Page 1 of 1

Dimmer wat skree

Posted: Fri May 21, 2010 12:10 pm
by Kruger
My eerste dimmer (SEKER 10 JAAR TERUG) was so groot soos 'n motorfiets battery, maar ek kan nie onthou dat hy enigsins geraas het nie. Sedertdien skiet ek met een van Tewis se dimmers en hy het nog altyd goed gewerk, maar wel somtyds bietjie geskree. Na baie jare se diens het hy opgepak en ek het hom vervang met 'n nuwer Tewis wat ek so 2 jaar gelede gekoop het as backup.
Ek moet bys? ek het terselfdertyd die 75w gloeilampie op my lig vervang met 'n 100w en nou roep die dimmer amper so hard soos die foxpro. Het gloeilamp sterkte 'n invloed of wat veroorsaak die geraas en hoe kan dit bekamp word?

Groete
KL

Re: Dimmer wat skree

Posted: Fri May 21, 2010 12:14 pm
by Hunter xxx
Kruger

Jong ek wou se gooi oil maar dit is nie dit nie.
Hunter

Re: Dimmer wat skree

Posted: Fri May 21, 2010 2:43 pm
by Francois Marais
Kruger

Hulle raas ma almal so, ek vind dit ook soms steurend, ma het al met baie manne gesels, jy kan dit sagter kry as jou ndrade en laste en sulke goed alles perfek is, ma NOOIT heel stil nie.

As die vog in die lug hoer is skree nog lekkerder.

My 2c............

Mooi loop
Francois

PS Sorry wou ook nog byse, jou sterker gloeilampie gaan hom ook meer laat raas.

Re: Dimmer wat skree

Posted: Fri May 21, 2010 4:06 pm
by namhunt
Kruger

Die 100W gloeilamp trek meer stroom (amps) so die dimmer behoort meer te skree.
Ek het gedink om myne binne 'n hout boksie te mount op die stoel.

Groete
Daan

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 9:13 am
by Dawie
Kruger

lees die link,  hierdie outjie is die stilste wat ek nog mee te doen gehad het.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?p=13650#p13650

Kojak

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 9:59 am
by Francois Marais
Dawie

Henk het vi my ses gestuur, het nog nie van hulle gebruik nie, so kan noggie terugvoer gee nie.

Mooi loop
Francois

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 10:45 am
by katjak
Manne. Ek gebruik n nightforce dimmer al vir 7 jaar. `-In die begin het hy ook geraas tot ek al sy drade in en uit met dik drade vervang het en sommer al die kontak punte gesoldeer het. nou is hy doodstil al die kante toe. Probeer dit gerus. Hoop dit kan vir julle ook werk. Japie

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 11:12 am
by Caller
Japie

Nou dat jy dit noem. Ek gebruik nog al die pad een van Tewis se eerste dimmers, en nadat ek my drade dikker gemaak her (1.5 mm-12 volt DC cable), is hy nou beduidend stiller. Hoor hom net as die dimmer kwaai laag gedraai is (so onderste kwart van die verstelling).

Het vir Tewis self gevra oor die ge-zoei. Hy se jou laste moet verkieslik gesoldeer wees, om die geraas uit te skakel. My laste is gesoldeer, maar die ge-zoei is maar nog daar, alhoewel aansienlik minder.


Caller

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 11:17 am
by WOLF
MORE MANNE

HET EEN VAN HENK SE DIMMERS GEKRY EN DIS N PLESIER,GEEN GE-ZOEI.
OOK DIE EEN GEVAT WAT NIE DIE SKAKELAAR HET NIE EN HY WERK SOOS N BOM AL IS DIE DIMMER HEEL TOEGEDRAAI OF HALFPAD IS DAAR GEEN GERAAS NIE.

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 11:22 am
by katjak
Caller. As my dimmer wel raas hoor ek dit nie. Het so n permanente gesuis in my ore. Ek sal vir Britsman moet vra om met sy fountjie te kom luister.Dalk hoor hy iets. ;) Japie

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 1:40 pm
by Francois Marais
Oom Japie

Watse dimmer gebruik jy??? Almal wat ek nog meet te doene gehad het fluit. Soos ek se, het dimmers van Henk, ook sonder switch, ma het nog nie met hulle geroei nie, hou egter van die fuse wat hy insit.

Toe ek met hom, Henk, gepraat het, het hy verduidelik dat hy BAIE moeite gedoen het om die fluit stiller te kry, maar as ek hom reg verstaan is dit nie moontlik om enige dimmer 100% stil te kry nie.

Moet ook byse dat ek nie reken ek enige jakkals NIE geskiet het agv n dimmer se fluit nie.

Mooi loop
Francois

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 4:44 pm
by katjak
Francois. Ek gebruik n nightforce dimmer. Ek is ook net 2 jaar ouer as jy. Geen oom asb. Japie

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sat May 22, 2010 8:28 pm
by Christo
WOLF wrote: MORE MANNE

HET EEN VAN HENK SE DIMMERS GEKRY EN DIS N PLESIER,GEEN GE-ZOEI.
OOK DIE EEN GEVAT WAT NIE DIE SKAKELAAR HET NIE EN HY WERK SOOS N BOM AL IS DIE DIMMER HEEL TOEGEDRAAI OF HALFPAD IS DAAR GEEN GERAAS NIE.
Weet nie hoekom wonder ouens nog, KOOP DIE EEN, HY WERK.

Re: Dimmer wat skree

Posted: Sun May 23, 2010 12:08 am
by Francois Marais
Japie

Thanks, het ge-notice, sorry nie tyd gevat om te gaan kyk.

Sal bietjie laat weet as ek met die Henk dimmer gewerk het, klink dan nu vi my na die wenner.

mooi loop
Francois

Re: Dimmer wat skree

Posted: Mon May 24, 2010 2:05 pm
by Freddie101
Allen Truter het ook vir my gese hoe minder krag jy verloor hoe beter t. o. v. die geluid. n Ander ding. Gaan luister mooi. Dit is nie die dimmer wat raas nie . Dit is die lig. Ek dink dit is die gloeidraad wat vibreer.
Groete Freddie

Re: Dimmer wat skree

Posted: Fri Jun 25, 2010 4:51 pm
by 300 Holland
Die beste wat  julle kan doen is om die drade sterk te maak.Vervang die drade met 1.5 tot 2.5 mm
silicon draad wat genickle plate is ,die wat in stowe gebruik word of die drade wat gegold plate is vir speakers.Die drade se stroom dra vermoe moet goed wees, dit wil se so min as moontlik weerstand.

Vanaf die batery tot by die lig ,Soldeer alle laste en maak toe met heatshrink.Dit werk die beste

Kan  n dc choke in die + lyn te sit ,het dit nog nie geproebeer nie ,maar sal n toets by die werk doen om te sien wat gaan gebeer.


Groete

300 Holland

Re: Dimmer wat skree

Posted: Wed Jul 21, 2010 3:45 pm
by Caller
Freddie 101

Jy is heeltemal reg, dit is die lig wat die geluid maak, maar dit is die dimmer wat dit veroorsaak, daarom werk ons op die dimmer om die geluid te probeer stil kry. :) Maar thanks vir die reminder.

Caller