Page 1 of 1
Herlaai kostes?
Posted: Sat Sep 29, 2012 8:00 pm
by Raakgeskiet
Hoe vergelyk herlaai kostes tussen die 357 en 44, wat betref die koste van doppe en punte?
Re: Herlaai kostes?
Posted: Sat Sep 29, 2012 8:16 pm
by PITSMIT
redelike verskil
44 redelik meer kruit doppe duurder en koeels is ook duurder is nie eintlik n vergelyking om te trek nie
ek skiet 357 en dis bekostigbaar vir my maar volgende ou kan 44 skiet
ek glo nie 44 is so duur om te skiet nie
SV MAD kom in heeeeeeenk!!!!!!!!
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:31 am
by Kerneels S.
Die 44 se doppe hou lank. Ek skiet Frontier se CMJ 200 gr koeels wat baie goedkoper is as die swaarder 240 gr en op koeels is. Hulle is akkuraat. Ek het R216 vir 200 betaal.
Jy kom ver op 'n blik kryt.
Groete
Kerneels
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 11:42 am
by SV MAD (Henk)
Die 44 is bietjie duurder as die 357
Net so vinnig uitgewerk is dit ongeveer R2.10 vir die 44, met die S265 (redelik duur kruit) teen 18.5gr en 255gr SWC (ek het 1000 gekoop teen R600, kan kontak details opsit van die oom wat dit maak).
Met die 357 is dit ongeveer R151, met MP 200 of soortgelyk teen 9gr. Koeels kos basies dieselfde.
Daar is dus R0.60 verskil tussen die 2, maar glo my, die 44 maak meer as op oor daardie 60c verskil.
Hier is 'n program wat jy kan gebruik om herlaai kostes te bereken (ek wil net se dat doppe nie hier ingereken is nie, aangesien ek aanneem dat mens doppe het)
Edit:
Indien iemand 'n XLS file kan post, laat weet asb. Indien nie, stuur my n pm met jou email en ek sal dit vir jou email
Groete
Henk
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 11:47 am
by Geno
Henk,
Stuur vir my dan sit ek hom op.
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 11:57 am
by SV MAD (Henk)
Geno wrote:
Henk,
Stuur vir my dan sit ek hom op.
Dankie Geno, gestuur!
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 12:35 pm
by Raakgeskiet
Baie dankie vir die moeite sever, ek waardeer dit.
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 3:13 pm
by PITSMIT
SV MAD (Henk) wrote:
Daar is dus R0.60 verskil tussen die 2, maar glo my, die 44 maak meer as op oor daardie 60c verskil
hoe bedoel mnr nou

die 357 skop net so lekker gat en my gewrigte gaan langer hou as joune
as jy met 6 x .357mag koeels nie gedoen het wat jy wou nie moet jy maar los en hardloop hahaha
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 3:25 pm
by Geno
Re: Herlaai kostes?
Posted: Tue Oct 02, 2012 4:11 pm
by Raakgeskiet
Piet jy praat nou so. Ek het nou die dag met iemand gepraat wat my vertel het dat hy gehoor het van manne wat baie met die 44 geskiet het wat gewrig probleme gekry het. Is dit waar
Re: Herlaai kostes?
Posted: Fri Oct 05, 2012 11:45 am
by mamba
Ek gooi my 44 al vir amper 10 jaar en my gewrigte is fine..
Ander manne wat met hom al gegooi het se "nee dankie pappa!"

Re: Herlaai kostes?
Posted: Fri Oct 05, 2012 12:14 pm
by Dries Skiet
44 is beter, kan van vark tot eland met gemak neer sit. Maar as jy klein is moet jy seker met klein goeters speel.
Re: Herlaai kostes?
Posted: Mon Oct 08, 2012 3:50 pm
by PITSMIT
laat port hom voor by die loop ek gaan my 357 dit mee doen maak n groot verskil
Re: Herlaai kostes?
Posted: Mon Oct 08, 2012 7:15 pm
by Raakgeskiet
Seker 'n dom vraag, maar wat doen jy as jy die loop port? Ek ken net port wat in 'n bottel is
Re: Herlaai kostes?
Posted: Wed Oct 10, 2012 11:51 am
by SV MAD (Henk)
As jy die loop port, boor jy klein gaatjies aan die bokant van die loop langs die voorste visier. Werk op dieselfde beginsel as 'n muzzle brake, vat baie van die wip en recoil weg.
Re: Herlaai kostes?
Posted: Wed Oct 10, 2012 12:14 pm
by Raakgeskiet
Dankie, nou weet ek ook.
Nog 'n dom vraag as ek mag, ek neem aan dit het geen merkbare veranderring aan jou spoed nie? Die lope is so kort nou boor jy hom vol gate waar die gas nog gouer by ontsnap? Ek neem aan ek kloof nou hare?
Re: Herlaai kostes?
Posted: Wed Oct 10, 2012 1:15 pm
by SV MAD (Henk)
Dit gebeur basies in die laaste halfduim van die loop. Teen die tyd dat die gasse by die ports uitkom is die koeel klaar by die loop uit, dus sal jy nie spoedverskille waarneem nie. Ek hoop dit maak sin.
Re: Herlaai kostes?
Posted: Wed Oct 10, 2012 1:20 pm
by Raakgeskiet
Ek het ook so gedink, maar ek weet daar is manne wat baie tegnies is en vir wie elke bietjie saakmaak.
Re: Herlaai kostes?
Posted: Wed Oct 10, 2012 3:05 pm
by SV MAD (Henk)
Nee wat, ek dink nie 'n bok op 50m gaan weet of jou loop geport of nie geport is nie, al wat hy weet is dat hy 'n tonnel so groot soos die hugonote tonnel in die kaap deur die enjinkamer het
Re: Herlaai kostes?
Posted: Sun Nov 04, 2012 8:24 am
by Vlakvark
Porting kan jou nag sig belemmer. Ek sal dit nie op my dra wapen doen nie
http://www.google.com.au/search?q=handg ... 99&bih=898
Re: Herlaai kostes?
Posted: Sun Nov 04, 2012 3:04 pm
by jacojrdn
SV MAD (Henk) wrote:
Die 44 is bietjie duurder as die 357
Net so vinnig uitgewerk is dit ongeveer R2.10 vir die 44, met die S265 (redelik duur kruit) teen 18.5gr en 255gr SWC (ek het 1000 gekoop teen R600, kan kontak details opsit van die oom wat dit maak).
Met die 357 is dit ongeveer R151, met MP 200 of soortgelyk teen 9gr. Koeels kos basies dieselfde.
Daar is dus R0.60 verskil tussen die 2, maar glo my, die 44 maak meer as op oor daardie 60c verskil.
Hier is 'n program wat jy kan gebruik om herlaai kostes te bereken (ek wil net se dat doppe nie hier ingereken is nie, aangesien ek aanneem dat mens doppe het)
Edit:
Indien iemand 'n XLS file kan post, laat weet asb. Indien nie, stuur my n pm met jou email en ek sal dit vir jou email
Groete
Henk
Henk Wat se tipe spoed kry jy met die 255Gr en die 18.5 Gr S265?
Sien jy se jy hou van die 44 Mag recoil. Het laas maand vir my n S&W XVR 460 gekoop, hy le by die kruitvat. As ek sy lisensie gekry het moet jy bietjie n skoot of twee met hom kom skiet. Jy sal dalk net n nuwe liefde ondek.
Lekker dag.
Jaco