Page 1 of 1

Burris Eliminator Scope

Posted: Tue Sep 18, 2012 10:13 pm
by Fanie
Burris Eliminator Ballistic Laserscope - Riflescope - SHOT Show 2012
http://www.youtube.com/watch?v=DrZqycXo ... re=related

Windgat verby...

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Sep 19, 2012 8:21 am
by LoveHenties
Ek soek een!

Waar is die terugslag op daardie skote? Goeie punt wat die een kommentator maak.

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Sep 19, 2012 8:54 am
by Eugene
Ek het al baie oor die teleskoop gelees en na baie reviews gekyk en almal is goed!

Ek hoor egter van 'n paar manne hier wat dit gekoop het, dat selfs 'n 308 na 'n paar skote die scope so deurmekaar het, dat hy nie meer lekker range nieĀ  ??? :-\ ??? :-\

Wat s? julle manne wat die scope het daarvan?

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Sep 19, 2012 8:59 am
by Fanie
Ek het met iemand gepraat wat so een het. hy se jy kan nie mis skiet met hom nie, ek dink syne was op 'n 243.

Maar ek soek nie so een nie.

Ek wag vir die model wat sommer die bok se keel met die laser sny net daar waar hy staan.

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Sep 19, 2012 9:05 am
by Monrique (SJ)
Eugene

Jy dink seker aan die Eliminator II wat die manne al hier kon koop en nie die Eliminator III wat op die 'link' is. Die Eliminator III is nog nie in SA beskikbaar en ek glo nie ook voor Kersfees nie.

Dit wat ek gehoor het is dat die Eliminators op magnum kalibers vermy moet word oordat die gewig wat die scopes het en met die recoil van die mag kal. hulle die monterings op die kal. verinderweer en sodoende nie meer akkurate lesings gee.

Groetnis

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Sep 19, 2012 9:58 am
by Sarelss
Ek hoop hy kom voor Kersfees. Dit kan dalk een van daai "Van Pa, aan Pa" persente word....
Behalwe as ek voor dit goedhartige ryk vriende kan ontmoet.

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Tue Oct 02, 2012 11:42 am
by Jean Marais
sss308 wrote: Ek hoop hy kom voor Kersfees. Dit kan dalk een van daai "Van Pa, aan Pa" persente word....
Behalwe as ek voor dit goedhartige ryk vriende kan ontmoet.
Hier by my praat ek altyd van die ASMA aankopies..... AS MA maar net geweet het...

Piet Breedt het die scope intensief getoets, met baie goeie terugvoer. Kyk die link hieronder.

http://www.sahuntingrifle.co.za/index.p ... 5&catid=29

Groetnis

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Thu Oct 04, 2012 1:46 pm
by Daneel
Dag se Mr'e

Waar kry n mens daai grand Eliminator scopes innie hande?
Dis darm maar n windg@t scope daai en lyk of die ding kan lekker werk.
From Dad to Dad vir kersfees....

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Mon Oct 08, 2012 4:42 am
by James Wickens
Was daai dag saam Piet Breedt gewees toe hy die scope getoets het....net so verbaas

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Tue Oct 09, 2012 10:18 am
by Piet Breedt
Dit wil voorkom met van die terugvoering van manne wat die scopes gekoop het kla dat die scopes uitskiet op groter gewere waar die recoil bietjie meer is. My ondervinding is dat die mounting clamps wat saam met die scopes kom die oorsaak is daarvan. Dit is sommer sulke klein simpel klampies, en as ek hom op n groter kaliber geweer wil monteer, sal ek vir my beter klampies laat maak.

Die scope self is egter baie stewig, en behou sy zero en rangeing vermo?ns baie goed.
Ek het myne nou al op verskeie bokke getoets op n groot verskeidenheid afstande met my .25 06 met groot sukses.

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Tue Oct 09, 2012 3:30 pm
by Hingsding
Daneel wrote: Dag se Mr'e

Waar kry n mens daai grand Eliminator scopes innie hande?
Dis darm maar n windg@t scope daai en lyk of die ding kan lekker werk.
From Dad to Dad vir kersfees....
+1

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Tue Oct 09, 2012 4:55 pm
by Piet Breedt
Safari & Outdoor en VLT hou hulle aan

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Oct 10, 2012 8:23 am
by Hingsding
Dag Piet.

Sal by hulle hoor, dankie.

So ver ek weet het hulle slegs die Eliminator 2 en nog nie die nuwe een nie. Weet jy dalk?

Groete

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Oct 10, 2012 8:47 am
by Monrique (SJ)
Soos Piet se die scopes en magnum kalibers werk nie lekker saam, ek het nie basie ondervinding van die scope, maar glo ook dit kan toegeslryf word aan die ringe wat saamkom.

Glo egter dat ordentlike ringe die dings sal doen. Sover ek weet maak Thor ringe vir die Eliminators. Daar moet net ingedagte gehou word dat die scope redelik swaar is en dit saam met n magnum kaliber se terugskop ringe lekker kan opneuk. Ek het ook gehoor dat die Eliminator III meer as 1kg weeg. So maak maar reg vir n nog swaarder scope. Daar is egter nie n laser scope wat met Burris vergelyk kan word nie en as jy ene soek is daar net 1 fabrikaat om te koop! Burris teleskope is oor die algemeen swaarder as die norm in hulle klas en daar is n rede daarvoor, so ook met die hoeveelheid verstellings op hulle turrets.

Dalk kan iemand bietjie se waarom dit so is, dat ons kan hoor of manne wat scopes koop daarna ook kyk en weet hoekom?

Die Eliminator II is tans nog beskikbaar in SA. Die Eliminator III gaan sekerlik NIE voor Kersfees hier wees NIE! So geen van Pa aan Pa geskenkies nie..... Hahahaha

Groetnis

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Wed Oct 10, 2012 11:04 am
by Sarelss
Kyk,
Die Burris III gaan 'n duur storie wees:
Scope teen $1500 in VSA
geskenkie vir Ma om verskoning aan te teken vir die scope
Beter mounts
308 het reeds Vimblik op, dus gym gelde om te oefen sodat die geweer gedra kan word...
Eish
ss

Re: Burris Eliminator Scope

Posted: Tue Nov 06, 2012 8:50 am
by Sarelss
Ek het gehoor S&O in Stellenbos het 7 Burris Eliminator III scopes. R 17 990! bietjie styf, eina