Page 1 of 1

Takbok jag

Posted: Thu Sep 27, 2012 3:54 pm
by ZKK
Goeie middag Menere.

Ek ek graag een van hierdie knape wil jag, watse jagplase kan julle aanbeveel en wat kos hulle?
Loop hulle in die dag?

Groete

Re: Takbok jag

Posted: Thu Sep 27, 2012 9:18 pm
by tripodmvr
Gee idee van waar jy in SA wegkruip dan kan mens die nadere plekke opnoem.

Re: Takbok jag

Posted: Thu Sep 27, 2012 10:05 pm
by Herman Venter
Ook nog een op my lysie, so sal hierdie dop hou!

Re: Takbok jag

Posted: Sat Sep 29, 2012 2:15 pm
by ZKK
Ek is maar hier in Petoorsdorp, maar as n plaas nou regtig die moeite werd is en die ander wild ook vollop en bekostigbaar is, sal ek nie omgee om bietjie te ry nie.

Re: Takbok jag

Posted: Sat Sep 29, 2012 6:18 pm
by tripodmvr
Ek weet daar is heelwat takbokke in die Memel omgewing - selfs hier by ons in die Vaaldriehoek. Hulle is al redelik wyd verspreid. Jagplase in Memel - Vrede behoort jou te kan help. 'n Vriend van my het 3 weke gelede daar geskiet.

Re: Takbok jag

Posted: Sat Sep 29, 2012 7:47 pm
by LN (Louis)
ZKK,

In die Dullstroom omgewing is daar 'n paar plase wat takbokke het. Dit hang af wat jy soek, 'n ram of 'n ooi. Ek persoonlik gaan die middel van Oktober 'n ooi vir my vrieskas skiet teen ongeveer R900 per ooi. As jy 'n trofee wil skiet sal jy egter so bietjie moet wag tot Maart volgende jaar wanneer hulle op hulle beste sal wees.

Daar is ook 'n hele paar plase in die Heidelberg-omgewing waar hulle volop is.

Iets wat ek tot my skade agtergekom het is dat hulle nie lekker dro?wors of biltong maak nie. Hulle is lekkerder as jy hulle hanteer asof hulle skaap is. Deksels groot skaaptjoppies.

Groete

Re: Takbok jag

Posted: Sun Sep 30, 2012 1:10 pm
by ZKK
Dankie vir alk die Replies.
Het enige van hierdie plase miskien n website waar mens bietjie verder kan gaan lees

Re: Takbok jag

Posted: Sun Sep 30, 2012 6:41 pm
by Boogjagter
ZKK

Jy kan Abrie Arlow van Pronkjag kontak: 082 vier een sewe 6134 / www.pronkjag.com

Jy kan ook kyk watter plekke in die magnum se jaggeleenthede takbokke adverteer - daar is nogal 'n paar.

Hoop jy kom reg.

Re: Takbok jag

Posted: Sun Sep 30, 2012 10:06 pm
by tripodmvr
Ons fokus so op Jaracal - goegel daai ding - dit is ongelooflik wat se inligting is al op die net.

Re: Takbok jag

Posted: Mon Aug 18, 2014 5:55 am
by sako 30-06
LN wrote:ZKK,

In die Dullstroom omgewing is daar 'n paar plase wat takbokke het. Dit hang af wat jy soek, 'n ram of 'n ooi. Ek persoonlik gaan die middel van Oktober 'n ooi vir my vrieskas skiet teen ongeveer R900 per ooi. As jy 'n trofee wil skiet sal jy egter so bietjie moet wag tot Maart volgende jaar wanneer hulle op hulle beste sal wees.

Daar is ook 'n hele paar plase in die Heidelberg-omgewing waar hulle volop is.

Iets wat ek tot my skade agtergekom het is dat hulle nie lekker dro?wors of biltong maak nie. Hulle is lekkerder as jy hulle hanteer asof hulle skaap is. Deksels groot skaaptjoppies.

Groete
.

Re: Takbok jag

Posted: Mon Aug 18, 2014 8:12 am
by JohanvB
Wanneer is die beste tyd van die dag/nag om Takbok te jag?

Re: Takbok jag

Posted: Wed Aug 20, 2014 10:55 am
by Evert
Ek het volgende jaar weer n paar ramme beskikbaar net in Maart en April maand. beste tyd van die jaar om hulle te jag want hulle punte op hulle horings is nog mooi en hulle is spekvet.

Jag hulle in die Mpumalanga en Vrystaat Provinsie op n paar verskilende plase. Pryse wissel van R3500 na R6000 hang af wat jy wil he.