Page 1 of 2
6BR en 300WM
Posted: Thu May 27, 2010 8:05 pm
by Francois Marais
Hi
Twee projekte wat ek oppi oomblik mee besig is.....
6mmBR op n Howa aksie, 1-10 twist. Wou lankal n BR met magasyn he, gan ook hom met die 62gr Varmint Grenades skiet, hoop hulle gaan mooi groep.
Hierdie is n 300WM vir die laaitie, Whalter Match loop, Remington 700 aksie, het 150gr Barnes TSX punte gekoop, en as ek dalk 145 GS Custom punte kry.
Altwee gunne het ons geskiet net om te sien of daar nie feeding problems, extraction problems en sulke goete is nie, Beide moet nog finale metaalwerk gedoen word, gebed word, silencers op kry, en dan n finale toevoeging wat ek as n surprise wil hou en sien of dit gaan uitwerk. Sal so oor n week of wat terugvoer gee.
Mooi loop
Francois
NS Hoop hulle gaan so goed skiet soos ek hoop hulle gaan lyk.
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu May 27, 2010 8:20 pm
by Hunter xxx
Francois
Ja nou se ek niks meer nie ek is jarloers
Ek dink ek sal gaan vir die 6Br hy gaan mooi skiet.
Jy moet maar wys wat hy doen.
Ian
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 8:27 am
by Danie Lombard .243
Ou FM.
Jy sal nooit 'n fout maak met 'n .300 Win Mag nie. Hy het nie/niks/geen/boggerol probleme met herlaai en akkuratheid nie. Ek het al gehoor dat die "JALOERSE OUENS" dit is nou die mane wat nie een het nie en ook BAAAAANG IS vir die recoil

ek grap sommer, se dat.......
Die kal gou lope uitskiet met sy kort nek en groot kruit kollom, en die kort nek hou die punt nie styf genoeg vas nie en dat die recoil die punte dieper seat in die magasyn kas weens die vreeslike recoil, en dat die kort nek nie juis betekenis vol is t.o.v. akkuraatheid nie.
Dit is materiaal winkel stories daai. vol stof en ruik na ou lap. Sy loop hou en hou en hou. Jy kan maar met hom speel, gooi klippe.
En ek kan jou belowe dat hy 'n gong sommer ander laat dong met daai lekker plat skiet 155gr punte. 3280ft/sek. op my kettie 69gr S365 met Federal 215, PMP doppe, PMP match punte.

Ek is nie lief om ladings te gee op die site nie, liewe leser, moenie dit op jou geweer probeer nie, begin onder en werk stadig na bo. Omie hier by ons het 'n .300 Wby. Skiet dieselfde trajek, skop net veel meer.
Ek het al met hom alle ladings en alle punt gewigte probeer. Hy vreet almal. Dit is maar die laaste tyd dat ek met 220gr punte begin skiet het. Man, lekker.
Kry vir jou een, hy's nams.
Danie
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 8:46 am
by tafjak
Danie
Ag-nee man! wat's fout met 308 dan?

Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 9:59 am
by Francois Marais
Danie
Thanks, is mos nu eintlik die laaitie s'n, ma pa sal dam seker ook n hou of twee mag gooi. Ek het nog so 600 van daai 155gr punte, was mos goedkoop, het op n stadium met hulle ge-oes. Hulle sal nu mooi handig te pas kom.
Taffie
Die ding met n 308 is mos daai gradeboog wat jy moet onthou om in te pak.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 11:21 am
by tafjak
Francois
Die ding met n 308 is mos daai gradeboog wat jy moet onthou om in te pak.
O ja, amper vergeet, ek skiet myne van 2poot en base plate. Was mos 'n bomtaris in die army.
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 2:46 pm
by DSBW
Francois
Baie mooi roere ou maat, well done, ek wens jou .1" groepperings toe met albei.
En dan.........................................
308 is koning.
Dawie
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 2:53 pm
by WOLF
308 is koning
As jy kan,dan kan jy.Met of sonder gradeboog.
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 4:17 pm
by Raven
Ja nee wat, ek hoor met 308 kan jy Koedoe agter die berg raakskiet, mik net reguit om deur die berg te skiet
Raves
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 5:06 pm
by Freddie101
Francois
Voorspoed. Laat weet tog hoe maak daardie 6mm br met die varmint grenades.
Lekker speel
freddie
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 5:34 pm
by Francois Marais
Freddie
Voorspoed. Laat weet tog hoe maak daardie 6mm br met die varmint grenades.
Thanks sal doen, ek gaan gou more oppi baan probeer uitkom, sal laat weet, altwee is vandag gepak, maar die 300 het nog so n bietjie metaalwerk. Ek kan self nie my lus hou vi daai BR nie. Ek is ook net so nuuskierig oor die Varmint Grenades, my ou BR het n 1-14 twist loop, wat te stadig is vir die punte wat 1-10 aanbeveel. Nuwe loop is nu n 1-10, hoop hy maak mooi.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 5:44 pm
by Raven
Francois,
As jy klaar gespeel het more met hom, en hy gooi mooi, stuur my jou bank besonderhede
Dankie by Voorbaat
Raven
Re: 6BR en 300WM
Posted: Fri May 28, 2010 6:02 pm
by Francois Marais
Dawie
Dankie vi daai .1 ma ek sal selfs met n .3-.4 ook vrede wees.
308 is koning.
Ja ek weet, almal se so................tot WOLF ook.
Raven
Sonder scope, as hy MOOI skiet is hy joune vi 15000.00, baie minder as daai Tikka van jou. Met n paar extras, doppe en so............
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Sat May 29, 2010 4:48 pm
by Hein M.
Francois,
As ek jou reg lees is jy bereid om soms "projekte" vir ander ouens aan te pak? Daardie prys is baie billik. Jy kan nie dalk die onderdele-fabrikate van daardie pragstukke lys nie?
Hein M.
Re: 6BR en 300WM
Posted: Sat May 29, 2010 11:49 pm
by 243Songdaug
Naand Francois.
Twee netjiese roere. voorwaar. Net een vraag: Waar is die foto's geneem?
Het vir vroulief probeer oortuig dat ons, na aanleiding van hierdie foto's die gang so bietjie moet verleng - dan kan ek mos sommer by die huis groeperings oefen, maar ek is seker jy ken die antwoord op daai een!!!
Groete.
Jaco
Re: 6BR en 300WM
Posted: Sun May 30, 2010 12:06 am
by Francois Marais
Jaco
Daai is in my eie persoonlike binneshuise skietbaan van 200m.............ja, ja.........
Nee maat, dit help om pelle te he wat gunshops besit.... Skietbaan (binnehuis) ma net 30m, ma werk heel goed om gu n paar skote te skiet om feeding, extraction en al die goete te check. Spaar n 10-15km trip na die rerige baan.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Sun May 30, 2010 12:13 am
by Francois Marais
Hein
Ek werk ma met wat beskikbaar is, en ook wat die einddoel van die projek moet wees. Ek het redelik toegang tot aksies, nie altyd onmiddelik nie, maar gewoonlik kry ek wat ek soek. Ek het ook pelle wat in die wapen industrie is, so lope is ook nie te moeilik om te kry nie, net baie duur, en ook nie onmiddelik beskikbaar altyd nie.
Dan is ek altyd aan die deal as daar n goeie deal te maak is, so as die aanbod reg is kan hy gaan, ek kan altyd ma weer een maak/bou.
Laat weet waarna jy op soek is, en ons maak n plan, as moontlik.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Sun May 30, 2010 9:06 pm
by Janjak
Francois,
het jy toe al bietjie geskiet?
As hulle skiet soos hulle lyk..............
Jy kan dan die 260 bietjie wegpak en met die 300 gooi

Re: 6BR en 300WM
Posted: Sun May 30, 2010 9:20 pm
by Francois Marais
Jannie
Man toe nie daby uitgekom nie, RUGBY, BIER, en so..........
Sal seker Dinsdag gaan skiet, sal laat weet sodra ek iets het om te wys.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu Jul 01, 2010 2:05 am
by Francois Marais
Manne
So n bietjie van n update.....
Die 300 lyk nu so..........
Die 6 BR lyk nu so................
en hy skiet soo............
Die 300 het die groot scope (6-24*50) op omdat daar vi hom nog moet ladings uitgewerk word. Ek dink met so n bietjie krap kan daai BR nog so n klein bietjie krimp. Sy silencer moet nog geblue word en die scope kan so n duim terugskuif, dan dink ek is hy slaggereed.
Sal julle op hoogte hou hoe die 300 se ladings vorder.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu Jul 01, 2010 1:58 pm
by Freddie101
Francois
As n geweer so groepeer dan gaan jou hand elke keer na daai geweer as jy die kluis oopmaak. Lekker.
Freddie
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu Jul 01, 2010 3:22 pm
by Francois Marais
Freddie
Die 6mm BR is n BAIE akurate kaliber, ja self meer as die..........., toe maar, los maar. Was n bietjie winderig, en het nog gladnie met die seating depth gespeel nie, het ook ongelukkig nie die chrony saam gehad nie, sou graag wil weet watse spoed hy skiet, is 70gr Sierra MK voor 32.0gr S 355. in n 1-10twist loop, nie die HEEL regte kombinasie vir spoed nie, maar gaan die geweer oor die volgende twee maande gebruik om so 1000 Springbokke te skiet, inni nag, so die spoed is nie nou noodsaaklik nie.
Mooi loop
Francois
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu Jul 01, 2010 3:35 pm
by Janjak
Francois,
hulle lyk mooooi. En die 6mm skiet ook mooooi.
Ek het my 300 n Terminator K/D opgesit en gister gaan skiet.
2 duim laer POI as gewoonlik en groep nog net so lekker.
Hou ons maar op hoogte
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu Jul 01, 2010 3:46 pm
by Geno
So moet 'n roer mos skiet!
Mooi man Francois!
Groete,
Eugene
Re: 6BR en 300WM
Posted: Thu Jul 01, 2010 4:16 pm
by KSV
FM,
Hoe lyk die loop lewe vir die BR en die bskikbaarheid van komponente (doppe)? Hy luk nogal na 'n roer wat man kan oorweeg as die ander goed bekombaar is.
Kalahari Groete
Hein