Namibia Jag/cull
Posted: Tue Sep 25, 2012 2:59 pm
Manne
Ek is sopas terug van 'n jag/cull ekspidiesie in Namibia
'n Goeie vriend, dr.Martin Dickman, nooi my nou al vir 'n paar jaar lank vir 'n jag, en vanjaar besluit ek toe om hom op te neem op sy offer.
Die plaas le ongeveer 300km noord van Windhoek, en redelik min tyd en aandag is aan die plaas spandeer vir 'n geruime tyd. Martin het die plaas geerf,van sy pa.
Hulle, Martin en sy wildbestuurder, Stephan, het besluit om hulle in die toekoms toe te spits op trofee jag, en het om die rede besluit, na deeglike wildtellings, om 'n klomp diere te oes.
Die plaas beslaan 10000ha en soos baie plase in Namibia ,is die plaas nie wildwerend omhein nie.
Stephan wou he ons moet ou diere, diere met misvormde horings, en "volwasse manlike diere wat nie potensiaal toon om trofee gehalte te word nie", oes
Aanvanklik was ek bietjie skugter vir die "tall order" aangesien die bos baie ruig is, en die diere mens nie baie tyd gee om hulle te beoordeel nie.
Na twee dae se rondry,en net 'n handvol bokke, het ons besef dit gaan maar moelik gaan, en het ek besluit om by 'n droe dam, waar 'n paar sout blokke le te gaan sit.
Gewapen met my 270wsm,met 'n silencer en 'n goeie verkyker , kon ek nou baie beter oordeel en die regte diere oes.Wat my baie verbaas het,was hoe gereeld ek twee of meer diere uit een trop kon skiet. Die terminator loop so stil, dat die diere rustig bly en omtrent net vir die bok skrik wat se kakebeen teen die grond klap. Ek kon selfs 'n ou koedoe koei skiet nadat ek pas 'n hartbees bul langs haar plat geskiet het.
Alhoewel 'n paar selfaangstelde "Emsie Schoemans van die jag bedryf" seker nou baie te se sal he oor die feit dat ek by 'n sout lek gaan sit het en diere geskiet het, is ek geneig om te dink dat die manier van uitskiet, baie meer sin maak as ander oes sessies waar ek al betrokke was en enige dier geskiet word, totdat die verlangde getal bokke afgehaal is.
Verder was dit lekker om heeldag vir die diere te sit en kyk, hulle optrede en maniertjies dop te hou, en dan slegs enkeles uit te soek.Al die skote was in die omgewing van 200m, slegs kopskote is geskiet, en die finale getal was 13 gemsbokke, 9 hartbeeste een koedoe koei, 'n vlakvark en 'n JAKKALS.
Volgende jaar sal ek maar weer moet gaan help!!
Hier is 'n paar foto's
[im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030038.jpg[/img]g]
[/i[img width=270 height=480]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030040.jpg[/img]mg]
[im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030044.jpg[/img]g]
[/im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030056.jpg[/img]g]
[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030059.jpg[/img]mg]
[/im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030060.jpg[/img]g]