Page 1 of 1

338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 8:32 am
by Machann
Hi manne.

So bietjie gespeel met n 338 LM en wat mens uit die kaliber behoort te kry met S385 (en die hoop dat die S371 en S395 dalk beskikbaar sal word eendag). Ek het al die .338 koe?ls met n BC van meer as 0.5 uit QL gaan trek (en met dit my Lapua.Bul file bietjie verkeerd gesave so Lapua punte is nog nie ingesluit nie). Verder kan ek dalk nog pak kry omdat ek nie GSC ingesluit het nie maar die SP is dalk nie so geskik vir jag nie (help my as ek verkeerd is oom Gerhard, manne, kyk na a allrounder ) en die HV koe?ls se BC is onder 0.5. Die koe?ls wat ek na gekyk het is:

300 gr Berger Hybrid #33401        BC = 0.818
300 gr Sierra HPBT LR MatchK    BC = 0.755
285 gr Hornady BTHP 3339            BC = 0.72
250 gr Hornady BTHP 33361          BC = 0.67
285 gr Barnes 'TSX' BT 33850      BC = 0.585
285 gr Barnes TAC-X BT 33807      BC = 0.585
250 gr Sierra HPBT MatchK 2650      BC = 0.577
250 gr Nosler AccuBond 57287        BC = 0.575
265 gr Barnes TAC-TX BT 33856    BC = 0.575
250 gr Sierra SPBT 2600            BC = 0.555
225 gr Nosler AccuBond 54357        BC = 0.55
250 gr Barnes 'MRX' BT 33869      BC = 0.521
225 gr Barnes 'TTSX' S 33879      BC = 0.514
225 gr Barnes TAC-TX BT 33858    BC = 0.514

Net onder maks druk uit n 30" loop kry ek die volgende vir "Drop" met koe?ls ge "rank" van minste na meeste "Drop".

Bullet                               Range(m) 0 600 1000 1400 2000
Nosler 225 Accu               Drop (cm) 0 -272 -958 -2486 -7492
Hornady 250               Drop (cm) 0 -288 -965 -2342 -8155
SMK 250                               Drop (cm) 0 -292 -1002 -2511 -7528
Barnes TTSX 225               Drop (cm) 0 -280 -1014 -2697 -8151
Barnes 225 TAC-TX BT            Drop (cm) 0 -280 -1015 -2698 -8155
Nosler 250               Drop (cm) 0 -300 -1051 -2693 -7910
Sierra SPBT 250               Drop (cm) 0 -301 -1070 -2800 -8330
Hornady 285               Drop (cm) 0 -324 -1081 -2590 -6726
Berger 300               Drop (cm) 0 -333 -1087 -2522 -6789
SMK 300                               Drop (cm) 0 -337 -1118 -2661 -7340
Barnes MRX 250               Drop (cm) 0 -309 -1121 -2960 -8751
Barnes 265 TAC_TX               Drop (cm) 0 -323 -1137 -2911 -8433
Barnes 285 TAC_TX               Drop (cm) 0 -350 -1229 -3124 -8900
Barnes 285 TSX               Drop (cm) 0 -350 -1230 -3126 -8907

Net onder maks druk uit n 30" loop kry ek die volgende vir "WindDefl" met koe?ls ge "rank" van minste na meeste "WindDef" en 4.5m/s wind.

Bullet                               Range(m) 0 600 1000 1400 2000
Berger 300           WindDefl(cm) 0 -45 -143 -307 -684
SMK 300                         WindDefl(cm) 0 -49 -158 -344 -756
Hornady 250           WindDefl(cm) 0 -51 -160 -351 -784
Hornady 285           WindDefl(cm) 0 -51 -162 -352 -775
SMK 250                         WindDefl(cm) 0 -56 -180 -406 -901
Nosler 225 Accu           WindDefl(cm) 0 -60 -195 -435 -945
Nosler 250           WindDefl(cm) 0 -62 -199 -440 -945
Sierra SPBT 250           WindDefl(cm) 0 -63 -207 -460 -975
Barnes 265 TAC_TX           WindDefl(cm) 0 -66 -212 -464 -983
Barnes TTSX 225           WindDefl(cm) 0 -66 -218 -485 -1035
Barnes 225 TAC-TX BT      WindDefl(cm) 0 -66 -218 -486 -1035
Barnes 285 TAC_TX           WindDefl(cm) 0 -69 -221 -478 -999
Barnes 285 TSX           WindDefl(cm) 0 -69 -221 -478 -999
Barnes MRX 250           WindDefl(cm) 0 -69 -226 -494 -1025

Net onder maks druk uit n 30" loop kry ek die volgende vir energie met koe?ls ge "rank" van minste na meeste energie.

Bullet                               Range(m) 0 600 1000 1400 2000
Berger 300                 Energy(J) 6227 3484 2278 1485 925
SMK 300                               Energy(J) 6265 3315 2063 1303 833
Hornady 285                 Energy(J) 6246 3235 1990 1241 787
Hornady 250                 Energy(J) 6286 3158 1885 1126 685
SMK 250                               Energy(J) 6299 3005 1687 876 604
Nosler 250                 Energy(J) 6269 2776 1506 886 574
Barnes 285 TAC_TX                 Energy(J) 6162 2698 1480 925 625
Barnes 285 TSX                 Energy(J) 6163 2697 1478 924 624
Barnes 265 TAC_TX                 Energy(J) 6200 2711 1469 890 589
Nosler 225 Accu                 Energy(J) 6280 2729 1445 817 515
Sierra SPBT 250                 Energy(J) 6324 2706 1402 818 532
Barnes MRX 250                 Energy(J) 6286 2538 1294 777 513
Barnes TTSX 225                 Energy(J) 6222 2529 1277 734 473
Barnes 225 TAC-TX BT Energy(J) 6222 2528 1276 734 473

En laaste hier is die spoed met S385 uit n 30" loop.

Bullet                                   Range(m) 0 600 1000 1400 2000
Nosler 225 Accu                     V(m/s) 928 612 445 335 266
Barnes TTSX 225                     V(m/s) 924 589 419 317 255
Barnes 225 TAC-TX BT     V(m/s) 924 589 418 317 255
Sierra SPBT 250                     V(m/s) 884 578 416 318 256
SMK 250                                   V(m/s) 882 609 456 329 273
Hornady 250                     V(m/s) 881 624 482 373 291
Barnes MRX 250                     V(m/s) 881 560 400 310 252
Nosler 250                     V(m/s) 880 585 431 331 266
Barnes 265 TAC_TX                    V(m/s) 850 562 414 322 262
Hornady 285                     V(m/s) 822 592 464 367 292
Barnes 285 TSX                     V(m/s) 817 540 400 316 260
Barnes 285 TAC_TX                     V(m/s) 817 541 400 317 260
SMK 300                                   V(m/s) 803 584 461 366 293
Berger 300                     V(m/s) 800 599 484 391 308

Gegewe hierdie is die een punt wat vir my uitstaan die 250gr Hornady? Wat se julle manne, watse punt sou julle kies om mee teiken te skeit en te jag? As mens na die SP gaan kyk herken ek hulle is in n ander klas.

Groete

Ru

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 10:52 am
by Arnold
Volgens my sluit jy te veel van die match koeels in en dan sluit jy die GSC SP uit. Die SP word nie aanbeveel vir jag nie omdat die vleis skade onaanvaarbaar gaan wees, soos ek dit verstaan.

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 2:20 pm
by Machann
Hi Arnold

Al rede hoekom ek die SP uitsluit is omdat hulle basies n solid is en gaan reageer soos een (kan dit dalk ook se van die Accubond op lae spoed)? Dalk kan oom Gerhard help met dit? Soos ek se, die GSC SP koeels is n klas van hulle eie!!!

Soos ek verstaan gebruik die manne die match koeels vir jag op die lang afstande?

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 2:50 pm
by Geno
As ek reg onthou, mors die GSC SP's verskriklik baie vleis.

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 3:32 pm
by Marc
Arnold wrote: Volgens my sluit jy te veel van die match koeels in en dan sluit jy die GSC SP uit. Die SP word nie aanbeveel vir jag nie omdat die vleis skade onaanvaarbaar gaan wees, soos ek dit verstaan.
+1 Arnold

Ru

Jy kan nie sommige teiken koe?ls insluit en dan ander wil weggooi nie, dit maak jou som onvoledig. As jy met teiken koe?ls gaan probeer jag gaan daar altyd erge vleis skade wees, want hulle is nie jag koe?ls nie  ;)  Onthou dat die Buitelanders wat diere oor laaaaang afstande jag dit nie noodwendig doen om vleis huis toe te bring nie. Vlakkie het ons ook al mooi vertel hoe manne daar in Auz net die prima vleisies uithaal en die res los vir die honde  :'(

As jy die hele dier wil benut gaan jy moet inkort op die afstand en die bietjie inferior koe?l {Wat BC,ens aanbetref} moet gebruik. As jy net absoluut seker wil wees die dier dood en jy jou trofee kan kry met so happie of wat prima vleisies is teiken koe?ls, onder die regte omstandighede, ook bruikbaar.

Ek begin ook nou maar eers met die ultra lang afstand ding, maar een ding het ek gou by Ludwig geleer, hier gaan jou brood nie aan altwee kante gebotter word nie  ;)  Besluit waar l? jou prioriteit en leer ken daardie rondte.

Manne beveel glad nie die Match, OTM, SP of VLD koe?ls in algemeen aan vir jag nie, tog word honderde bokke met hulle gedood. Skootplasing is baie kritiek as jy vleis skade wil vermy, of dit nou op 100 of 1000 meter is  ;D ;D ;D ;D

Maar my 2c

As jy gaan jag gebruik die 250gr Hornady's as jy gaan teiken skiet lyk die GSC SP reeks in 267gr goed uit my LM {Hy laaik die 300gr Berger OTM's en 250gr Lapua Scenars ook  ;) }. Ek sal my verstout om te s? kry daai Berger OTM of Sierra Match om te groepeer op die baan en bring hulle sommer Vrystaat toe ook  8)

Mooiloop
Marc

PS: Hierdie is my standpunt en ek glo dat nie Jaracal of enige Moderator dit sal aanbeveel om te jag met teiken koe?ls nie  ;)

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 5:35 pm
by Machann
Jammer manne, so leer mens. Na aanleiding van die toets van Stefan gedoen het met die Bergers gereken dat die teiken koels darem teen stadig genoeg spoed is om nog by mekaar te bly vir jag?

Marc het jy nie probleme met die 267gr GSC en om hulle stabiliseer?

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Tue Oct 02, 2012 5:42 pm
by Marc
Machann wrote: Jammer manne, so leer mens. Na aanleiding van die toets van Stefan gedoen het met die Bergers gereken dat die teiken koels darem teen stadig genoeg spoed is om nog by mekaar te bly vir jag?

Marc het jy nie probleme met die 267gr GSC en om hulle stabiliseer?
Nog niks opgemerk nie, loer maar gerus self hier. Dis die groep wat ek gekry het deur nie GCS se aanbevole spoed te gebruik. Ek moet nog met die TPL speel  ;D

http://jaracal.com/index.php/topic,1151 ... #msg186163

Ek sal ook 'n Berger/Sierra gebruik vir jag onder die regte omstandighede, maar dit sal die regte omstandighede moet wees. As jy hulle op 300 meter gaan aanwend mag jy erg teleurgesteld huis toe ry  :-\

Leer ook maar nog  8)

Re: 338 LM gegewe S385 en koe?ls met bc 0.5+. Wat sou julle voor gaan?

Posted: Wed Oct 03, 2012 9:19 am
by Marc
Ludwig wrote: Machann, jou koeel keuse gaan primer van jou impak snelheid afhang. Volg hier die vervaardiger se aanbevelings tov van minimum en maksimum spoed. As jou impak snelheid onder 2000fps gaan wees, kan jy beslis enige van die 300gr SMK of 300gr Berger oorweeg. Shawn Carlock kry baie goeie resultate met hierdie 2 koeels in die 338 Edge vir langafstand jag doeleindes, en vleisskade behoort nie 'n probleem te wees nie, want die spoed is baie laag en koeel fragmentasie sal dus nie regtig 'n probleem wees nie. Vermy liefs monometaal jag koeels en selfs bonded loodkern koeels waar sulke lae impak snelhede van toepassing is. Terminale verrigting is belangrik, en gelukkig is daar menigte ander langafstand jagters wat reeds die koring van die kaf geskei het, so te s?. In ander kalibers is daar 2 koeels wat uitstaan bo die res vir impak snelhede onder 2000fps en waar afstande verder as 600m is en 'n koeel met ho? BC benodig word, en dis die Berger VLD en Hornady A-Max. Maar lees gerus op Longrangehunting.com meer hieroor. Dit word baie daar bespreek. Ek het dit al voorheen ges?, maar wil dit net weer beklemtoon. Daar is nerens op die mark 'n ideale langafstand jag koeel waar impaksnelhede onder 2000fps is, en afstande oor 600m is nie, en mens moet dit wat beskikbaar is maak werk. Sommiges vaar beter as ander, maar nie een is ideaal nie.

:-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-* :-*