Page 1 of 3

Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 9:25 am
by Eugene
Ek het 3 vriende wat elkeen een van bovermelde het en elkeen wil my oortuig tot sy persoonlike keuse en die argumente wil nou begin hande uitruk!

Watter een van hierdie sal julle voorstel?

Kom ons s? byvoorbeeld op 'n 308 vir algemene jag tot en met 300m en bietjie sosiale kompetisie skiet tot op 200m.

Alle skiet sal net in die dag plaasvind en hierdie is, hipoteties, nie my enigste geweer nie en gaan glad nie vir enige ander doel gebruik word behalwe vir bovermelde nie!

Ek weet die Leupold is bietjie duurder, maar kom ons aanvaar almal is dieselfde prys!

Wat s? julle?

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:15 am
by Marc
Mmmmmm

Nie regverdig om 'n 50mm teen 'n 42mm objektief te laat boks nie  ;D ;D ;D

Gaan jy soms in die nag ook skiet, of slegs bedags  ???

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:23 am
by Eugene
Eugene wrote: Kom ons s? byvoorbeeld op 'n 308 vir algemene jag tot en met 300m en bietjie sosiale kompetisie skiet tot op 200m.
Algemene jag en kompetisie skiet, net in die dag!

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:28 am
by Monrique (SJ)
Eugene

Definitief die Burris 4.5-14x42 FFII


Groetnis

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:36 am
by JuanVE
Ek glo wanneer jy in iets rondom vuurwapens bele, koop die beste wat jy kan beskostig, want dis eenkeer koop vir n leeftyd. Jy skiet dalk nie nou in die nag nie, maar dit mag dalk in die toekoms nodig wees en dan moet jy weer spandeer. Koop nou klaar daarvoor ook,  net n gedagte.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:38 am
by Biltong
Burris!

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:43 am
by Arnold
duurste is nie altyd beste nie ...

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:49 am
by Monrique (SJ)
Arnold wrote: duurste is nie altyd beste nie ...

AMEN

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:59 am
by Dweetster
Vx sou ek gebruik.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:01 am
by Louis Kriel
Dweetster wrote: Vx sou ek gebruik.
Vx is aansienlik duurder, ek dink nie mens kan dit ignoreer nie.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:18 am
by Dweetster
Dit is seker so, ek gebruik nog altyd Leupold en glo daarby. My ou Hilux het my 'n Hilux fan gemaak al hou ek nie baie van die nuwe bakkies nie...... sal ek 'n Hilux ry.
ek dink ons as mense is partykeer bang om iets nuuts te probeer.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 12:46 pm
by Herman Venter
Ag die maak my sommer n trotse eienaar!

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:41 pm
by DWB
Burris

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:51 pm
by Spanner
Luister na DWB, hy gee goeie raad hier.  Ek sou ook Burris kies.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:52 pm
by Vlakvark
Leupold  eerste keuse, Leupold tweede keuse, Leupold derde keuse ;)

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:53 pm
by Dweetster
Ek Burris my by jou Keuse. ;D ;D ;D ;D

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:54 pm
by Geno
Vlakvark wrote: Leupold  eerste keuse, Leupold tweede keuse, Leupold derde keuse ;)
+1000000
Ek het amper gedink ek's mal omdat ek so dink, en niemand anders ook reken Leupold is die beter een tussen die klomp nie.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:56 pm
by Monrique (SJ)
Deon gee uitstekende raad.

Vlakvark wat maak Leupold so goed.


Groetnis

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 4:00 pm
by Vlakvark
Die waarborg en  die naam ;)

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 4:15 pm
by Geno
SJ wrote: Vlakvark wat maak Leupold so goed.
SJ,
Ek sal sommer namens Vlakvark antwoord.

Hier is my redes:

Leupold VX R 4-12x50 Ballistic Firedot vs. Burris Fullfield II? Riflescope
4.5X-14X-42mm

- Leupold het side-focus, Burris is AO. Ek verkies side-focus.
- Leupold se eye relief= 3.7"-4.1", Burris= 3.1"-3.8"
- Leupold weeg 16.5oz, al het hy 'n groter objective lens. Burris weeg 18oz met sy kleiner lens.
- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Burris het slegs 40MOA.
- Leupold is 12.2" lank, Burris is 13" lank.
- Leupold het 'n 10.4ft tot 22ft FOV @ 100yd. Burris het 7.5ft-22ft FOV

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 4:16 pm
by Dweetster
Dit werk so: almal is baie goed, kompetisie is streng daarom glo ek nie dat een van hierdie vervaardigers sou in die mark gewees het met 'n "crap" scope nie. Leupold klink net beter  ;D ;D ;D Soos HILUX.

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 4:19 pm
by Vlakvark
Alles loop reg altyd reg ;D

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 4:59 pm
by Herman Venter
Mens kan 'n Hilux sticker op 'n 1400 bakkie plak en Hilux aanhangers sal steeds stry hy is die beste!! Soos Vlakvark s? "NAAM" ...

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 5:11 pm
by Monrique (SJ)
Herman Venter wrote: Mens kan 'n Hilux sticker op 'n 1400 bakkie plak en Hilux aanhangers sal steeds stry hy is die beste!! Soos Vlakvark s? "NAAM" ...



;D ;D ;D ;D ;D

Re: Watter een sal julle kies?

Posted: Thu Sep 20, 2012 5:19 pm
by Dweetster
Spot maar, die ou Hilux is nie "vinnig" nie, ek weet  maar is betroubaar. ;D ;D