Page 1 of 1

hoe om Luiperd te vang in hok

Posted: Wed Sep 19, 2012 5:27 pm
by Flip Nel
Ons het groot probleme met luiperds op die plaas, kry gedurig spore en die huurders het al 'n paar kalwers verloor.  Ek het 'n luiperdhok wil van hulle vang en vir een van die groepe gee wat probleem diere verwyder en weer baie ver loslaat.  Ek sien baie jong spore en wat ek aanneem is wyfies.  Enige tips oor hoe ek tewerk moet gaan om hulle gevang te kry.  Ek het 'n vorige keer 'n boerbok in 'n ander hok gesit toegekap met takke langs die vanghok maar niks het gekom nie.  Enige tips etc.  Ek verkies om hulle nie te skiet nie, as ek nie 'n plan kan maak nie gaan die manne begin slagysters stel.

Re: hoe om Luiperd te vang in hok

Posted: Wed Sep 19, 2012 7:51 pm
by JK
Luiperd word nie maklik ge-relocate nie, as hy sy gebied gevestig het kom hy maar altyd weer terug, al los jy hoe ver.

Stel die vanghok in sy voetpad, of waar hy gereeld loop en los dit maar daar vir n paar weke.  Hang n fisant of tarentaal in die hok bo-op die trap met n vislyn, hoog genoeg dat die groukatte dit nie bykom nie, hy gaan vir die fisant/tarentaal. Die hok moet lank genoeg wees dat hy nie uitglip as die hekke val, en slaan maar so n tregter met takke na die hek toe, en gooi ook n paar op die hok om dit te kamofleur.

Re: hoe om Luiperd te vang in hok

Posted: Sun Sep 23, 2012 4:23 pm
by 22-250 Sniper
Sorg dat jy n oom van n hok het en dat sy deur sluit as hy toeval. Daai kolle katte word baie kwaat as jy hom vang

Re: hoe om Luiperd te vang in hok

Posted: Sun Sep 23, 2012 4:58 pm
by tripodmvr
Lewendige aas is die antwoord. Sit hoender of tarentaal in aparte hok (wat katbestand is) aan die agterkant en voer hom. Weet van boer in die noorde van Limpopo wat baie so al gevang het.

Re: hoe om Luiperd te vang in hok

Posted: Sun Sep 23, 2012 7:08 pm
by JK
Vergeet, moet deurloop hok wees, hy gaan nie maklik in as die hok nie agter oop is nie.  As jy lewendige aas gebruik sit dit dan teen die hok in n ander hok so dat hy an binne die vanghok moet probeer by kom.  As hy  reeds in n hok al gevang was, werk lewendige aas beter, andersins werk die dooie een aan n vislyn baie goed.