Page 1 of 1

Loop vervang op geweer

Posted: Tue Sep 04, 2012 9:17 am
by Stasoft
Goeie Dag Almal

Ek sal graag julle raad wil aanvra.
Ek oorweeg dit om my loop te vervang op my 300 H&H en besig om na al my opsies te kyk.
Sover is my opsies die volgende(in geen spesifieke volgorde) :

1. Pac Nor Super Match # 7 Contour : http://www.pac-nor.com/contours/
2. Shilen #6 Contour - Lightweight Target : http://www.shilen.com/contours.html
3. Andre Mojet( was klaar in kontak met Andre gewees. Hy was baie behuplsaam.)
4. Truvello

Het enige van julle miskien 'n Pac Nor of Shilen loop soos bo aangedui op enige van julle gewere of ondervinding met die lope?
Dankie by voorbaat vir julle terugvoer.

Re: Loop vervang op geweer

Posted: Tue Sep 04, 2012 11:44 am
by Frikkie Coetzee
my persoonlike keuse:

1. Mojet ( hy is in SA en dit wat ek van sy lope gesien is mooi. Ek wag vir een.)
2.Shilen/ Pacnor
3 Truvelo

Frikkie

Re: Loop vervang op geweer

Posted: Tue Sep 04, 2012 7:01 pm
by James Wilson
stasoft, ek wil graag weet hoekom jy die loop wil/moet vervang?

Re: Loop vervang op geweer

Posted: Tue Sep 04, 2012 7:06 pm
by tripodmvr
My redenasie loop so :-

1) Loopvervanging vereis geweersmid - gaan hy die loop wat ek hom gee met maksimum akkuraatheid sny en monteer
2) Mojet verskaf alles en doen ook die werk - hy verskaf dan waarborg - as loop nie reg is nie moet hy vervang - hy het goeie reputasie

Laat doen die werk by hom en ek dink jy kan verseker wees van 'n produk wat gaan werk.

Re: Loop vervang op geweer

Posted: Mon Sep 10, 2012 1:46 pm
by Stasoft
Dankie vir julle terugvoer