Page 1 of 1
Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Tue Sep 18, 2012 9:51 pm
by SeeMoNsteR
Naand manne..
Ek staan voor n taai besluit en het asb goeie advies nodig.
My Savage 300wsm kort n nuwe scope en die bg is op die kortlys, probleem is ek het geen 1ste handse ervaring met enige van hul nie - weet net hul is beide tops volgens n magdom user, en site reviews.
My behoeftes is meestal jag, bos - Vlaktes - long range, en dan ook teiken skiet..bietjie van alles ek reken. Dit bygese is die 400m plus skiet nie iets wat ek tot dusver baie gedoen het nie, maar ek sal graag wil en dis die rede hoekom ek die wsm aangeskaf het..
Die Vortex se glas is 'glo' bietjie minder helder as die Sightron s'n.. eks ook onseker of hy (pst) so akkuraat soos die Sightron track. Verder het die PST ook 35moa minder interne verstelling. Dit gese het die PST nou weer zero stop, is ffp en het verligte kruishare..
Beide is 6-24x50..en die prys is ook soortgelyk
Ek gaan n 20moa rail gebruik so dit moet in gedagte gehou word..
Het enige iemand al beide gebruik?
Enige advies sal baie waardeer word!
Dankie
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Tue Sep 18, 2012 10:00 pm
by Arnold
Ek het die Sightron 6-24x50 LRMOA model met tactical turrets en dit is 'n uitstekende scope! As die prys vergelyk sal ek hom bo die PST vat omdat ek reeds weet hy werk vir my.
Daar is nie 'n scope vir alles nie en ek glo die scope sal ook nie so goed in die nag werk nie. Vir teikenskiet is dit regtig 'n baie goeie keuse!
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Tue Sep 18, 2012 10:20 pm
by SeeMoNsteR
Dankie Arnold..
Het jy die MOA-2 kruishaar op jou scope?
Lyk regtig baie, baie oulik..en dan is dit boonop nog moa/moa
Ek hoor graag nog van enige iemand wat enige van die 2 scopes kan vergelyk, of al n rukkie met een van hul saamleef
Groete
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Tue Sep 18, 2012 10:23 pm
by Arnold
Dit is die MOA-2 kruishaar ja.
Het ek al ges? dit is 'n nice scope

Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Tue Sep 18, 2012 10:37 pm
by SeeMoNsteR
Hehe.. Ja Arnold, jy het
Hoe sou jy dan se vergelyk die S3 met duurder opsies soos veral die mk4 leupolds of nightforce itv optika en dan ook verrigting?
Ek weet die Sightron is baie goedkoper, waarde vir geld sal vir my die deurslag gewende faktor wees..
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Tue Sep 18, 2012 10:53 pm
by Arnold
Ek is baie gelukkig om n NightForce (NXS 8-32x56) ook te besit en het die twee al mooi vergelyk. Die NXS klop die SIII maar met min en jy moet mooi kyk om die verskil te sien (dalk wil ek net glo dat die duurder scope beter is). Ek sal verseker n Sightron bo n Leupold koop!
Verstelling is positief en betroubaar sov?r ek die scope nog gebruik het.
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Wed Sep 19, 2012 12:11 am
by mossie
Manne
Het ook n Nightforce 8-32 en ek moet se die Sightron staan nie terug nie. Ek dink as Sightron bietjie meer oemf in hulle bemarking sit sal Vortex moet mooi kyk.
MOSSIE
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Wed Sep 19, 2012 8:35 am
by Gideon@1
More s?!
Hier is 'n skakel vir 'n "review" van die Sightron S3.
http://www.snipercentral.com/s3sightron.htm
Groete
Gideon@1
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Wed Sep 19, 2012 10:22 am
by SeeMoNsteR
Sov?r sit die Sightron die PST ore aan..
Sou julle dan se FFP scopes is overrated?
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Wed Sep 19, 2012 1:08 pm
by Koos Barnard
Dags?
SFP se kruishare word gewoonlik op die grootste vergroting gekalibreer. So gebruik jy die scope op enige vergroting kleiner as maksimum moet jy nuwe berekeninge maak. Met groot vergrotings soos byvoorbeeld 30X is dit 'n probleem. Ek wou 'n Swarovski 5-30x koop maar het uiteindelik daarteen besluit omdat die spasies tussen die afmikpunte net by 30x, 5cm is en jy teen daardie vergroting vir omtrent elke 20m of so die parallaks/fokus moet stel.
FFP werk eintlik beter maar teen die lae vergrotings is daardie kruishaar so fyn jy kan dit omtrent nie sien nie en dis vir my persoonlik die grootste probleem. As jy egter gereeld oor 100m skiet en dus nie iets soos 4x of 6x gebruik nie, is die FFP eintlik baie goed. Maar elkeen moet koop wat sy voorkeur is.
Mooi loop
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Wed Sep 19, 2012 2:17 pm
by PJS
mnr seemonster
Ek wil ook so n klippie in die gesprek gooi. Ek het vir my n S3 6-24x50 (target dot) gekoop toe Ludwig so terugvoer hier by die manne gesoek het oor water scope hy moet koop. Ek het op grond van daai post en ander manne se ervaring een gekoop. Ek is baie teverede met hom. Hy doen diens op die .243 waarmee ek jakke ook skiet in die nag. EK het net goeie diens sov?r van die scope gekry. Teen daai prys is dit werklik n goeie koop. Die lekker van die target dot is ook dat ek lekker kan baanskiet en hy laat luiĀ n gong op 300 darem te lekker.
Ek het nie ervaring van die Vortex nie so ek kan nie vergelykings tref nie.
Indien jy iemand ken wat een of altwee van die scopes het, gaan dalk eenkeer saam met die persoon en skiet self met die glas dan kan jy nogal lekker vergelyk.
Sterkte met die besluit!
Mooiloop
PJ
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Thu Oct 04, 2012 5:09 pm
by Stasoft
Middag Manne
As ek mag vra. Wie verkoop byvoorbeeld die Sightron SIII 6-24x50 LRMOA hier in SA?
Lekker dag
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Thu Oct 04, 2012 5:57 pm
by Stasoft
Eksuus. Ek sien nou Nicolas Yale verkoop dit. Het nie geweet mens kan direk by hulle koop nie
Re: Vortex PST of Sightron S3?
Posted: Fri Oct 05, 2012 8:56 pm
by KalahariKlong
Die probleem is net jy gaan sukkel om een te kry.
Hulle het so 2 weke trug een oor gehad.
R11626.
As iemand weet waar ek hom teen 'n beter prys kan kry... asb help. Ek soek baie graag een.
Groete
KK