Page 1 of 1

labrador

Posted: Tue Sep 18, 2012 2:11 pm
by stan man
het nou 4 keer op een plaas gaan roep.toe die klient my laat roep het ,het hy op daardie stadiun so 22 lammers en ooie verloor.  ek het na die karkasse gekyk en gesien dat die meeste lyk na jakkals probleme. daar was egter bytmerke wat nie na jakkals werk gelyk het nie.die eerste aand het ek 4 jakkalse om die kraal gepiets.
drie dae later bel hy my weer en ek ry toe maar uit. weer 6 skape in een nag. ek roep toe weer en piets 2 jakkalse.

n week en n half later bel hy weer. nog n klomp skape in een nag.ek kan dit nie verstaan nie!! die bytmerk is nie almal dieselfde nie. ek scout die hele plaas deeglik en wiks n mooi groot rooikat en 2 jakkalse.  ek dink nou is die probleem opgelos. die volgende oggend bel die oom my en vertel hy het weer 8 skape verloor.

nou vra ek hom of hy kan onthou van die goue labrador waarvan ek hom vertel het. hy se hy onthou van die buurman se hond wat in die veld rondloop.  hy kan egter nie dink dat dit die huishond se werk is nie. saterdag oggend na nog n skaap of wat loop die hond bloedbek rond,die buurman is hard van die twak en se sy hond sal nie die skuldige wees nie. een groot oorlog verder en op die ou end 41 skape 8 jakkalse een rooikat en n goue labrador en die skapies slaap rustig.

die mense glo my nou dat enige rondloper brak met die regte aansporing,net so ook sy beskaafde maniere sal verloor en ook jakkals streke aan die omstaanders sal wys.
gee enige vleisvreter bloed reuk en hy verander  van opgevoed na barbaar.

Re: labrador

Posted: Tue Sep 18, 2012 2:25 pm
by Sarelss
Ekself is maar ook versigtig en sal nie 'n Labrador aanskaf nie.

Het julle al gesien hoeveel ouens word blind wat Labradors besit....?

Re: labrador

Posted: Tue Sep 18, 2012 2:27 pm
by cassie_calvinia
dis simpel honde daai

Re: labrador

Posted: Tue Sep 18, 2012 2:33 pm
by Jakkalsgat
Ouboet

Jy het dan self so goue labrador is jy seker dis nie jou eie hond wat jy geskiet het nie.

Groete
Jaco

Re: labrador

Posted: Tue Sep 18, 2012 3:02 pm
by Wayne
My Grandfather and Father always said that if your dogs are not at home around 9pm, they are up to no good somewhere else.

Re: labrador

Posted: Wed Sep 19, 2012 2:34 pm
by stan man
boeta ek sal haar nie skiet nie. waar sal ek dan nou slaap as mamma my weer uitskop ? o ja jy het mos lanklaas kom kuier.

Re: labrador

Posted: Wed Sep 19, 2012 2:55 pm
by RUPERT
As n stads jaapie het ek altyd gehoor en geglo die labradore is een van die beste troetel diere wat n gesin voor kan vra en kyk nou wat se skade kan so n brak maak.Dankie vir die artikel ek het dit baie interisant gevind.

Re: labrador

Posted: Wed Sep 19, 2012 4:05 pm
by Johan22
Kan ek jou raad gee as daai man jou weer bel dan klits jy die labrador ook maar vir die oom en los hou waar hulle nie sal kry nie probleem opgelos.

Johan