Page 1 of 1

Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 7:54 am
by JTM
Ek is op soek na 'n geweer kluis vir myself. 'n Drie geweer kluis lyk maar net te klein vir my en lyk ook of mens maar gaan sukkel om 'n geweer met veral 'n groot scope op daarin gaan pas. Wat doen die herlaai manne met al hulle poeiers en slagdoppies? Moet dit ook in die kluis gestoor word?

Wat is 'n goeie maak kluis en grote om voor te gaan? Ek kyk tans na Mutual se 5 of 13 geweer kluis, maar het onlangs ook die Magnum kluise by S&O gesien. Is die Magnum SABS en SAPS goedgekeurde kluise? Ek kon nie die SABS merk sien op hulle nie.

Wanneer dit kom by die vas sit van 'n geweer kluis, wat is die SAP se vereistes omtrent dit. Mag 'n mens "Sleeve Anchors" gebruik?

Dankie so lank vir al die antwoorde :D

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:00 am
by SmitH
Kyk op Junkmail is daar baie kluise te koop

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:15 am
by Herman Venter
JTM,
Soos gese is kan jy op junkmail kyk daar is nogal 'n hele klompie! As jy na 'n nuwe kluis kyk hou ek van SA Safe equiment se kluise! 3 geweer kluis is maar biki klein omdat dit nie net die spasie min maak vir die jag gewere nie maar ook vir al die ander dinge wat jy graag sal wil toesluit en as daar nog dand gewere en rontes by kom dan raak hy maar klein, ek hou van 'n 5 geweer kluis al sal ek nie binne kort so baie gewere gaan besit nie maar oorgenoeg spasie! Dit is hoe ek voel, ander mag verskil!

Ek dink nie S&O sal kluise verkoop wat nie SABS goedgekeur is nie!

Wat SAP aanbetrek, jou kluis moet met minstens 4x 10mm "rawlbolts" vasgemaak word, of 2 teen die muur en 2 teen die grond , of almal teen die muur , of almal teen die grond! Ek het my kluis sommer al 4 teen die muur gesit omdat ek nie die teels onder hom wil beskadig nie!

Groete
Herman

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:36 am
by DWB
'n kluis se deur moet 6mm dik wees om aan die SANS te voldoen.

Dink die kante iets soos 2mm.

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:59 am
by BRNO (Pierre)
Dit hang seker ook van die begroting af. Ek het al redelik met mutual safes te doene gehad, en hulle produk is verseker kwaliteid, en dan kry jy bo op dit nog goeie diens ook. Indien jy nou die 13 kan bekostig, en plek het vir hom, koop hom. Herlaai komponente hoef nie in n kluis toe gesluit word nie, maar as jy jouself weer kan kry is die vyf geweer kluis vol, en moet jy in elk geval dit opgradeer. n Drie kluis is volgens my verseker te klein.

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 12:33 pm
by Penkop
JTM,

'N 3 geweer kluis is te klein vir 3 gewere, netso is 'n 5 geweer kluis te klein vir 5 gewere.

Ek kyk ook tans na Mutual (trots Suid-Afrikaans) 15 geweerkluis (R5200) - net sodat ek bietjie spasie kan h? en nie so hoef te sukkel nie.

Sterkte!

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 1:18 pm
by Vlakvark

Re: Geweer kluise

Posted: Thu Sep 20, 2012 1:25 pm
by martinf
Kyk maar gerus na magnum! Baie gelukkig met my kluis! Dink die febriek is in koedoespoort in villeria waar ek myne gaan haal het! Jy kan eintlik daar vir die oom s? hoe jy hom binnie soek!

Re: Geweer kluise

Posted: Fri Sep 21, 2012 7:33 am
by JTM
Ek het so bietjie verder huiswerk gedoen en wag vir 'n paar antwoorde nog. So v?r is Mutual Safes se RHS13 6 geweer kluis 'n goeie kopie. Lyk of ek dit kan kry vir dieselfde prys as 'n Xpanda 3 geweer van Makro af.

Ek het ook op 'n vervaardiger afgekom in Paarl genaam Helvedika. Wag nog vir 'n antwoord van hulle af ook op hulle 6 geweer kluis.

Re: Geweer kluise

Posted: Fri Sep 21, 2012 7:25 pm
by jacojrdn
JTM

Soos die manne se, as jy n groot geweer kluis kan bekostig en die plek het vir hom, koopeen keer en koop klaar.
Ek het in die laaste 10 jaar al twee keer moes opgradeer. 3 geweer na 8 geweer na16 geweer. Elke keer verloor jy geld.

Leer uit ander manne se foute uit. :)

Re: Geweer kluise

Posted: Fri Sep 21, 2012 8:27 pm
by JTM
Dankie Piet. Ek reken ek kan 'n 3 geweer kluis in elke kamer se kas inbou en dan 'n 13 geweer kluis innie garage. Ek kort dan net dedicated sportsman om al die gunne te koop.

Re: Geweer kluise

Posted: Sat Sep 22, 2012 7:34 pm
by ZKK
jacojrdn wrote: JTM

Soos die manne se, as jy n groot geweer kluis kan bekostig en die plek het vir hom, koopeen keer en koop klaar.
Ek het in die laaste 10 jaar al twee keer moes opgradeer. 3 geweer na 8 geweer na16 geweer. Elke keer verloor jy geld.

Leer uit ander manne se foute uit. :)
Ek stem 100% saam, ek moes ook nou opgradeer. Ek is spyt ek het n 3 geweer kluis gekoop om te begin.

Re: Geweer kluise

Posted: Mon Sep 24, 2012 8:06 pm
by JTM
Het die mense van Helvedika ontmoet by Huntex. Hulle het baie goeie skou pryse gehad en is hulle ook bereid om een te bou tot my specs. Ek kan 'n 10 geweer kluis by hulle kry vir R2700.

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 4:34 am
by jacojrdn
JTM

Dit is n baie goeie prys, ek sal daarvoor spring as ek jy is.

Jaco

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 6:49 am
by BRNO (Pierre)
jacojrdn wrote: JTM

Dit is n baie goeie prys, ek sal daarvoor spring as ek jy is.

Jaco
Stem verseker saam met Jaco. Indien moontlik kom deel bietjie meer info soos dimensies, uitleg ens. Waar is jy gelee? Sluit dit ook aflewering in?

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 10:59 am
by JTM
As ek reg onthou is die dimensies 460d x 500w x 1300h. Die geweer rakke is teen al drie kante van die kluis om behalwe 'n gedeelte in regter agter hoek waar 4 of 5 klein rukkie is onder mekaar. Die rakkie is omtrent die grote van 'n 25 boks haal weer rondtes. Dit het nie 'n rak bo in die kluis nie. Die hulle doen wel ook 'n kluise 'n aparte pistool kompartement bo op.

Ek sal hulle besigheid kaartjie en pamflet scan en post.

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 11:19 am
by LUAN
Ek het n 8 geweer kluis gekoop maar onthou as hulle scopes op het dan word dit n 4 geweerkluis ;D

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:19 pm
by bex
Kyk ook maar na di mates, ek sien noudiedag n kluis by die Agrimark wat net soos my kluis lyk. Op die etiket staan daar toe 5 geweer kluis maar hy is net so groot soos my 3 geweer kluis. Al verskil is dat die hout wat ddie gewere regop hou 5 kepe in het in pleks van 3.

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:24 pm
by JTM
Dis nes jy daar s? Bex. Het lekker gechat met die oom en na kluise en mates gekyk en lyk darem of die 10 geweer sal werk vir my. As ek weer upgrade sal dit na 'n inloop kluis wees  :D

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 4:24 pm
by jacojrdn
So bek moet jam kry
;D

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Sep 25, 2012 6:38 pm
by JTM
Wel soos dinge maar party dae hier gaan kan mens maar net sowel jou hele huis 'n inloop kluis maak. Dit gee mens darem bietjie meer spasie vir daai herlaai bank dan ;)

Re: Geweer kluise

Posted: Wed Sep 26, 2012 9:46 pm
by Fanie
JTM wrote: Wel soos dinge maar party dae hier gaan kan mens maar net sowel jou hele huis 'n inloop kluis maak. Dit gee mens darem bietjie meer spasie vir daai herlaai bank dan ;)
Dit lyk al klaar so hier ;)

As jy die spasie het sit vir elke wapen sy eie kluis in. As hulle by een inkom dan verloor jy ten minste nie alles nie, onthou tyd is die rowers se grootste vyand.

Re: Geweer kluise

Posted: Fri Sep 28, 2012 8:34 am
by JTM
Vir die wat dit verlang, hier is Helvedika se kontak besonderhede:

tel.: 021 862 5726
cell: 082 863 3563
fax: 021 876 4141
email: monika.helvedika@yahoo.com

Re: Geweer kluise

Posted: Fri Sep 28, 2012 8:42 am
by JTM
Ek het maar op die ou end 'n Mutual 10 geweer kluis gekoop. Dit is 'n langer/ho?r kluis as die Helvedika 10 geweer een. Ook hou ek meer van die deur skanier meganisme wat maak dat die Mutual kluis se deur opening groter is as die van Helvedika s'n.

Die langer/ho?r kluis beteken dat ek nie een dag sal sukkel sou ek 'n 30 duim O/U haalgeweer of 'n knaldemper jaggeweer gemaklik wou wegsit nie.

Nou ja, die naweek is dit kluis vas sit tyd vir my. 8)

Re: Geweer kluise

Posted: Tue Oct 16, 2012 7:57 am
by JTM
Ek sien dat Xpanda ook nou 'n Biometric kluis bemark. R6500 vir 'n 5 geweer kluis. Nou dink wonder ek hoe slim is daai scanner wat hulle gebruik. As dit net na 'n vinger afdruk kyk en nie vir 'n pols slag ook nie , dan sal daar og gevalle wees dat kluis eienaars dalk mag ontvinger word sodat die skelms in die kluis kan kom. Maar dit lyk of jy nog saam met jou vinger scan 'n pin ook nodig het. In elk geval dink ek die kluis is belaglik duur vir net 5 gewere.