Page 1 of 4
Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Fri Sep 28, 2012 8:47 pm
by Raakgeskiet
Ek sal julle insette waardeer.
Ons weet dat ruger, sw en colt beskou word as van die beter fabrikate.
Wat dink julle van astra en veral taurus?
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Fri Sep 28, 2012 8:53 pm
by Hein M.
Hallo pel
Taurus se nuwe rewolwers is baie goed en kan saampraat met van die bestes.
Astra is Spaans - en ek weet nie of hulle nog in produksie is nie... Sal Taurus 'n tree voor gee...
Hang af wat jy wil koop. Kyk vir Ruger. Weet dit is nie jou vraag nie, maar Ruger is nie te versmaai nie!
Hein M
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:00 pm
by Raakgeskiet
My eertse keuse is ruger, wil net weet as ek nie een kan kry of ek nie 'n fout sal maak om 'n taurus of astra te koop nie.
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:43 pm
by Trevor
Ek skiet baie leekr met my Taurus .38 Special, geen probleme nie.

Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:59 pm
by bobby
when it comes to strength the rugers win
smoothness the smiths win
colts are great but moerse expensive
astra + taurus revolvers are very nice but not quite in the same league as the above mentioned revolvers but i'll trust my life on them .
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Sat Sep 29, 2012 6:59 am
by molopohunter
Ek is nou in daai selfde boot.
Het n Ruger bestel, redhawk 44 met die 4.2" loop, maar die invoerders kan nie my se waneer hy kom nie, dis al n jaar terug.
Het self na daai taurus titanium reeks gekyk en lyk baie nice.
My elke dag dra pistool is n taurus millenium pro, en hy vat skoot vir skoot.
Het saterdag my 1ste kompetiesie met hom gedoen en kon 5 de eindig, en ek is is vrot met handwapens, maar se my darem iets van die maak.
Sal ook nog insette wil hoor.
Groete,
Peet
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Sat Sep 29, 2012 7:44 pm
by Raakgeskiet
Vir intersantheid, hoekom het jy een met 'n 4"2 duim loop bestel en nie 'n langer loop nie?
Dankie vir die komentaar so ver.
Laat ons hoor wat se die ander manne.
Ek weet dis moeilik om te antwoord, maar ek wonder sommer hoeveel meer recoil het die 44 as die 357?
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Sun Sep 30, 2012 12:21 am
by SV MAD (Henk)
baie meef recoil
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 7:46 am
by molopohunter
Raakgeskiet wrote:
Vir intersantheid, hoekom het jy een met 'n 4"2 duim loop bestel en nie 'n langer loop nie?
Dankie vir die komentaar so ver.
Laat ons hoor wat se die ander manne.
Ek weet dis moeilik om te antwoord, maar ek wonder sommer hoeveel meer recoil het die 44 as die 357?
Ek gaan nie uitsluitlik met hom jag nie. Ek het al geleer met kliente...daai "kom ons skiet gou die bok" gevalle, dan moet ek terug loop bakkie toe vir my geweer.
Die recoil verskil BAIE. Ek het nog net met 2 geskiet, en die 1 was met 320gr punte gelaai. Na 12 skote het my hande gejuk soos waneer jy iets hard klap.
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 8:40 am
by Raakgeskiet
Dankie
So die 357 is die beter pad om te vat as jy wil baie skiet.
Nou vir die volgende vraag. Almal se dat die 6" loop soveel beter is as die 4" loop. Is dit regtig so of maak dit nie so 'n groot verskil nie?
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 8:56 am
by SV MAD (Henk)
Hier is ek nou. Skies ek kan nie vrooer deelneem nie, dis baie moeilik om te tik op my stupid nokia hier op die forum.
Ek het beide die 38spl en die 44 Mag.
Oor jou eerste vraag oor die Astra: Die rollie is bitter sterk. Net so klein bietjie minder sterk as die ruger redhawk (ek reken selfde sterkte as die S&W). Weereens, as jy by max loads begin skiet is dit waar dit saak maak, maar dan is die skiet ook nie so lekker nie want recoil ens is dan ongelooflik baie. As jy by normale ladings bly binne jou druk perke sal hy jou jare en jare se plesier gee.
Nou die vraag oor die recoil:
Ja, die 44 het recoil, maar dit is baie beheerbaar. Ek het onlangs met my Astra met sy 6duim loop geskiet met 18.5gr S265 agter 255gr SWC en uit die staanspoor (eerste keer wat ek met hom geskiet het) beter geskiet en beter akkuraatheid gekry oor 20m as met my 2duim taurus 38spl. So, hoe langer die loop, hoe beter. Alhoewel ek dink dink daar gaan 'n wesenlike verskil wees tussen 4.5duim en 6 duim nie, maar ek sal nie minder as 4.5duim gaan nie.
Met die lading wat ek bo genoem het, het ek lag-lag 50 skote met die 44 Mag geskiet en geen seer hande gehad of niks nie. Die volgende dag was hulle bietjie styf (dis nogsteeds 'n meneer rollie), maar nie terwyl ek geskiet het nie.
oor die baie skiet kan jy altyd die 44 Magnum "aflaai" as jy net lekker wil skiet en oefen. As jy wil jag, kan jy lading begin oplaai. Onthou net dat die 44gr 'n baie swaarder koeel skiet teen ongeveer 1150-1400fps, wat 'n tonnel deur enige bok sal skiet. Met die 357 sal hy ook 'n bok doodmaak, maar die 44 is maar net so ekstra bietjie versekering...
Laat weet as jy nog vrae het...
Soos ek se, ek het beide 38 en 44, en ek love my 44! Sal enige dag met hom skiet voor ek die 38 vat.
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 9:10 am
by Herman Venter
My hart begeer 'n taurus .38 spl snubbie! Hy is vir my maar net die mooiste van al die ander fabrikate wat hom maak!
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 9:24 am
by SV MAD (Henk)
Herman Venter wrote:
My hart begeer 'n taurus .38 spl snubbie! Hy is vir my maar net die mooiste van al die ander fabrikate wat hom maak!
Is ja! N lekker parmantige rollie. Dra hom by my hier by die werk...
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 1:56 pm
by Raakgeskiet
Dankie Henk
Ek was op die 357, maar nou maak jy my lus vir die 44. Ek het vinnig 3 plekke gebel. Dit lyk my die 2de handse 44 is baie skaars, lyk of ek makliker 'n 357 sal kan kry. Dis darem hartseer as jy dink hoeveel van die goed al deur die ($%#@) staat vernietig is.
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Mon Oct 01, 2012 2:25 pm
by Louis Kriel
My heel eerste skiet ding was 'n Tausus mod 669 in 357 Magnum. Ek het duisende skote deur hom gejaag en het hom toe na +-9000 skote ingeruil op 'n Ruger GP100 ook in 357 Mag. Die Ruger is swaarder en seker sterker, maar die Taurus hoef op geen dag een tree agter uit te staan vir die Ruger wat akkurraatheid en gehalte betref nie.
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:07 am
by Raakgeskiet
Hier is 'n 357 security six ruger wat ek kan kry.
Foto's is nie te goed nie, maar dis al wat ek het om te besluit of ek hom gaan vat of nie.
Wat dink julle?
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:09 am
by Raakgeskiet
Nog foto's
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:10 am
by Raakgeskiet
nog foto's
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:13 am
by Raakgeskiet
nog
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:21 am
by Kerneels S.
Ek stem saam met Henk. Ek het ook 'n .44 mag maar die Ruger Super Black hawk met 10.5" loop.
Hy skiet 'n moer hou en is baie akkuraat. Die Black hawk is natuurlik 'n single action maar wat ek hou van hom is sy rol is fixed en om te laai het jy 'n klappie wat uitswaai waardeur jy dan die rol laai. Ek skiet 200 gr koeels en die recoil is regtig lekker. Hy skiet 'n Koedoe dat hy bars op 100 meter. Veral lekker in digte bos op kort afstand 50m. Hy drop 'n vark en Impala dat jy dit nie kan glo nie. Dit is nie nodig om swaar koeels te skiet nie.
Vir teiken skiet en val plate is hy 'n wenner. Ek het 'n scope op myne en is regtig lekker vir jag.
Kyk bietjie na die black hawk ook. Ek het 'n 357 ook maar verkies die .44 mag. As jy hom een keer geskiet het wil jy nie weer die 357 vat nie.
Groete
Kerneels
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 9:25 am
by Kerneels S.
Raakgeskiet
Kyk na die post "Rollie byeenkoms" die black hawk wat Piet-skiet gekoop het. Hy het fotos geplaas. Dit is wat ek het maar met langer loop.
Ek glo jy moet eerder na so iets kyk.
Groete
Kerneels
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 10:12 am
by Raakgeskiet
Die 44's is baie mooi, maar skaars soos hoender tande. Maar wat dink jy van die 357wat op die foto's is?
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 11:31 am
by SV MAD (Henk)
Raakgeskiet, ek dink die 375 is nice. Maar voor jy koop, kyk net of bel 'n paar plekke. ek het ook dit gedoen en binne 3 dae se soek het ek 'n 44 opgetel.
Glo my, wag n klein bietjie langer en kry daai 44, baie lekkerrrrrrr
Hier is mense wat ek weet 'n paar 44's het in witbank, almal is in baie goeie toestand en as ek nie myne gekry het nie, sou ek 1 van die gevat het
Central gas and service, in Witbank
Physical Address : 42 SMUTS AVENUE, EMALAHLENI (WITBANK), MPUMALANGA, ZA
Tel No : (013) 656-3750
Hoop jy kom reg
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 12:39 pm
by Raakgeskiet
Dankie het vir central gas gebel, hy het niks meer nie.
Re: Watter fabrikaat rewolwer
Posted: Tue Oct 02, 2012 1:00 pm
by Raakgeskiet
Wat van 'n 357 vir sportskiet en 'n 44 vir jag?