Page 1 of 1
reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 02, 2012 10:35 am
by cassie_calvinia
watse retical gebruik jul manne vir jul baanskiet, en veld kompetiesie skiet?
sal 'n balistic turret werk?
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 10:25 am
by Piet Breedt
Cassie, as jy van die Ballistic turret op die Swarovski's praat, dan ja beslis. Hulle werk baie mooi.
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 12:08 pm
by cassie_calvinia
ja praat van hom.
dankie oom
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 12:44 pm
by JACQUES BOTHA
Piet
Ek dog jy sal hom aanrooi om burris te gebruik dan kyk jy sommer na die strepies op die e1 recticle en dan hoef jy nie die turrets op en af te rol nie....
Ek verneem dat as jy wil turrets gebruik vir op en af en lings en regs dat leupold die koning is met betroubaar stelwerk (nb) ek se nie hulle glas is die helderste nie .
Groete
Jacques
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 2:07 pm
by Piet Breedt
Jacques, die een waar jy die feit van verneem het, het blykbaar nog nie met n Nightforce geskiet nie
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 2:19 pm
by JACQUES BOTHA
PIET
EK HET DIESELFDE ARGUMENT TERUG GESTOOT MAAR TOE SE HY MY GAANKYK OP DIE BAAN WAAR DIE MANNE DIE MEESTE OP EN AF STEL WATSE SCOPES HULLE GEBRUIK...
SILHOEET ...MY VOLGENDE VERWEER WAS IS DIT NIE DALK OOR DIE NIGHTFORCE N BIETJIE SWAARDER IS NIE , DAT HULLE DIE LEUPOLDS VERKIES NIE ,MAAR DIE FYN DOT RECTICLE TEL OOK SO BIETJIE PUNTE..
HOE HET JOU BURRISSE DIE OPE N AF STEL DING ERVAAAR , EK HET AL BAIE LANGS DIE BAAN GESIEN HOE JY FYNTJIES AAN JOU BURRISSE GESTEL HET IN DIE VERLEDE, HET HULLE NOG ALTYD TERUG GEKOM NA ZERO WAAR ZERO MOET WEES.
SOMMER SO TERLOOPS OOK IS BURISSE NOG ALTYD IN DIE PHILLIPINES GEMAAK OF NIE.
gROETE
JACQUES
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 4:52 pm
by Piet Breedt
Nee, Burris scopes was in die verlede in die VSA gemaak. My Burris scopes word nogsteeds op en af gestel, elke keer as ek met hul skiet. Hulle behou hul zero 100%
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Oct 09, 2012 5:51 pm
by Marc
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Tue Jan 08, 2013 10:24 pm
by .243
Ek met 'n rudolph se ts kruishaar. En hy werk lekker vir albei vir my.
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Wed Jan 09, 2013 7:45 am
by rakker
Cassie, ek gebruik die BR reticle op my Swarovski AV 3-10 x 42. Die kruishaar is lekker dun vir teiken skiet en jag lekker met die afmik strepies.
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Wed Jan 09, 2013 7:51 am
by Monrique (SJ)
Cassie
Burris se E1 MV kruishaar in 6.5-20x50 vergroting
Groetnis
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Wed Jan 09, 2013 9:12 am
by Koos Barnard
Deesdae word baie Burris modelle in die Fillipyne gemaak.
Mooi loop
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Wed Jan 09, 2013 10:41 am
by cassie_calvinia
het toe maar swarovski met brh gekoop
Re: reticle vir veld, en baan skiet
Posted: Wed Jan 09, 2013 11:25 am
by Ponkie
Cassie
Die Burris se Ballistic milldot/plex wat ek gebruik is vir party manne te dik vir baanskiet, maar ek jag meer as wat ek baanskiet, so hy werk vir my. Veral die dik stukke in die buitekant help geweldig om die kruis op te tel met nagskiet.
Ek het op 20 vergroting die plex op die gonge elkeen geskiet en gebruik dit nou baie effektief as afmikpunte.
http://images1.opticsplanet.com/365-240 ... cope-3.jpg
Groetnis
Ponkie