Page 1 of 1

Algemeen

Posted: Thu Sep 13, 2012 8:47 am
by BLOK
Luddie

Dink hier kort n algemeen topic onder LR, sommer waar ons lekker net bydraes kan gooi en gesels. Hier is dan sommer n interresante artikel vir die manne wat daaraan dink om verder te skiet.

http://www.accurateshooter.com/competit ... est-guide/

Re: Algemeen

Posted: Thu Sep 13, 2012 9:26 am
by FHM
Dankie Blok - goeie idee ;)

Ludwig,
Net iets wat ek oor wonder, van watter afstand af word dit algemeen beskou as 'langafstand jag?
Verder as 400m, of 500 m?

Re: Algemeen

Posted: Thu Sep 13, 2012 12:32 pm
by James Wilson
FHM, ek dink as jy vir 10 manne vra gaan jy 10 antwoorde kry.

Blok, daai artikel van jou se eerste foto is n baan om te begeer, dink net hoeveel winderige dae kan jy daar skiet met aanvaarbare wind teenoor ons bane wat oop is

Re: Algemeen

Posted: Thu Sep 13, 2012 12:58 pm
by LUAN
Net n vragie oor die BR ouens. Is dit die tipe skiet waar die geweer als doen en die skut net die weer toestande moet dophou? Die skut sit mos nie agter die geweer nie hy gooi net rondtes in en skiet. So dit gaan eintlik net oor die beste equipment  en skiet op die regte tyd?