Page 1 of 1

Piccatiny rail

Posted: Fri Sep 14, 2012 8:46 am
by Kalahari
More almal

Moet nie lag nie: ek dink ek weet, maar wat is die eintlike doel en nut van die P rail as mens op geweer sou monteer? Is dit om jou scope se verstel "range" beter te maak, die vassit (mount) manier stewiger te maak........................ en wat nog? Is ek verkeerd?

Dankie luister wat julle se.

Re: Piccatiny rail

Posted: Sat Sep 15, 2012 8:20 am
by Kalahari
Dankie Ludwig

Weer 'n volledige antwoord soos altyd  ;)

Re: Piccatiny rail

Posted: Sat Sep 15, 2012 9:34 pm
by Piet Breedt
Ek het nou al geruime tyd Picattini rails op meeste van my gewere. Die voordeel wat ek in hulle sien is as volg.

Behalwe dat in meeste gevalle jy n 20 MOA elevasie voordeel het vir die langer afstande, is vir my die belangrikste dat ek my scope kan monteer met die ringe so v?r as moontlik van die turrets af, wat n groot voordeel inhou vir veral scopes met "side paralax" verstelling, aangesien die ringe se greep as te styf vasgemaak word, die werking van die lense binne in belemmer, en selfs die scope se werkverrigting heeltemal kan lam l?.

Die ander groot voordeel is dat die ringe presies oplyn en nie skeef opgesit kan word en die scope knyp soos van die ander ringe op die mark. Ek het al van my scopes afgehaal, en weer terug gesit en nodig gehad om slegs 1 of 2 clicks te verstel om hom weer 100% op te lyn.

As die ringe so v?r as moontlik van die middel van die scope af ge monteer word, bied dit ook n baie sterker mount, aangesien daar geweldig baie hefboom aksie op n scope geplaas word as hy val of stamp, veral die groot taktiese scopes van vandag met hul "sunshades" ook nog op.

Daarby ook die voordeel van die aksie wat meer ondersteen word en hom meer rigied maak soos Ludwig genoem het.

Ek sal as ek kan, nie weer n ander stelsel gebruik nie.