Page 1 of 2

Teiken by kamera

Posted: Mon Sep 10, 2012 2:54 pm
by Ruhan
Wie van julle gebruik kameras by die teiken vir ladingontwikkeling of selfs skietoefening? Afstande van 100 en 200m is maklik genoeg om deur die scope te sien maar as jy na .243 koe?lgate op 300m begin soek dan raak dit bitter moeilik.

Ek het op Google gaan soek maar ek kry niks in Suid Afrika oor die onderwerp nie.

Wat jy basies nodig het is 'n kamera, video transmitter, video receiver en dan iets om na die video te ky by die skietbank.
Ek het 'n digitale video kamera met video out en 'n ipad. Wat ek nog kort is 'n wireless video transmitter en receiver wat op battery werk.

Is daar iemand op die forum wat kennis het oor hierdie tipe tegnologie en wat sal hierdie tipe toerusting kos?

Re: Teiken by kamera

Posted: Mon Sep 10, 2012 3:14 pm
by Carl
Nokia of iemad het so sekuriteits oplossing gehad, so jy kon koekeloer wat doen die inbrekers, kinders of "skelms" as jy nie tuis is nie.
As jy 3G sein het kan jy dalk 2 selfone en video call gebruik. Ek dink nie WiFi sal 300m werk. Maar ek dink 'n sterk spotting scope gaan goedkoper wees.

Re: Teiken by kamera

Posted: Mon Sep 10, 2012 3:32 pm
by Vlakvark
Ek het al maar ons het 300m Twin flex uit gerol. Nie lekker om dit weer op te rol nie maar dit het gewerk. As dit 'n privaat baan is kan jy die draad altyd daar los.
As jy belang stel kan ek vir jou foto's plaas van wat ek gebruik het

Re: Teiken by kamera

Posted: Mon Sep 10, 2012 3:41 pm
by Ruhan
Carl - Ek het al die Spotting scope roete probeer. Dit was nie vir my so effektief nie, dus kyk ek na ander moontlikhede.

Vlakvark -  Dit sal gaaf wees as jy fotos kan post. Ek gebruik ongelukkig publieke bane so ek sal dit elke keer moet oprol, wat beslis 'n neukery sal wees.

Re: Teiken by kamera

Posted: Mon Sep 10, 2012 3:49 pm
by LUAN
Ons klub het n 4 gun shoot gehad en by die 380m gong was n kamera opgesit wat gekonekteer was na die ou se rekenaar weet nie hoe dit gewerk het nie. Ons kon op super slomo sien hoe die gong "flex" van die koeel impak en verstaan nou hoekom die welding partykeer afbreek.

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 11:22 am
by Vlakvark
Ruhan

Hier is hoe ek met die kamera by die teiken gewerk het.Die wit boksie is ek nie seker oor nie maar ek dink hy het saam met die kamera gekom met sy krag bron
So eerste het jy die kammera met die 300m twin flex draad tot by die wit boksie.
Die wit boksie het 'n power suply en 'n draad na 'n audio grabber dis die lang swart stafie wat dan weer aan jou laptop koppel met 'n USB port

Die audio grabber is 'n Digiteck USB video and audio grabber.Jy kan ook videos met hom oorsit na DVD
[img width=560 height=420]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... 183516.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... 183536.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... 183555.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... 183620.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... 183823.jpg[/img]

Die maklikste manier is egter om net met 'n groter kaliber te skiet. As jy die .223 kan sien op 100m behoort jy die 7mm op 200m te sien en die .375 op 300m  ;D ;D ;D ;D

Hoop dit help

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 11:47 am
by Ruhan
Ek gaan met tyd meer 375 patrone uitskiet om die geld vir so stelsel te justify  :laugh: :laugh:

Dis omtrent 'n setup daai! Die enigste ding wat daai stelsel moeilik maak is daai 300m flex draad...
Ek het met 'n kollega gepraat en hy sal kyk watter alternatiewe opsies daar is.

Dankie vir daai fotos!

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 12:01 pm
by Stefan764
Teen die tyd wat jy trugkom na die stap na die 300m teiken toe behoort jou loop mooi af te gekoel het vir die volgende 3x skote  ;D

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 12:04 pm
by Vlakvark
Dis so maar 'n man raak moeg ;D ;D ;D ;D

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 1:24 pm
by Carl
Baie in die army na die 1000m merk toe gehardloop, maar dit was weg van die teiken af.

Ruhan as jy 'n SLR kamera het met 'n redelike lens kan jy dit deur 'n laptop speel en dan tot 10X in zoom (op 200mm lens sal dit nogal goeie vergroting wees).

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 1:29 pm
by Ruhan
Carl wrote: Baie in die army na die 1000m merk toe gehardloop, maar dit was weg van die teiken af.

Ruhan as jy 'n SLR kamera het met 'n redelike lens kan jy dit deur 'n laptop speel en dan tot 10X in zoom (op 200mm lens sal dit nogal goeie vergroting wees).
My hd video kamera het 'n 22x zoom. Dit kan ook werk. Sal toets voor ek verder soek.

Hierdie is 'n company in Amerika wat hierdie sisteem verkoop. http://www.target-cam.com/

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 1:56 pm
by Carl
Klink soos die wiel vir Sannie, as jy dit deur die laptop speel.

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 2:03 pm
by Ruhan
Ek kan maar eerder vir my 'n fiets gaan koop by makro vir R500.  :laugh:

Dankie vir die terugvoer manne. Ek hou julle op hoogte as ek iets kry wat werk.

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 2:29 pm
by the kid

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 3:38 pm
by Ruhan

Dit kan beslis werk! Ek wonder of 'n hekmotor se battery sal werk as kragbron.

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 4:02 pm
by Ruhan
Ludwig wrote: Ek is reeds besig om te kyk of ek iets kan saamstel wat met WiFi tot en met 2000m sal stream na enige WiFI device soos 'n iPhone, iPad, Laptop etc. Ek het ook so gadget nodig en ken iemand in electronics wat dalk ietsie kan saamstel. Watch this space  :)
Ek wag in spanning om te sien wat jy aanmekaar sit.

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 4:29 pm
by Lourens
Ludwig,

Baie interesant waroor julle hier gesels. Ek sal defnitief self na so iets kyk as die verskiet gogga my byt. Gaan loer gerus by www.vcam.co.za hulle hou allerhande kameras en wireless transmitters en recievers en dinge aan. Wat ek van daai goed weet is gevaarlik maar ek reken mens kan van die nodige toerusting daar in die hande kry.

Groete,
Lourens

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 8:16 pm
by the kid
Hi Ludwig, ek is maar dom met die goed, het net 'n Google search gedoen, maar ek het gedink met hierdie http://www.bidorbuy.co.za/item/73605944/24V_to_12V_conversion_for_car_camera.htmlkan dit sommer aan 'n kar battery gekoppel word,

en dan met een van die aan jou laptop by die skiet bank.

http://www.bidorbuy.co.za/item/75403018/4_Channel_USB_DVR_surveillance_unit_NEW_BULK_PRICES_AVAILABLE.html

ek het nie geweet van PAL en so aan nie.  :(

Re: Teiken by kamera

Posted: Tue Sep 11, 2012 8:48 pm
by Jaktrap
Ek het op n stadium n audio /video transmitter receiver gekoop wat op 12volt werk.
Ek het hom al tot so 600m getoets en as ek reg onthou was hy so R1500.
Ek het n gewone serveilance kamera gekoppel aan transmitter en dan gestuur na receiver toe wat ek op
Laptop gekoppel het.Ek het dit nog nie op skietbaan gebruik nie, maar is seker dit behoort goed te werk.

Jaktrap

Re: Teiken by kamera

Posted: Fri Sep 14, 2012 9:30 am
by Ruhan
Ludwig, ek weet nie of jy al iets bymekaar gesit het nie maar ek het met 'n vriend van my gesels wat sy brood en botter verdien uit sekuriteit en surveilance.
Wat hy voorstel is die transmitter en receiver roete te gaan want dan is jy nie afhanklik van goeie 3G sein om die skietbaan of waarookal jy wil skiet nie.
- 2.4 GHZ 8 CH 500MW Long Distance Over 1.2KM AV Transmitter with Receiver with 5 dBi Antenna
- 7" Color LCD Monitor and TV Remote Car charger or DC power
- 2x Lead Acid batteries (12v 7ah)
Totale koste R3300

Ek gaan my huidige video kamera gebruik so hoef darem nie dit ook aan te skaf nie.

Gaan volgende week toetse doen met die toerusting en sal terugvoer en fotos hier post.

Lekker naweek.

Re: Teiken by kamera

Posted: Fri Sep 14, 2012 11:07 am
by Yogi
Hier is link na wireless transmitter:  http://www.electromannsa.co.za/shop/?q=node/935

Praat van1.5km  vir sleg R1300 Plug net 'n kamera in die een kant en skerm/rekenaar op die ander kant.  Sal seker van 12V battery af kan loop anders kan mens net 'n powersupply aanmekaar slaan.  Dit kan dalk 'n goeie opsie wees.

Re: Teiken by kamera

Posted: Fri Sep 14, 2012 11:19 am
by Eugene
Ek hou hierdie topic nogal met belangstelling dop!

Gaan iemand dit bietjie toets en vir ons terugvoer kan gee? Ek sal self in so iets belangstel!

Groete

Re: Teiken by kamera

Posted: Fri Sep 14, 2012 11:25 am
by Eugene
Ludwig, dit lyk interessant, maar wat het jy nog nodig, bo en behalwe die "black box" en wat gaan die koste in Rand wees?

Re: Teiken by kamera

Posted: Fri Sep 14, 2012 12:17 pm
by Yogi
Wat sou die belangstelling van die lede wees as mens so 'n stelsel ontwikkel.
Daar is twee opsies: Die RF wireless stelsel met eie skerm of dan 'n 3G stelsel wat direk na jou IPAD toe gaan. Daar is ongelukkig kostes verbonde aan laasgenoemde opsie om dit te bedryf, maar jy kan daqn ook weer enige plek in die w?reld die skiet dophou.

Re: Teiken by kamera

Posted: Fri Sep 14, 2012 2:02 pm
by Fanie
Dit mag ook moontlik wees om die informasie met 'n laser terug te stuur.