Page 1 of 1
Watter Rangefinder
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:58 pm
by BLOK
Ek kan nie besluit watter een tussen die drie nie Nikon Laser 1000 is heelwat goedkoper as die ander twee maar gaan hy werklik afskeep. Is dit werklik nodag om die ander duurderes te koop of nie. Sal die RF gebruik vir jag en nagskiet, so die rooi lesings ens. is n plus as hulle helderder is. En wil darem n bok kan raak range op so 500 meter.
Re: Watter Rangefinder
Posted: Thu Sep 20, 2012 3:03 pm
by Vlakvark
Blok ek sien Leupold het nou die RX1000 I uit
http://www.youtube.com/watch?v=tFRpw74MXj0
Re: Watter Rangefinder
Posted: Thu Sep 20, 2012 3:32 pm
by Eugene
Ken nie die ander nie, maar ek het my Leupold al deur sy passies gesit en geen probleme nog ooit gehad nie!
Kan dit met vertroue aanbeveel!!!

Re: Watter Rangefinder
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:07 pm
by ELTIE
Blok
Twee weke terug nikon 1200s gekoop. Glo my jy sal nie spyt wees nie! Van my vriende wat Leupolds het gaan hulle verkoop. Rx 1000 ingesluit. Gaan vergelyk hulle by S&O. Range blesbokke deur bakkie se voor ruit tot ander kant 600m.
Groete
Elton
Re: Watter Rangefinder
Posted: Fri Sep 21, 2012 12:06 am
by Vlakvark
Deur die voor ruit

Re: Watter Rangefinder
Posted: Fri Sep 21, 2012 9:34 am
by ELTIE
As ek oes gebeur dit van agter die stuurwiel van die bakkie af. Bokke gaan staan nou nie altyd soos jy dit wil he nie, so soms range jy sommer deur die voor ruit. Met van die ander het ek gesukkel om dit te doen.
Groete
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 4:45 am
by James Wickens
Wat is jul gevoel oor die Leica
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 6:42 am
by tripodmvr
Leica en Nikon is jare lank besig met die maak van opmeetinstrumente waar ligmeet metodes gebruik word. Hulle her R en D reeds gedoen en daarom sal ek eerder na hul apparate kyk.
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 8:57 am
by LUAN
Wat maak party rangefinders soveel duurder as ander? Ek meen n cheap Nikko stirling model range ook akkuraat tot se 500m. Wat se funksies is noodsaaklik op n rangefinder wat jy nodig het?
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 9:03 am
by Eugene
*303* wrote:
Wat maak party rangefinders soveel duurder as ander? Ek meen n cheap Nikko stirling model range ook akkuraat tot se 500m. Wat se funksies is noodsaaklik op n rangefinder wat jy nodig het?
303, ek gebruik my rangefinder oorwegend vir jag. Die prysverskil tussen die goedkoopste en duurste (gewone) modelle is nie meer as R 2000-00 nie en jy gaan dit waarskynlik net elke 5 jaar spandeer.
Nou, 'n gekweste eland of koedoebul kos R 12 000-00, al het jou range finder ges? dis 320 m terwyl dit eintlik 480m was....
Net daaroor, koop ek iets wat ek kan vertrou!
Net my 2c!
Groete
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 9:12 am
by LUAN
Is daar nie ander funksies op die duurder modelle of is dit net die feit dat hulle konstant akuraat range? My cheapie het tog die gong selfde afstand gerange as die ander ouens se duurder modelle. Ek het iets gehoor van hoeke meet is daar rangefinders wat die hoek ook uitwerk vir jou en dan die ware afstand gee of hoe?
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 9:16 am
by Eugene
*303* wrote:
Is daar nie ander funksies op die duurder modelle of is dit net die feit dat hulle konstant akuraat range? My cheapie het tog die gong selfde afstand gerange as die ander ouens se duurder modelle. Ek het iets gehoor van hoeke meet is daar rangefinders wat die hoek ook uitwerk vir jou en dan die ware afstand gee of hoe?
Ek het eers 'n cheapie gekoop en hy het 9 uit 10 keer presies gerange, maar wanneer range hy die 10de keer verkeerd? Het het eers 'n rangefinder gebruik net vir boogjag, waar kennis van die afstand kardinaal is! Ek het ook agtergekom dat wanneer my cheapie geval of gestamp het, hy eers "ge-reboot" moes word. Ek het toe 'n Leopold gekoop en hy is 10/10 kere akkuraat tot op 600m.
Ek weet nie of hy meer funksies het nie, want ek gebruik nie werklik baie funksies nie, maar hy is beslis meer akkuraat as selfs 'n pel van my se Bushnell, wat maar omtrent R600 goedkoper was!
Nog nie Leica probeer nie, maar gehoor hulle is fantasties!
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 10:17 am
by FCLoretz
Wat van Leica Rangefinders?
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 11:32 am
by prohunt
Dankie Frederick, want ek gaan binnekort 'n Leica beskikbaar h?.......moet nog net besluit watter een. Ek gaan verseker die CRF 1600 vir myself hou en dan gaan my dogter een van die LRF 1200 of die CRF 1200 oorneem. Daar gaan dus of 'n LRF 1200 of 'n CRF 1200 beskikbaar wees, afhangende van haar keuse. Die CRF 1200 is splinternuut en die LRF 1200 is die een wat ek tans gebruik.
Groetnis
Johan
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 11:43 am
by Koos Barnard
Dags?
Leica se 1600 is uitstekend. Dis die beste kompakte rangefinder waarmee ek nog gewerk het. Die verskil tussen die duur en goedkoper soorte is dat die dures, soos Leica, onder sekere ligomstandighede en teen sekere hoeke en op sekere "onvriendelike" oppervlaktes meet waar die ander nie wil nie. Die klein kompakte Leica is ook beter as die 1000 model wat in die Leica verkyker gebou is (wat ek ook besit). Die verkyker wil nie op sekere oppervlaktes meet nie maar die klein Leica doen dit wel. Het onlangs in Suidwes die Leica rangefinder/verkyker gebruik en na dag twee slegs die klein kompakte Leica. Blok as ek jy is spaar ek en koop die Leica.
Mooi loop
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 11:49 am
by FCLoretz
Prohunt wrote:
Dankie Frederick, want ek gaan binnekort 'n Leica beskikbaar h?.......moet nog net besluit watter een. Ek gaan verseker die CRF 1600 vir myself hou en dan gaan my dogter een van die LRF 1200 of die CRF 1200 oorneem. Daar gaan dus of 'n LRF 1200 of 'n CRF 1200 beskikbaar wees, afhangende van haar keuse. Die CRF 1200 is splinternuut en die LRF 1200 is die een wat ek tans gebruik.
Groetnis
Johan
Plesier Johan,
Ek probeer maar help waar ek kan
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 2:52 pm
by Skier
+1 Koos, die kompaktheid en akkuraatheid van selfs die Leica 1000 oortref beslis sy ooglopende klein verpakking - ons weet wat hul se van dinamiet.
Het self nog nie probleem gehad om met die Leica 1000 tot 500+ klein teikens te range nie - heel goed genoeg tot waar ek wil skiet! Die lenskwaliteit/akkuraatheid van die Leica (reken ander Europese fabrikate ook), veral in die laatmiddag en skemer is ook uit die boonste rakke.
Re: Watter Rangefinder
Posted: Mon Oct 08, 2012 3:05 pm
by Eugene
Ek kyk nou toevallig op die internet na die Leica en kom tot my skok en verbasing agter dat ek een van die cheapies het...
Sorry manne, nie besef die Leica is soveel duurder as die Leupold nie!
Ek sal maar moet spaar en een koop....
Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Oct 09, 2012 10:09 am
by Piet Breedt
Ek het al met meeste van die rangefinders gewerk as ek bokke oes, en getoets, en van al die klein handheld rangefinders is die beste in hierdie volgorde gewees volgens my waarnemings:
1. Leica 1600
2. Swarovski
3. Leica 1200
4. Nikon 1200
5. Nikon 1000
6. Leica 1000
7. Nikon 800
8. En dan vergelyk n klomp in omtrent dieselfde klas (Bushnell 1200, Leupold 1000, ens)
Die Leupold veral wil glad nie range op dowwe swart oppervlakte soos n growwe boomstomp, vlakvark wat in modder gel? het, en die swart spons wat die boog skuts in skiet.
Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Oct 09, 2012 10:19 am
by Eugene
Piet Breedt wrote:
Ek het al met meeste van die rangefinders gewerk as ek bokke oes, en getoets, en van al die klein handheld rangefinders is die beste in hierdie volgorde gewees volgens my waarnemings:
1. Leica 1600
2. Swarovski
3. Leica 1200
4. Nikon 1200
5. Nikon 1000
6. Leica 1000
7. Nikon 800
8. En dan vergelyk n klomp in omtrent dieselfde klas (Bushnell 1200, Leupold 1000, ens)
Die Leupold veral wil glad nie range op dowwe swart oppervlakte soos n growwe boomstomp, vlakvark wat in modder gel? het, en die swart spons wat die boog skuts in skiet.
Ek het nie dieselfde probleem met my Leupold nie, maar het nog nie die Leica of Nikon probeer nie, miskien is daar 'n ander wereld wat wag!

Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Oct 09, 2012 10:34 am
by Piet Breedt
Twee van my vriende wat Leupold rangefinders gekoop het, het hulle elkeen 2 keer terug gestuur oor hierdie verskynsel, en elke keer het hulle teruggekom met n nota wat s? dat daar geen fout gevind was nie. Hulle het dit toe naderhand verkoop en Nikons aangeskaf en skiet nou nog met hulle.
In S & O Stellenbosch is daar n swart muur bo waar die rangefinders aangehou word. Doen jouself die guns en range na die swart muur, en kyk watter rangefinders gee n lesing. Jy sal verbaas wees.
Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Oct 09, 2012 11:14 am
by Eugene
Piet ek stry nie, ek gee maar net my ondervinding!
Nadat ek my RF op die "rain" funksie gestel het, tel hy die boogskiet "butts" baie mooi op en ek het dieselfde RF gebruik toe ons die baan vir die North West Provincial Field gebou het, en hy het presies gemeet wat die staal maatband ges? het.
Ek het nog nooit een van die duurder modelle probeer nie, miskien is dit waaraan ek gewoond is maar net 10% van wat die duurder outjies kan doen!
Sal maar die begroting bekyk en plan maak vir 'n Leica 1600.
Groete
Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Oct 09, 2012 11:37 am
by johnny
Blok
Ek stem 100% met koos leica is tops spaar eerder en koop een keer, het al baie probeer maar leica wen elke keer.
groetnis
Johnny
Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Nov 13, 2012 7:07 pm
by fredd
Hallo almal
Vir die wat nog die Leica oorweeg.
Ek het vandag 'n email van Zimbi books se specials gekry en hulle verkoop die Leica CRF1600 B vir R5900. (Dis die een wat ook temp, druk en inklinasie hoek gee.)
Dink dis 'n baie goeie prys want hy is gewoonlik hier by die R7500 rond.
Groete
Fred
Re: Watter Rangefinder
Posted: Tue Nov 13, 2012 7:42 pm
by immelmanw