Page 1 of 1

Howa 300winmag

Posted: Thu Sep 06, 2012 8:25 am
by Daneel
Dagse kerels

Wie van julle het die Howa 300winmag en hoe skied die outjie?
Sal dit die regte geweer wees vir n medium to long range jag geweer?
Ek soek n geweer vir langer, medium range jag.
Iets vir Kudu etc tot by so 400-500 meter of n vlakte springbok skieter.
Ek luister wat die kenners se.
Dankie
Daneel

Re: Howa 300winmag

Posted: Thu Sep 06, 2012 9:15 am
by SV MAD (Henk)
Ek weet nou nie so veel so Ludwig nie, maar het ook aanvanklik gesukkel om te besluit. Het toe die 375 Ruger gekry. Skiet 200gr GSCHV koeels teen 3100fps maklik.

Lekkerste ding is ek kan 300gr laai en hy is reg vir die bos, en ek laai 200gr (300gr is gezero op 100 en dan is dit so uitgewerk dat die 200gr op 200 zero) vir vlakte. Daai 200gr het baie slaankrag, hy het nie eers 'n blesbok gevoel op 200m nie...

Re: Howa 300winmag

Posted: Thu Sep 06, 2012 9:36 am
by SV MAD (Henk)
Ek hoor jou Ludwig.

Horses for courses. Persoonlik sal ek nie so ver skiet nie, sal eerder 'n bok bekruip tot 300m en hom dan looi. Maar dis waar ons sal verskil

Re: Howa 300winmag

Posted: Thu Sep 06, 2012 11:04 am
by Daneel
Baie dankie aan die kenners vir die info.

Dis nie dat ek will lang afstand skiet nie, maar hier gebeer dit nou en dan dat daai blerrie Kudus jou sien as jy nog te ver is vir skiet met my 30.06. Dan will ek kan skiet as die gap kom.
Ek sal maar baie moet skiet met die outjie voor ek gaan jag met hom.

Thanks Gents
Daneel