Page 1 of 1
wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 10:56 am
by SV MAD (Henk)
Ek sien daar is n paar make wat 'n 34mm buis uitbring, wat vergrotings het van 2x12x32 tot selfs 3x12x50.
Wat is die voordele van die ekstra 4mm en na watse pryse kyk mens dan ongeveer. Waarvoor sal mens dan so 'n scope met 34mm buis ook aanwend (is dit beter vir nagskiet ens)?
Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 11:01 am
by Geno
Henk,
Groter buis = Meer clicks, en dis meer rigied.
Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 11:09 am
by Marc
Stem, grootste voordeel is meer clicksÂ

Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 11:17 am
by SV MAD (Henk)
Dankie manne, net gewonder toe ek dit raakgelees het.
Groete
Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 11:26 am
by Koos Barnard
Dags?
Jy kry ook maar net meer clicks met die 30 en 34 scopes as die vervaardiger die regte erector tube insit. By teleskope met allerlei gadgets (liggies en verligte kruishare) pas hulle soveel goed in die buis dat daar nie plek is vir baie verstelling nie. Die groter buis dra in 'n baie klein mate by tot meer lig inlaat (met die klem op baie klein). Die voordeel sien jy net by die beter tipe teleskope waar die afwerking aan die binnekant van die buis goed is. Is dit te glad, reflekteer dit lig, en te grof absorbeer dit weer lig.
Sommer net vir interessantheid:
Het gister met twee Swarovski's gespeel: 3-18x50 en 2.5-15 x56. Met my o? wat nie meer so helder kyk nie, sukkel ek deesdae om die verskil tussen die 50 en 56 te sien.
Mooi loop
Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:42 pm
by Marc
+1 Oom Koos

Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:49 pm
by FCLoretz
Middag Henk,
Die grootste faktor wat bydrae tot die hoeveelheid lig wat deur gelaat word in 'n teleskoop, verkyker ens. is jou "Front Objective" maw die voorste lens. Ek is nie seker oor die grooter buis wat meer lig toe laat nie, maar voel nie dat dit waar is nie.
Re: wat is voordele van 34mm buis teenoor 30mm buis in scopes?
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:57 pm
by SV MAD (Henk)
So lig is nie die issue nie, maar is sterker en meer clicks.
Dankie manne vir die insig