Page 1 of 1

Burris FourX

Posted: Wed Sep 19, 2012 9:09 pm
by rockrabbit
Hello, ek soek raad. Ek kan 'n Burris FourX 3-12x56 Illum red dot en SixX 2-12x50 sonder Illumination kry. Watter een sal beter werk vir jakkals skiet en hoe is Burris se kwaliteit?
Dankie Ben

Re: Burris FourX

Posted: Wed Sep 19, 2012 9:18 pm
by Danie Lombard .243
Ben

Jy kan met 'n geruste hart 'n Burris scope kry, hul is puik en baie goeie waarde vir geld. Albei is goed

Re: Burris FourX

Posted: Sun Sep 23, 2012 4:35 pm
by rockrabbit
Hello Danie, ek het die FourX gekry.
Groete Ben

Re: Burris FourX

Posted: Mon Sep 24, 2012 8:29 pm
by JACQUES BOTHA
Goeie koop Rockrabbit..
Jacques

Re: Burris FourX

Posted: Sun Oct 07, 2012 9:17 pm
by Armand9
Ben,

Hoe is die teleskoop se duidelikheid in die nag? Ek wil vorentoe vir my n nagjag teleskoop kry en het gekyk na die meopta 3-12x56.
Maar die Burris se prys lyk aanloklik dis hoekom ek vra.

Armand

Re: Burris FourX

Posted: Sun Oct 07, 2012 9:22 pm
by Boertjie
Armand

As jy n scope koop, try jy nie die goedkoopste koop nie, maar die beter 1.Ek het n Meopta op my 243 en hy klop die linx ver.Al 2 is 56 voor.
Maar Meopta is net soveel beter.As jy n prys soek, vra vir Reachell op die forum,Hy verkoop dit ook.

Boertjie

Re: Burris FourX

Posted: Sun Oct 07, 2012 9:34 pm
by Armand9
Dankie Boertjie. Dis hoekom ek vra. Almal praat goed van Burris dis hoekom ek wil hoor by iemand wat dit gebruik.
Ek het eintlik al klaar op die meopta besluit, wag net dat die bankrekening effe rek!
Sou jy se dis noodsaaklik om n verligte kruishaar op n nagscope te he?

Armand

Re: Burris FourX

Posted: Sun Oct 07, 2012 9:43 pm
by Boertjie
Armand

My lynx het die groen liggie in gehad, maar ek het dit nooit gebruik nie.Ek glo ook nie dat 1 van die voltydse jagters so iets gebruik nie.Ek glo regtig dit is onnodig.Doen jouself n guns en kry by Raynie Bekker ook n prys.As jy sy no soek pm my dan kan ons praat.Of pm hom op die forum.
Die Meopta het ook n 30 jaar waarborg, as ek reg onthou.

Boera