer al 2 Burris scopes en 1 Leupold geeet het.
As jy jou deel doen kan skote tot op 100m maklik aangevat word,let wel ,oefen en nog oefen.
Goeie wapen ,pas net jou ore op want die ports voor speel nie met n mens se ore nie.
Groete
Johan

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 6:05 pm
by BLOK
En wat prys die jong man. Is tog te mooi, ek is nie iemand vir handwapens nie maar die een sal ek aan gewoond kan raak.

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 03, 2012 7:51 pm
by Marc
Dankie Johan, dis nou presies wat ek wou hoor  ;D . Die reviews op die net ook meestal positief. Meeste manne kla oor klein masjien merkies en so, meganies lyk dit of hy deur en deur sy geld werd is.  ???

Ek sukkel self om te fokus, dis 'n langtermyn projek die.

Blok dit klink so na R5-8k hang ook af watse kaliber en presiese model jy vat?

;D

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Thu Oct 04, 2012 8:30 am
by SV MAD (Henk)
R5-8K? Nee kyk, dan moet ek hom aanskaf en motiveer vir plaagdier beheer... Dan word hy Ouboet...

Sit bietjie foto op van daai Ultra dot asb, wil graag sien hoe hy lyk en werk op jou rollie. Kyk nou juis na so iets...

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Thu Oct 04, 2012 10:19 am
by Marc
Henk
Ek mag uit wees met die prys  :-\ As daar iemand is wat weet van een wat iewers l? en wag vir 'n nuwe huis sal ek graag wil hoor  :)

Johan
Ek het ook nogal gedink 'n dot sight gaan beter werk, plan is om varke met hom te jag, so dit gaan soms vinnige skote wees wat nie so maklik met 'n teleskoop gaan wees nie  ;D

Daai 454Cas is sekerlik 'n bulletjie, ek weet nie of ek al reg is vir so outjie nie. Dink ek sal eerder gaan vir die .44Mag  :-[

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Thu Oct 04, 2012 11:04 am
by SV MAD (Henk)
Ek speel met die idee om 'n tactical sight reddot te kry, of die gewone reddot of die gewone teleskoop wat so 2-3 keer vergroot.

Wat reken julle manne sal die beste werk?

Dit sal nou wees om te kan skiet sodat ek kan bokke jag so tussen 30-70m.

Groete

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Sun Oct 07, 2012 6:11 pm
by afrikanerbloed
Naand Manne
Hier is die foto van my revolwer met die red dot op.
Soos ek gese het eet die revolwer teleskope en ek moes hierdie red dot gom om te sorg dat hy nie skuif in die ringe nie.Maar een ding is seker,hy hou .Ek skiet net 300grn lood pille en die red dot het nog nie ge oe of ge aa nie.
Die ultra dot het n verstelling vir 2,4,6,8 MOA asook die verstelling vir die intensiteit van die kol self.
Die ultra dot kom met sy eie ringe en is gemaak om op n Weaver  basis te pas.
Ek sal die produk aan enige iemand voorstel.
Wat die dot lekker maak is dat jy met altwee oe oop kan skiet en dat daar geen paralaks fout is nie ,dws daar waar die kol is daar land die skoot,maak nie saak waar  die kol in jou sigvlak is nie.
Hoop dit help
Groete
Johan

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Sun Oct 07, 2012 8:56 pm
by Marc
Johan

Liewe ouers dis mooi  8) 8) 8) 8) 8) 8) 8)

Ditlyk na presies wat die dokter bestel het  ;)  Waar en wanneer het jy daai outjie gekoop, kan my PM as wil. Baie dankie vir die deel, dit is bitter mooi  8)

Mooiloop
Marc

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Mon Oct 08, 2012 8:58 am
by SV MAD (Henk)
Hi Johan.

Wat kos daardie scopes?
Groete

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 6:40 pm
by Marc
Niemand anders wat kan las oor hulle ondervinding met Taurus handwapens nie  ??? 

FM wat dink jy van hulle  ???

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 7:07 pm
by Neels
Hallo Marc

Ek skiet n Taurus .357 magnum met 6dm loop nou al vir baie jare sonder enige probleme. Jy kan maar koop hy sal jou nie teleurstel nie.

Groete
Neels

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 7:23 pm
by Marc
Neels wrote: Hallo Marc

Ek skiet n Taurus .357 magnum met 6dm loop nou al vir baie jare sonder enige probleme. Jy kan maar koop hy sal jou nie teleurstel nie.

Groete
Neels
Baie dankie, dis net wat ek nie moet hoor nie, maar tog so graag wil hoor  ;D ;D ;D ;D

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 10, 2012 7:43 pm
by afrikanerbloed
Hallou Manne
Ek kom net gou weer terug oor die red dot se vraag .Ek het hom vir $210 gekoop en al 2 van hulle ingebring.Die company wat dit verkoop pos dit net vir jou en geen vrae gevra nie.Ek moes myne by die doeane in Kaapstad afhaal en ek het minimum invoer belasting betaal.

Ek besit ook nog n Taurus M44 in 44magnum.Hy is ook geport met n 4 duim loop.Hy kry jou aandag aan beide kante maar sodra jy aan hom gewoond is is dit niks om met hom te skiet nie.Ek  skiet 240 en 300grn lood punte met n maksimum lading,geen probleme nie.Ek sukkel net om verder as 40m al my skote op n A4 bladsy te hou agv die growwe sights so ek persoonlik sal nie verder as hierdie afstand skiet as ek moet jag nie.Ek sal n kans vat maar ek sal nie 100% daaroor voel nie.
Die revolwer het ook nie die basis sisteem soos die Raging bull nie so as jy iets wil mount sal jy n basis moet insit daar waar die agterste sight inskuif.
Ek het ook gehoor dat Taurus se ondersteuning goed is.Die enigste probleem sal wees dat jy jou hele revolwer sal moet wegstuur.
Hoop dit help
Groete
Johan

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Sat Oct 13, 2012 7:42 pm
by Kockp1
Ek het 'n Taurus .357 met 6" loop van 1984 tot 3 maande terug gehad en het 2 varke en 'n ribbok met hom platgetrek.

Een groot fout wat ek agtergekom het is die "forcing cone" wat uitsteek tussen die silinder en die loop.

Omdat dit te lank is en nie die beskerming van die brug het nie het myne gekraak en ek het begin rondkyk vir 'n vervanging.  Kyk mooi na die gapings tussen silinder en loop want dit kan moeilikheid veroorsaak.  Ek het toe 'n Astra aangeskaf wat se gaping 1/10 is van die Taurus en net so lekker hanteer.

Die Colt Python bv se gaping is haarbreedte wat verseker dat die kanse van 'n kraak 0 is.

Sterkte

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Sat Oct 13, 2012 7:46 pm
by Marc
Kockp1 wrote: Ek het 'n Taurus .357 met 6" loop van 1984 tot 3 maande terug gehad en het 2 varke en 'n ribbok met hom platgetrek.

Een groot fout wat ek agtergekom het is die "forcing cone" wat uitsteek tussen die silinder en die loop.

Omdat dit te lank is en nie die beskerming van die brug het nie het myne gekraak en ek het begin rondkyk vir 'n vervanging.  Kyk mooi na die gapings tussen silinder en loop want dit kan moeilikheid veroorsaak.  Ek het toe 'n Astra aangeskaf wat se gaping 1/10 is van die Taurus en net so lekker hanteer.

Die Colt Python bv se gaping is haarbreedte wat verseker dat die kanse van 'n kraak 0 is.

Sterkte
Baie dankie vir die terugvoer  ;)

Mooiloop
Marc

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 23, 2013 4:09 pm
by Marc
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/995502_752752428071737_660068339_n_zps16be1712.jpg


http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/1374885_752752258071754_1622591448_n_zps7e3525d2.jpg



Ag man kikker hier alweer so vlammetjie by my op :'(

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 23, 2013 4:39 pm
by DWB
Marc wrote:
Ag man kikker hier alweer so vlammetjie by my op :'(
Pel van my het so 44 MAg wat hy wil laat gaan, maar net oor jy nou rondneuk en nie spaar vir jou 416 nie gaan ek jou nie vertel van hom nie...

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 23, 2013 9:30 pm
by Marc
Dis beter boeta......moet nou nie n man skop wat le nie ;D

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Wed Oct 23, 2013 11:03 pm
by Roger
Ek het self Taurus 357Mag, nog nie met hom gejag nie maar kan nie wag nie. In vir liksens. Oja myne het n 6" loop.

Re: TAURUS Revolver vir Jag ????

Posted: Thu Oct 24, 2013 8:22 am
by SV MAD (Henk)
Deon, laat weet bietjie oor daai 44 Mag? Myne le so alleen, die 357 hou hom geselskap, maar ai, as die groot oom blaf op die skietbaan pak die manne met 9mmP sommer op!

En Centurion Indoor se eienaar het eenkeer ingestorm in die ondergrondse skietbaan toe ek 6 skote in 3 sekondes aftrek (wil kyk wat is my groep as ek vinnig moet skiet). Hy se toe dat die 44 so baie rook uitskop dit gaan sy rook alarms afsit, en dan is die polisie en brandweer en almal daar. Lag ek my natuurlik 'n papie...

Anyways, ek love my 44, as ek eendag die kans kry om 'n groter handwapen as dit te kan skiet en/of besit, sal ek dit dadelik doen!