Page 1 of 2

Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 13, 2012 1:09 pm
by Kerneels S.
Manne help 'n bietjie hier.
Op watter vergroting moet ek 'n gewone variable scope instel? Wat sal gebeur as ek dan op verskillende vergrotings skiet op verskillende afstande? Ek het iewers gelees dat van die scopes jy moet instel op max vergroting.

"n scope met a parrallax verstelling: Op watter vergroting moet hy ingestel word? Is daar 'n verskil tussen die twee tipes scopes hoe jy hulle moet instel.
Gee raad asb.
Groete

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 13, 2012 1:15 pm
by FCLoretz
Kerneels sover ek weet moet jy dit op jou maks doen.

Maar van die parralaks verstaan ek niks nie. So ek volg graag die een....

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 13, 2012 1:31 pm
by Beyers
FCLoretz wrote: Kerneels sover ek weet moet jy dit op jou maks doen.

Maar van die parralaks verstaan ek niks nie. So ek volg graag die een....
PARRALAKS laat my dink aan die bul in "vir die lagspiere"

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 13, 2012 1:47 pm
by prohunt
Hallo Kerneels,
My manier is maar om op maksimum vergroting in te stel. So die basiese proses is maar om die teleskoop op maksimum vergroting te sit en dan die paralaks te stel totdat die teikenbeeld perfek gefokus is (geen wasigheid).
Groete
Johan

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 13, 2012 4:12 pm
by Beyers
Stem saam

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Wed Sep 19, 2012 1:15 pm
by Tammeraai
FCLoretz

Hier is n gedeelte wat ek op die internet kon kry oor paralax. Hoop dit help. Ek sal die hele artikel op n nuwe draad pos voor ons raas kry hier.

Vrede

Riflescope Parallax
Parallax is hard for most people to understand. One way to help explain it is to picture the following: Most riflescopes in a medium-high variable power range, say 10X or slightly higher, which often don't have external parallax adjustments, are parallax corrected at either 100 or 150 yards. If you take one of these scopes that is set at 100 yards and put it in a vise on high power, with the crosshairs centered on a bullseye on a target at say, 25 yards, and move your head slightly off center to the left and right or up or down, you'll see the crosshairs move off the bullseye, even though the scope has not moved. The scope's "eye" is not focused at the proper distance. This will also happen if the target is set at a much further distance, say 300 yards.

Another way to look at it is like this: Put a small mark from a pencil on a table, and put an inch or so of water in a clear drinking glass. Hold the glass an inch over the mark and move it around slightly in different directions. Looking down into the glass, watch the dot move in directions other than where it should be.

External parallax adjustments, called adjustable objectives, are generally on scopes of more than 10 power, or on scopes that are used at close distances. Parallax adjustments are made at the objective lens with a rotating dial marked in incremental distances. Recently it has become popular to install parallax adjustment dials on the left side of the turret housing, which is much more convenient and user friendly. This will become even more common.

Airgun scopes sometimes have high power of 18 or more, even for 10 meter targets. A bad parallax setting will not only appear out of focus, but will wreak havoc on your group sizes, even though your shooting might be technically perfect.

Just because you get a clear sight picture doesn't mean you are parallax free.

A customer asked me the other day if he could get a clear picture through a 2X handgun scope at the 12 foot distance he shoots his air pistol in his house. I went into our warehouse and checked out several different brands. The answer was yes, a clear picture, but by nodding my head even slightly, the crosshairs moved inches off my target. These scopes would be practically unusable at that distance.

If a person only looked directly through the center of their scopes the same every time, parallax would not be an issue, but only a robot could be that repeatable, not a human.

Remember, adjustable objectives are generally not needed for hunting scopes under 10 or even a bit more power. It's just an unnecessary feature to get in your way, and another thing to think about. Keep it simple. The slightly different points of impact possible in hunting applications make the usefulness of this feature negligible.

Airgun scopes and higher power scopes almost always have adjustable objectives. Rimfire scopes are often set at 60 yards for parallax. Shotgun scopes often at 75 yards. Riflescopes mostly at 100 or 150 yards.

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Wed Sep 19, 2012 6:46 pm
by smitjs
Beyers wrote: Stem saam
Hello Beyers,
Nou hoekom sal ek met enigiets saamstem?
Het ons nie saam ge-oes op Bloupan in die Kalahari nie? Jou Cruiser het oorverhit van grassaad, en jou geweer was nie so goed nie.
Lekker tye! My ou Isuzu het gehou, net kruiskoppelaars vervang van al die sand, sommer net daar oor 'n sloot. Heeltyd Low Range tweede rat deur die sand. Totaal het ons 32 ton wild gelewer.
Nee, ek stem nie saam nie, want op maks vergroting is dit te moeilik om die bewegende teiken op te tel. Op die baan is dit reg, maar in die veld is dit te erg. Parallaks maar volgens die aanduidings, dis goed genoeg, solank jou oog redelik na aan die middel bly.
Groete
Johan Smit

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Wed Sep 19, 2012 9:01 pm
by Beyers
Johan
Nog nooit ontmoet nie.
Lees weer die vraag. Dit gaan nie oor bewegende teikens nie, dit gaan oor scope instel.

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:36 am
by FCLoretz
Tammeraai wrote: FCLoretz

Hier is n gedeelte wat ek op die internet kon kry oor paralax. Hoop dit help. Ek sal die hele artikel op n nuwe draad pos voor ons raas kry hier.
Dankie Tammeraai.

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 20, 2012 10:36 am
by smitjs
Beyers wrote: Johan
Nog nooit ontmoet nie.
Lees weer die vraag. Dit gaan nie oor bewegende teikens nie, dit gaan oor scope instel.
Hello Beyers,
Dit was iemand anders van Graaff Reinet dan. Val my nou by, jy is die man wat die kolwe maak.
Jammer.
Groete
Johan Smit

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:07 am
by Beyers
Johan
Regso

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 20, 2012 11:53 am
by Louis102
Ek stel my teleskoop in op 10 X vergroting, alhoewel my teleskoop tot 24 X kan vergroot.  (10 x vergroting is wat ek uitsluitlik gebruik vir jag)  Onthou, die baie groot vergrotings is baie meer sensitief vir paralaks sowel as mirage (hitte golwe vannaf loop en/of knaldemper sowel as die grond oppervlakte).  Daar is 'n wesentlike kans dat jy swakker met 'n 24 X vergroting sal groepeer, as bv. met 'n 10 of 12 X vergroting - dit is nou op 'n afstand van 100 - 200m waar meeste se teleskope ge-zero word.

Ek dink die aanwending vir werklike groot vergrotings is maar vir "Bench Rest"-applikasies op baie langer afstande as waarop die normale jagter normaalweg skiet.  D.w.s. op sulke lang afstande waar die kruishaar bietjie dik begin raak om fyn te mik op papier teikens.

My opinie, maar ek leer graag, so sal luister wat die experts s?.

Mooiloop
Louis

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 20, 2012 12:20 pm
by jaracal
Teleskoop instellings word op die Max vergroting ingestel. Indien jy op laer vergroting instel bv. 6 X en daar is 'n fout dan is die fout 2 X soveel indien jy die vergroting na 12 x sou draai. Dit laat jou ook toe om meer presies in te stel hoe beter jy voor kan sien en dit is ook baie goed indien jy ladings wil ontwikkel om 'n groter vergroting te gebruik.

Met 'n teleskoop wat parallax het doen ek die volgende:
Ek meet die presiese afstand van 'n kampdraad of telefoon lyn bv. 100m of 200m en stel dan die parallax op die gemerkte afstand 100 of 200m. Dan stel ek die fokus van die teleskoop (agter) vir my oog dat die kruisdraad van die teleskoop en die telefoon draad baie duidelik is (onthou net jou oog kan ook fokus, so double check die kruis teen blou lug, indien jy jou oog wegvat, kyk na iets ve^r bring dan jou oog terug na die teleskoop terwyl jy in die lug kyk en die kruishaar moet dan gefokus wees). Het gevind dit werk vir my maar nie wetenskaplik getoets nie.

Heinrich

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Thu Sep 20, 2012 1:28 pm
by Louis102
Heinrich, ek stem saam, solank jy beter groepeer op die grootste vergroting.  Teoreties behoort jy altyd beter te groepeer op groter vergrotings, maar in die praktyk werk dit nie altyd vir my so nie. (Op 100m groepeer ek beter op 10-12 vergroting, as op 24 vergroting)  Miskien is dit net tussen die ore of dalk doen ek iets verkeerd?  (My fokus en paralaks word op die selfde manier ingestel, as wat jy noem.  Mirage vannaf die silencer begin egter pla op 24 vergroting hier na 3-4 skote)

Mooiloop
Louis

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 11:31 am
by Jean Marais
Dags? manne

Dis 'n interessante onderwerp die, en ek het gou 'n eksperiment  gan doen wat die volgende resultate gelewer het.

Ek het 'n Nikon Monarch 4-16x42 mildot op my geweer. Op die skietbaan het ek die geweer in 'n geweerstut gesit en hom met tiedowns vasgetrek sodat hy nie kon roer nie. Toe het ek die teleskoop opgelyn na die teiken (100m) op die kleinste vergroting, met die kruishaar presies in die middel van die kol. Paralaks was op 100m gestel. Toe begin ek versigtig om die vergroting op te stel na 5, 6, 7... tot by 16. Ek het dieselfde op 200m ook gedoen, net die paralaks verander na 200m

Die kruishaar het nie 'n millimeter afgewyk van die middel van die kol nie, en volgens my logika, behoort dit ook nie, want dit is die middelpunt van jou "line of sight".

Wat wel beslis verander het, was die mikpunte op die mildot.

Ek hoop die inligting kan waardevol wees.

Groetnis

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 11:45 am
by Carl
Hoe was jou groepering Jean ;-) met die vas geweer?

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 11:55 am
by Jean Marais
Hi Carl

Ek het gladnie geskiet nie, daar was nie regtig tyd daarvoor nie. Ek wou net gekyk het of die kruihaar skuif as die vergroting verander. Dit het nie. My aanname is dus dat as die kruishaar nie skuif nie, die POI ook nie sal skuif nie.

Hoop dit antwoord jou vraag.

Jean

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 11:58 am
by jaracal
Jean
Jy is korrek in die sin van as jy die geweer vassit dat dit nie kan beweeg nie, die menslike faktor kom in by klein vergrotings waar jy nie die kruis elke keer op die teiken op presies dieselfde plek plaas nie agv te klein vergroting. As jy op 300m op 5 x vergroting gaan skiet sal jy swakker skiet as op 'n 10 x en 10 x sal ook swakker wees met 'n 24 x ens. MAW 'n maklike toets is maak die geweer vas draai op 4 x vergroting sit dit in die middel van die kol op 200m of 300m en draai dan na 16 en kyk waar die kol op die teiken was. draai weer af na 4 x; maak geweer los, maak geweer vas, sit in die middel van kol en draai weer na 16 x en kyk waar die kol nou is. Daar behoort 'n verskil te wees net agv die feit dat jy op 300m nie die kruishaar presies op dieselfde plek kan plaas soos met bv die 16 x vergroting of selfs groter nie. Hierdie gaan meestens oor die menslike faktor. Teoreties gesproke sal jy van 5 x na 10 x vergroting dubbel die fout maak indien jy op 5 x vergroting instel en 'n halwe duim uit is en dan die scope na 10 x vergroting opdraai.

Groete

Hein

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 12:34 pm
by Jean Marais
Hallo Hein

Ek stem 100% met jou saam. Menslike faktor sal altyd 'n rol speel, en 'n redelike wesenlike een ook daarby. My punt was egter nie om met die eksperiment menslike faktore in ag te neem nie, maar slegs om vas te stel of die mikpunt van die kruihaar verskuif as die vergroting verander. As ek dus vanaf 'n skietbank af skiet, met die geweer behoorlik gestabiliseer, en ek het genoeg tyd om aan te l? op die teiken, en die kruishaar is presies in die middel van die kol, behoort die POI dieselfde te bly, ongeag die vergroting. Ek neem weereens nou nie goed soos wind, mirage ens in ag nie. Dit gaan hier vir my oor die teorie van "line of sight"

Let wel, hierdie was slegs my waarneming, sonder om 'n skoot te skiet. Ek weet in praktyk sal dit anders uitwerk as al die ander rolspelende faktore in ag geneem word.

Groetnis

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 12:42 pm
by LUAN
Jean Marais wrote: Dags? manne

Dis 'n interessante onderwerp die, en ek het gou 'n eksperiment  gan doen wat die volgende resultate gelewer het.

Ek het 'n Nikon Monarch 4-16x42 mildot op my geweer. Op die skietbaan het ek die geweer in 'n geweerstut gesit en hom met tiedowns vasgetrek sodat hy nie kon roer nie. Toe het ek die teleskoop opgelyn na die teiken (100m) op die kleinste vergroting, met die kruishaar presies in die middel van die kol. Paralaks was op 100m gestel. Toe begin ek versigtig om die vergroting op te stel na 5, 6, 7... tot by 16. Ek het dieselfde op 200m ook gedoen, net die paralaks verander na 200m

Die kruishaar het nie 'n millimeter afgewyk van die middel van die kol nie, en volgens my logika, behoort dit ook nie, want dit is die middelpunt van jou "line of sight".

Wat wel beslis verander het, was die mikpunte op die mildot.

Ek hoop die inligting kan waardevol wees.

Groetnis
Net soos dit moet wees

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 1:16 pm
by jaracal
Jean
stem, scopes kan ook nog point of impact skuif agv vergroting, het self so 'n paar gehad.
Groete

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 1:32 pm
by Louis102
Jean Marais wrote: .... Wat wel beslis verander het, was die mikpunte op die mildot ...
Jean, indien jy dus die mildot afmik punte effektief wil gebruik, is dit uiters noodsaaklik om altyd presies op die selfde vergroting te skiet.

Daar is kruishare wat op 'n ander "focal plain" monteer is en waar die milldots nie sal skuif indien jy aan die vergroting verstel nie.  Daardie kruishare raak dikker en dunner soos jy die vergroting op- en af stel.  Ek verkies egter 'n kruishaar soos joune.

Groete
Louis

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 2:59 pm
by SV MAD (Henk)
Dis baie lekker om met  first focal plane te skiet, maak nie saak van jou vergroting nie, mildots bly selfde afstand! Help baie!

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 3:17 pm
by johnny
Dis nou lekker interressant, stel ook my vergroting op sy grootste vir baanskiet , maar as ek jag skiet ek in op 12 vergroting, dis maar net my keuse,

groetnis

Johnny

Re: Op watter vergroting moet ek my scope instel?

Posted: Tue Oct 02, 2012 3:28 pm
by Jean Marais
Louis102 wrote:
Jean Marais wrote: .... Wat wel beslis verander het, was die mikpunte op die mildot ...
Jean, indien jy dus die mildot afmik punte effektief wil gebruik, is dit uiters noodsaaklik om altyd presies op die selfde vergroting te skiet.

Daar is kruishare wat op 'n ander "focal plain" monteer is en waar die milldots nie sal skuif indien jy aan die vergroting verstel nie.  Daardie kruishare raak dikker en dunner soos jy die vergroting op- en af stel.  Ek verkies egter 'n kruishaar soos joune.
Hallo Louis / Henk

Julle het my nou iets geleer wat ek nie geweet het nie. Ek het so 'n scope by die huis, 'n Pecar Berlin 4-10x50. Gaan hom bietjie later op die proef stel oor wat jy hierbo s?.

Op my Nikon Monarch, werk hy soos volg met my geweer - 12x vergroting 1ste mildot klap ek die ghonge hou vir hou op 200m.

Op 9x vergroting, 1stemildot, klap ek die ghonge op 300m hou vir hou. Dir groot geheim is egter om die wapen presies regop te hou, anders skiet jy OF links, OF regs, afhangende watter kant toe die geweer kantel. Die fout word natuurlik al groter as jy op die 2de en 3de mildots begin skiet en jy nie die geweer presies regop hou nie.

Dankie vir die inligting oor die scopes met 'n "1st focal plane". Dis baie interessant.

Groete