Page 1 of 1
"Nasionale Blom"
Posted: Thu Jan 29, 2009 8:47 am
by tafjak
Ek weet nie of dit orals die geval is nie, maar in die Ooskaap is checkersakke ons Nasionale blom.
Wat doen ons sogenaamde Natuurbewaring? Langs hoofpaaie le die goed gesaai, maar daarvan sal CN niks se nie. My voorstel is dat ons met elke moontlike geleentheid Natuurbewaring daarop laat let. Ek sien op baie plekke nie meer vullisdromme/houers by die stilhouplekke op ons paaie nie, en dit is juis op daardie plekke waar die rommel gestrooi le. Hulle verwyder ook nie meer vullis by sulke plekke nie. Gebruik seker die fondse om vir mense soos Mnr. B Smuts 'n vetterige salarisverhoging elke jaar te gee, ek hoop nie dit is so nie anders is hy en sy makkers die oorsaak van die gemors.
Wat se julle?
Taffie
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Sat Jan 31, 2009 12:57 pm
by johan
Taffie
Jammer jong,dit is DOKTOR nie mnr nie.
Soos oom Hein se "party weet meer en party weet MINDER"
Nie dat ek iets weet nie.
Wat ek wel weet is dat n dooie jakkals my klompie vee UITLOS.
johan...QBE
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Sat Jan 31, 2009 5:30 pm
by tafjak
Johan
Jong al wat ek van Doktors af weet is dat nogal net die geleerdes en ingeligtes op die aanspreekvorm kan aanspraak maak.
Laat weet of ek die kat aan die gat beet het.
Hennerikie het darem die koeeltjies vir 'n baie goeie bedraggie aangestuur. V-maxe is uit voorraad orals.
Groetnis
Taffie
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Sat Jan 31, 2009 10:10 pm
by johan
Taffie
Nee nee,jy het jouwaarlik die kat aan die keel beet

Wat kos die klompie jakkals daarts jou toe?
Hoop Hennerik het jou nog erken,dis darem n skaars duusman daai !
johan...QBE
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Mon Mar 16, 2009 2:19 pm
by JACQUES BOTHA
JOHAN HET BESKEIE STIL GEWORD IS DIT LAMTYD BY HOM OF WIL HY NIE MEER MET ONS GESELS NIE...
DALK BEGIN HY AL SY OESBOKKE TEL EN AS APRIL SLAAN LAT HY NET KAN AFLAAI..
JY AL INDIKASIE GEKRY WAT DIE PRYSE DIE JAAR GAAN DOEN,
DALK IS JY BESIG MET DIE AFNEK VAN DAAI 7MM DOPPE OF SO IETS..
GROETNIS
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Tue Mar 17, 2009 12:31 pm
by CHRIS
Gehoor iemand het laasjaar in Hanover 'n draggie hout geruil vir elke swartsak vol "nationale blomme", het blykbaar goed gewerk, want daar was dit redelik baie en blykbaar gou gou was dit mooi skoon.Hout is net nie so volop om dit oral tedoen nie. Ek het toe ek by slagpale werksaam was probeer om met die pens inhoud in 'n steen vorm te druk om so goedkoop brandding te maak ,maar die goed wou nie stewig bly as dit eers droog is nie, dalk het iemand 'n plan want by slagpales is dit redelik volop. (taffie jy skiet op my stoep bel dat ek kan kom leer by jou asb.)Chris
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Tue Mar 17, 2009 5:44 pm
by tafjak
Chris
Ek jag more by Frans Botha. Die weer lyk nie goed vir vanaand nie. Laat ons more teen so 14h00 reelings tref vir die jag.
Taffie
Re: "Nasionale Blom"
Posted: Mon Mar 30, 2009 8:53 pm
by Christo
Hier by ons vleg/hiekel 'n paar vrouens die blomme in matte in en dit is nogal 'n lekker mat vir die strand -sien juis Raynie word se?n toegewens met die strand toe ganery. Kty 'n nasblommat en bewaar die ongewing.
Christo
Op 'n beach kry jy my nie.