Page 1 of 1

Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 11:46 am
by Hugo
My pa sit op veiling in Rustenburg, die vlaktewild se pryse is deur die dak.

Nou net 2 rooibok ramme verkoop vir R2600 stuk asook kudus vir R3700 stuk en hul is jaarlinge.

Die bedryf knou die boere om nuwe bloed in te kry, dis n moerse gesukkel want geen wildvanger bel jou terug nie, ek gee nie om wie die vanger is nie, ek lek al gat van einde julie af vir wild en die manne kom net nie terug na mens toe nie,

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 12:02 pm
by Vincehond
Hugo watse wild soek jy en watse hoeveelhede?

Ek kan jou dalk help.

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 12:10 pm
by matewis
Met die klomp nulle wat almal in die pers lees is R2,600 mos niks vir 'n rooibok nie?

Kort voor lank en ons biltong kos soveel.

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 12:18 pm
by Hugo
Vincehond wrote: Hugo watse wild soek jy en watse hoeveelhede?

Ek kan jou dalk help.
Ons siek kudus en rooibokke, maar die pryse is simpel verby.

Eks is noordwes en klink my hulle teef kwaaai die tyd om n invoer permit te teken.

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 12:34 pm
by RUPERT
Maar is die prys so hoog want dit is die nuwe mark prys of is dit die prys vir n goeie bloedlyn teel ram?

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 12:40 pm
by G-force
My Pa en Swaar is ook daar.

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 1:44 pm
by Vincehond
Hugo ons begin hopenlik die week wat kom vang in Brits Noordwes.
Koedoes, rooibokke, blesbokke, bwb,rooihartbeeste en dalk paar gemsbokke.

Sodra ek die finale pryse het laat ek jou weet maar belowe jou dit sal nie pryse soos op die veling wees nie.

Groete Vincent

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 12, 2012 1:54 pm
by Hugo
RUPERT wrote: Maar is die prys so hoog want dit is die nuwe mark prys of is dit die prys vir n goeie bloedlyn teel ram?
Klink my almal het gegan vir daai prys aan een koper.

Ons het kudus gekry teen R3400 stuk en blesbok ramme teen R975 vir jaarlinge en R2k vir trofee ramme,


Vincehond,

Stuur maar daai pryse vir die rooibokke asb man. Sodat ek kan somme maak,

Re: Wildpryse op veiling.

Posted: Wed Sep 26, 2012 3:50 pm
by Hugo
Vincehond wrote: Hugo ons begin hopenlik die week wat kom vang in Brits Noordwes.
Koedoes, rooibokke, blesbokke, bwb,rooihartbeeste en dalk paar gemsbokke.

Sodra ek die finale pryse het laat ek jou weet maar belowe jou dit sal nie pryse soos op die veling wees nie.

Groete Vincent
En so wag ek maar geduldig.