Page 1 of 2
Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 3:09 pm
by Erni
Middag manne
Ek bly in die Colesberg distrik ( Hantam ) en hier gebeur nou iets wat ons nie ken nie. Die afgelope 3 weke het bosvarke ons diere begin vang. Twee lammers, 'n klaf wat in modder vasgesit het en 'n springbok wat gekwes ia deur jagters. Daar is nou al 4 van die gemors goed doodgemaak met honde binne 'n 10km radius van ons af. Watse raad het julle om hulle te "verwyder" (want ek mag nie s? opf.. nie). Ek sal enige hulp waardeer .
Groete
Erni
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 3:13 pm
by DWB
Begin hulle jag en geniet dit, want verwyder gaan jy hulle nie!!!
PS: Is dit waar dat die vlakvarke daar sulke monsteragtige tande groei?
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 3:47 pm
by Wielie Waps
Erni
Ons het al een in die Bethulie distrik gekry.
Hoe ver is jy van Andre Haarhoff af?
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 4:18 pm
by MEERKAT
Probeer hulle so vinnig as moontlik doodmaak, hulle vang baie meer lammers as wat jakkals ooit kan vang en grt skaap ook. Hulle eet manier is dieselfde as rooikat en is baie moeilik om die verskil tussen die twee te eien, is maar basies een verskil. Drie bosvarke het op 3 plase amper 200 lammers gevang en almal het die rooikatte gesoek. Laas week op aangrensende plaas weer vars spoor gekry en dieselfde dag grt merinoram en grt hammel gekry wat gevang is. Hulle beweeg nooit alleen rond altyd in pare. Die vark kenners se dat indien daar 'n vermoede is varke doen die rondte gooi 2 of 3 bobbejane op plek waar vermoed word hulle rondloop en met eerste nag kom hulle vreet.
Die varkprobleem gaan ons bekruip soos die jakkalse gedoen het met baie groter verliese.
Groetnis
MEERKAT
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 4:57 pm
by Geno
Een van die voltydse jagters het verlede week 'n bosvark naby Richmond geskiet.
Manne, julle 1-11-1 is gebook! Roer die modderbokke!
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 5:28 pm
by vlakvark1
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 5:39 pm
by Erni
Dankie vir die trugvoer, ek dink jy is reg Geno ons 11-1-11 is geboek! So ons gaan daai varke lood voer in 'n v-max vorm. Wat is die beste manier om hulle te skiet ? Ek lei af dis om 'n voerplek te maak met een of ander vrot of dooie dier en hulle dan voor te sit? Watter kaliber beveel julle aan?
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:02 pm
by Gerhard
Die beste kaliber???
Die een wat jy in jou hande het om te skiet.
Jy ry hulle baie raak in die nag met die skiet lig.
Wonder hoeveel manne het hulle so geskiet hier op die forum die jaar...
Ek het 5 so geskiet.
Die bosvark is nogal n harde ding so maak seker jy skiet hom mooi dood...

Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:31 pm
by Erni
Kopskote al die pad! Die .22-250 met 55 v-max of .243 met 95gr sst sal hulle uitsort.
Gerhard
Sommer met die wit lig of rooi?
Wielie Waps
Soos die kraai vlieg so +/- 20km
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:46 pm
by johann
Ek stem saam! Roei die boggers terwyl besig is om in te dring!!! Die bosvarke is nog nie soo ver tot by ons nie, maar die vlakvarke is vrek erg! Dit 'n lekker prettige storie om hul soo te skiet. Gebruik die witlig, sal hul maklik optel.
Groete Johann
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 6:59 pm
by BLOK
Klink my hier is n paar manne wat die hulp van die chopper moet inroep. Is seker een van die mooiste valle as daai vark so op spoed is en die hael kap hom hier van agter. Kompleet asof hy landing gear uitsteek voete en bene terugstoot en neus eerste in die grond ploeg.
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:44 pm
by tokjak
afgelope tyd hier in aberdeen ook
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 7:53 pm
by johann
Blok, die manne het al kwai die vlakvarke met die chopper daar gelooi! Hele paar monsters uitgedop.
Groete Johann
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 11, 2012 11:05 pm
by Geno
Sorry,
Bier maak my disleksies...

Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Wed Sep 12, 2012 2:54 pm
by Ponkie
Dag Manne
Laasmaand die eerste bosvark by ons ook geskiet. 40km Buite Willowmore, 20km voor Rietbron, terrein is plat vlak met karoobossies. Vark was in Kraairivier gewees.
Hoop nie ons kry meer gereeld van hulle nie. Selfs 'n Bobbejaan mannetjie op Trailcam afgeneem en week later het hy darem die ewige slaap gekry. Ons het 80% plat karooveld met so klein stukkie wat bergveld is, dis waar die bobbejaan was.
Groetnis
Ponkie
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Thu Sep 13, 2012 12:05 pm
by Bosvarkie
Tokjak
Ons het die naweek ses in aberdeen geskiet met die honde.
Nou die dag toe ons die honde op die varke se spore lat los het ons 5 skape op die spote gekry wat die varke dood geslaan het.
Dit was in klipplaat gewees. Hulle maak groot skade
Die maklikste en vinnigste manner is met die honde.Skiet die hele probleem in een dag uit .
Groete
Bosvarkie
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Sun Sep 16, 2012 12:55 pm
by Eardley
Bosvarke is eintlik baie maklik om met n aas in te kry(veral as hulle so honger is dat hulle vee moet vang en eet)
Verstaan net hulle bewegings en roetes sodat hulle nie die skieter se stelling bewus raak nie.Skiet hulle in dan in die maanlig in n klein vlak.Geen probleme dan met honde wat in ander groneienaars se veldt in gaan nie.As die skuldige varke verwyder is(gewoonlik n groot beer en sog) verminder die vee verliese onmiddelik.
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Sun Sep 16, 2012 4:04 pm
by Bosvarkie
HI
Eardlay die probleem met voerplek as jy die eerste een geskiet het is jy miskien gelukkig om twede daar te skiet
Sodra daar roer klap al het hy KD op kom hulle nie sommer weer terug nie. Behalwe as jy hulle met boog skiet
Onthou ek skiet nie van gister die otters nie.Ek het al ver oor 'n honder plat getrek.OP voerplekker,honde en met die boog.
Groete
Riaan
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Mon Sep 17, 2012 9:39 am
by Eardley
Jy's reg Riaan,n bosvark is een ven die slimste wildsoorte wat ons jag,maar min dinge raak so honger soos n bosvark.
Met my digitale verkennings kameras het ek waargennem dat die dieselfe varke wel terugkeer voerplek toe as ons een van hulle geskiet het, veral as ons knaldempers gebruik in sterk wind.Maar hulle raak wel bang vir ligte, dis hoekom ek van maanlig of nagsig hou.
Hulle kom soek ook graag vir Foxpro.
Sterkte
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Mon Sep 17, 2012 10:00 am
by Rasmus
Ek skiet nou al vir meer as n jaar op dieselfde voerplek.
Ons het al meer as 1 vark geskiet op dieselfde aand ook! So ook n paar varke in die week van volmaan op dieselfde voerplek.
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Mon Sep 17, 2012 3:53 pm
by Louis Kriel
Hoe het die oom gese: "Manne die ou wat 'n vark doodskiet op my plaas, jag nooi weer hier nie! Jy moet hom kwes...hy moet suffer!"
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Tue Sep 18, 2012 11:18 am
by Bosvarkie
Hi
Rasmus julle is baie gelukkig om so voerplek te he.Pas hom mooi op.
Maar jy moet onthoe hier in die Oos Kaap word die varke elke naweek hard gem$@r teen die kus.
Hoekom dink julle kom hulle nou in die karoo voor waar hulle nooit voorheen voor gekom het nie.
Die ander probleem is ja jy sal hulle almal uit geskiet kry oor jaar of as jy gelukkig is oor maand. Maar hoeveel lammers het jy in week of twee verloor
Op een plaas waar ons 4 geskeit het hulle 25 lammers verloor in 'n week.
So as julle 'n vark of twee op voerplek wil skiet omdat julle nog nooit so iets gesien het nie of geskiet het nie. Skiet hulle
Maar as jy 'n probleem wil beheer kry die manne met die honde of 'n copper om gou van die probleem ontslae te raak.
Nog ding om in gedagte te hou op voerplek eet hulle gou alle maaiers op en gaan soek nog kos want dit sal nooit genoeg wees vir 4 tot 8 varke nie.
Hulle eet sommer gou vir jou 20kg mielies op.
Sterkte
Bosvarkie
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Wed Sep 19, 2012 9:28 am
by Dweetster
Ek dag die Kapenaars eet nie mielies nie.

Hoe meer druk jy op die diere sit soos om op hulle te skiet hoe vinniger teel hulle aan.
Sterkte julle het 'n probleem.
Jy sal hulle kan beheer maar nooit uitroei nie.
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Wed Sep 19, 2012 7:21 pm
by Bosvarkie
Hi
Baie waar wat jy daar se.
Re: Karoo bosvarke?!
Posted: Thu Sep 20, 2012 10:37 am
by Louis Kriel
Dweetster wrote:
Ek dag die Kapenaars eet nie mielies nie.

Hoe meer druk jy op die diere sit soos om op hulle te skiet hoe vinniger teel hulle aan.
Sterkte julle het 'n probleem.
Jy sal hulle kan beheer maar nooit uitroei nie.
Die ouens sam met wie ek elke week gaan feral varke skiet hier by Riebeek Kasteel is juis bekommerd dat die varkies amper uitgejag is! Hulle praat al reeds van weer 'n varkie of twee loslaat sodat hulle meer kan word!!