Page 1 of 1
howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 6:42 pm
by Herman Venter
Hallo julle,
Ek wonder nou, ek was so biki op Howa se site gewees en het gesien daar is nogal nice kolwe wat hulle het! Die vraag nou is, sal mens daardie kolwe ook soos die boyds kan laat stuur na SA toe? Ek het die navraag epos adres 'n mail gestuur maar daai manne kom nie terug na my toe nie!
Weet een van julle dalk?
Groete
Herman
Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 6:47 pm
by vlakvark1
Ek weet nie watse kolf jy soek nie maar ek het vir my Howa n ander kolf gekoop en het sommer een bestel by geweerwinkel
wat Howa gewere verkoop
Bel n wapen winkel wat Howa gewere verkoop en hoor eers of hulle nie vir jou n kolf kan kry waarna jy soek nie.
Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 6:52 pm
by Herman Venter
Vlakvark,
Ek sal biki hoor, het een by S&O gekoop en by cambix, dalk kan een my help!
Dankie
Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 7:02 pm
by vlakvark1
Herman Venter wrote:
Vlakvark,
Ek sal biki hoor, het een by S&O gekoop en by cambix, dalk kan een my help!
Dankie
Ek weet Camdix kon my help met n kolf maar ek het toe sommer 1 hier naby gekry in nelspruit. Dit het net n week gevat toe
het hulle hom gekry. S? maar as jy nie regkom nie dan kan ek n nommer vir jou gee van die een wat my gehelp het in Nelspruit.

Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 7:21 pm
by Herman Venter
Gaaf, is dit hunters boma?
Wat kos daardie kolwe min of meer? Ek het gekyk na die thumhole hout kolwe
Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 7:48 pm
by vlakvark1
Herman dit is Magnumwapens in Nelspruit
Ek het swartsinteties gekoop vir R1000 posgeld ingesluit ek weet nie of hulle die thumbhole kan kry nie.
Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 8:44 pm
by Herman Venter
Dankie,
Ek sal biki probeer uitvind by die wapen winkels..
Groete
Herman
Re: howa kolf
Posted: Wed Sep 19, 2012 9:46 pm
by Herman Venter
[img width=560 height=138]
http://i1232.photobucket.com/albums/ff3 ... fb1ec0.jpg[/img]
Het na hierdie een gekyk!
Groete
Herman
Re: howa kolf
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:40 am
by Vantheman
Herman
Ek weet toe ek my Howa by Camdix gekoop het, was daar daardie kolf beskikbaar vir die varmint modelle. Ek het egter die gewone thumbhole kolf gesoek. Die manne het gese dat Howa nie meer die gewone thumbhole kolf stuur nie...
Ek is seker hulle sal jou kan help.
Re: howa kolf
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:01 am
by Herman Venter
Vantheman,
Dankie ek sal by hulle hoor, die kolf sal wees vir 'n 30 06, ek sal biki by camdix hoor oh hulle kan help? Ek kyk oor die algemeen na 'n boyds kolf maar hierdie howa kolwe lyk self nie sleg nie!
Ook 'n rede hoekom is omdat ek links skiet en sodoende ook die ander mense wat dalk my geweer wil skiet vergesel, my meisie toon ook belangstelling en sy skiet regs! Ek sien nie dat boyds sulke kolwe maak nie! Of altans nie vir howa nie.
Groete
Herman
Re: howa kolf
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:26 am
by Hingsding
Goeie more Herman.
Ek praat nou voor ek my feite by mekaar het, maar ek is seker ek het Saterdag by S&O (Stellenbosch) van daai kolwe gesien. Kyk self om so kolf vir my Howa tekry.
Ek weet die manne by JJ wapens doen ook kolwe vir die Howa's.
Groete.
Re: howa kolf
Posted: Sun Sep 23, 2012 12:08 am
by BLOK
Ek hou weer meer van die een.
[img width=560 height=186]
http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 4dd7ad.png[/img]
Re: howa kolf
Posted: Sun Sep 23, 2012 1:07 am
by Kalahari
Blok
Ek like ook daai een, sal ook vir my lekker werk. Ek verkies om links te skiet, maar die regterhand kan ook die sneller druk as die teiken andersom staan. Die kleure is ook mooi. Dit is die probleem met omtrent alle duimgat kolwe, daar is nie wat beide hande kan vat nie, behalwe soos die foto wat Herman opgesit het.
Re: howa kolf
Posted: Sun Sep 23, 2012 1:15 am
by Herman Venter
Blok,
Baie nice, vind nou biki vir ons uit waar kan ons hulle kry! Hehe
Kalahari,
Ek dink dit is ons wat reg skiet en al die ander manne skiet verkeerd om!
Re: howa kolf
Posted: Sun Sep 23, 2012 1:30 am
by Kalahari
Herman
Die regsom manne sal maar net weer se ons "hotkloue" is andersom

, maar ek is baie bly ek kan beide kante die roer gooi en die skote loop mooi. Weet nie waar dit vandaan kom nie, het eerste maal geweer linksom opgetel as laaitie, maar dit is ook waar my linkshandigheid stop

, so ek is ook nie 'n ware lefty nie, mixed breed

Re: howa kolf
Posted: Sun Sep 23, 2012 2:09 am
by Herman Venter
Ek is ook glad nie links nie, ek skiet net links met die geweer en ook met die boog! My dominante oog is my linker oog , maar ek kan elkgeval nie regs skiet nie want ek kan nie my linker oog aleen toe maak nie, al my vriende dink natuurlik dit is baie snaaks ! Ek het hom darm nou al so geoefen dat hy amper amper toe gaan.. Hehe
Re: howa kolf
Posted: Sun Oct 28, 2012 8:58 pm
by Herman Venter
Hallo julle,
Was by Camdix gewees en hulle het van hierdie kolwe, net een probleem die kolf kos R3400.00 ! Vir daai prys koop ek baie eerder 'N BOYDS kolf vir altwee my roere!
Groete
Re: howa kolf
Posted: Tue Nov 20, 2012 8:23 pm
by immelmanw
Ons het so kolf in stock in stellenbosch. Sal baie sal teen cost plus n bietjie gee, dit le al lank daar. Mail my by
willem@so.co.za
Re: howa kolf
Posted: Wed Nov 21, 2012 11:26 am
by Herman Venter
immelmanw wrote:
Ons het so kolf in stock in stellenbosch. Sal baie sal teen cost plus n bietjie gee, dit le al lank daar. Mail my by
willem@so.co.za
Mail gestuur!