Page 1 of 1
2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 7:17 am
by johans
more manne,sal ek 2handwapens op my naam kan kry sonder dat ek aan n vereniging behoort?
Re: 2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 7:41 am
by ZKK
Ek praat onder korreksie, maar as een van hulle n rewolwer is met n 4duim loop kan jy hom as n jagwapen deursit.
Re: 2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 8:03 am
by G-force
Jy kan een op self verdeging sit en een op tydelike sport skiet.Probleem is dat jy moet bewys lewer dat jy wel sport skiet doen,dan is lidmaatskap aan n vereniging handig.
Re: 2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 9:05 am
by johans
[quote="G-force"]
Jy kan een op self verdeging sit en een op tydelike sport skiet.Probleem is dat jy moet bewys lewer dat jy wel sport skiet doen,dan is lidmaatskap aan n vereniging handig.
ek beplan om n .22magnum te kry vir alledaags,en later n 9mm vir ry.as ek aan n vereniging behoort tel dit outomaties as die sportskiet of is dit weer iets op sy eie wat jy fisies moet sportkiet doen van tyd tot tyd?
Re: 2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 10:27 am
by Wouter Roets
Hallo Johan
Jy kan een handwapen registreer onder selfverdediging en drie ander onder sportskiet of vir jag onder jou gewone lesensie. Meer indien jy sportskiet status en toegewyde jagstatus het wat net deur organisasies toegeken kan word wat geakrediteer is. Deur dit onder sportskiet te doen sal jy verseker aan n organisasie moet behoort wat geakrediteer is daarvoor. Vir algemene jag is dit nie nodig nie, maar die wapen sowel as kaliber sal goed gemotiveer moet word vir daai aplikasie van jag. Jy gaan bars om dit reg te kry indien jy nie aan n organisasie behoort nie selfs vir die jag gedeelte.
Groetnis
Wouter
Re: 2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 12:40 pm
by johans
dankie wouter,ek sal seker toegewyde jagters gaan doen as ek later nog iets wil aanskaf,of sal gewone lid van jagtersvereniging ook werk?
Re: 2 handwapens
Posted: Thu Sep 27, 2012 1:53 pm
by Wouter Roets
Johan
Gewone lid sal werk mits jy by die 4 geweer beperking bly. Toegewyde status laat jou aansoek meer water dra verseker. Die kaliberkeuses in jou geval gaan wel moeilik vir jag gemotiveer word.
Groetnis
Wouter
Re: 2 handwapens
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:02 pm
by bobby
no one has to know how long the barrel is and they don't know any better anyway .
Re: 2 handwapens
Posted: Sat Sep 29, 2012 8:04 am
by johans
dankie manne,dink ek moet dalk later n 357 met so 4/6 duim loop kry wat ek in die huis kan hou,so mooi blinke

Re: 2 handwapens
Posted: Sat Sep 29, 2012 2:15 pm
by ZKK
Miskien was ek gelukkig. Ek het my .357 met 4duim loop vir n jagwapen gemotiveer.
Ek was op daai stadium nie by SA jagters nie en het dus ook nie toegewyde status gehad nie.
Maar ek het ook nie ander handwapens op my naam gehad nie.
Ek het wel n dem goeie motivering gehad amper so dik soos n HAT woordeboek.
