Page 1 of 1

Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Tue Sep 04, 2012 10:17 pm
by tripodmvr
My as af gesukkel om lisensie te kry vir my 30-06 Ruger No. 1A - ja dis 'n enkelskootgeweer. Lisensie toegestaan op 19 Junie 2012 - appel het 9 maande gevat. Wag geduldig vir die kaartjie maar kry niks en doen toe aansoek vir duplikaat uitreiking bykans 2 weke gelede - hom vandag gaan haal.

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Tue Sep 04, 2012 10:22 pm
by Jacques van Eeden
Geluk met die nuwe roer :laugh:
Geniet hom.

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Tue Sep 04, 2012 11:41 pm
by tripodmvr
Jacques222 wrote: Geluk met die nuwe roer :laugh:
Geniet hom.
Sal liewers nie s? hoe baie ek hom al geniet het nie.  Amen

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Wed Sep 05, 2012 7:00 am
by SV MAD (Henk)
Tripod, ek hoor jou.

Gewoonlik as 'n aansoek goegekeur is is die kaartjie binne 2 dae gedruk, ek wag noual 2 flippen weke vir my kaartjie en hy is nog nie gedruk nie. Gewoonlik is dit baie vinnig gewees, hoop nie die kaartjie masjien het gebreek nie...

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Wed Sep 05, 2012 8:05 am
by tripodmvr
SV MAD (Henk) wrote: Tripod, ek hoor jou.

Gewoonlik as 'n aansoek goegekeur is is die kaartjie binne 2 dae gedruk, ek wag noual 2 flippen weke vir my kaartjie en hy is nog nie gedruk nie. Gewoonlik is dit baie vinnig gewees, hoop nie die kaartjie masjien het gebreek nie...
Doen navraag en as dit moet vra vir duplikaat - die dommigheid is dat jy die vorm moet gaan teken.

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Wed Sep 05, 2012 9:07 am
by SV MAD (Henk)
Dankie, gaan so maak. Gelukkig is DFO net so km van my af

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Sat Sep 22, 2012 12:57 am
by Fanie
Ek het meer as 'n maand gewag vir die lisensie kaartjie om gedruk te word... ek wag nou al vir die tweede herdruk.

Ek begin dink mens moet dalk die kaartjie se drukkery ook na die apelraad toe stuur,
dalk sal dit gouer gaan :(

Mens kan amper nie glo dat hulle soveel maniere vind om vertragings te veroorsaak nie.

Re: Hoe lank gewag vir lisensie kaart

Posted: Sat Sep 22, 2012 1:14 am
by Herman Venter
Mense mens,
My lisensie is al 6de Julie goedgekeur en ek wag NOGSTEEDS vir my kaartjie! Ek het vandag weer privinsiaal(Kimberly) gebel, hulle weet glo niks van my kaartjie nie en "dit is nie moontelik dat ek hom nog nie gekry het nie" ! Nou ek het al by my DFO twee keer aansoek gedoen vir 'n reprint maar daarvan het ook niks gekom nie! Kimberly het vandag vir my ges? dat my DFO moet vir Kapt Alberts in Kimberly 'n mail stuur dat hulle weer moet print want dit moet op skrif wees! Manne ek staar al 3 maande in die gesig met die kaartjie en ek kan julle wet ek gaan nie die kaartjie kry voor 3 maande nie!

Ek werk die naweek en moet Upt toe gaan maandag, wou sommer eers by die polisie stop en vertel wat het die mense in Kimberly my vertel maar nou moet dit mos 'n vakansie dag wees! Help ook nie ek bel nie want sodra die foon neergesit word dan is dit daar gelaat! Vloek woorde manne vloek woord!!!