Page 1 of 1
Bokke se uiers gevreet
Posted: Fri Aug 31, 2012 7:26 pm
by Bok
Naand manne
Ek het 'n probleem, k het in die 3weke 5 boerbok ooie gekry wat se uiers uit gevrees is terwyl die bok nog lewe. Lammers is so rukki terug gespeen so die ooie het nog melk.
Het vandag 1 gekry met byt merke aan die uier maar ek kani uitmaak wat dit is ni, op een plek is vel geskeur op 'n ander plek is daar 'n gat in die uier.
Die ander bokke se uiers is heeltemal uitgevreet net die vel wat oor is.
sal fotos neem as ek weer 1 kry en opsit.
Is daar dalk van julle manne wat al so its gesien het en dalk weet wat dit is.
Ek hoop regtig iemand kan help.
Ek luister.
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Fri Aug 31, 2012 7:46 pm
by Chris101
Bok
Ek het al gesien dat bobejane dit doen .
Weet nie in watter omgewing jy boer nie.
101
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Fri Aug 31, 2012 8:46 pm
by Bok
chris
ekt ook aan babbejaan gedink tot ek vandag di bok gekry het met slegs byt plekke ek glo ni 'n bobbejaan sal n bok lat weg kom as hy hom eers vashou ni, maar bobbejaan is ook al waaran ek kan dink. Ons boer in bedford ooskaap so ja baie bobbies!!!
bok
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Fri Aug 31, 2012 9:06 pm
by Kalahari
Bok
Hier by my as ek sulke goed sien is dit ratel, weet nie of die ratel by julle voorkom nie. Nog nie op my bokke gesien nie, maar op die dorperooie wel. Neus en ore byt en afskeur en dan die lieste skeur en uiers vreet.
Ratel is perd van ander kleur.
Sterkte en ek hoop jy kry die sondebok.
Kalahari
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Sat Sep 01, 2012 8:38 am
by tokjak
bok ,nog nie by ooie gesien nie ,maar bobbejane vrek oor melk . hier by my haal hulle netjies die angorabokkies se melkpensies uit ,drink die melk uit en los die karkassie net daar .
jy moet die sondebokke skiet ,dit gaan nie beter raak nie . hulle leer ook die ander bobbejane om dieselfde te doen .
groete
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Sat Sep 01, 2012 1:51 pm
by Skolla
Jakkalse, veral as hulle dragtig is of soog, as hulle in jou omgewing voorkom.
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Sun Sep 02, 2012 10:07 am
by Bok
more manne ekt nog niks gekry ni het gister lank ini veld gesit en gekyk vir 'n aleen bobbejaan mannetji maar net 'n groot trop gekry en ek glo ni dis hulle ni want dan sou daar verseker meer bokke gewees het wat gevreet was.
ek gan vmiddag 'n trailcan ini aria gan opsit om te kyk of ek ni its snaak sien ni.
sal its opsit as ek its kry
groete
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Sun Sep 02, 2012 12:58 pm
by visstok
Sterkte Bok, hoop jy kry die kwaad doeners vinnig!!! Die TC is goeie plan, ek dink ook dis bobbejaan se kind daai!
Groete Alex
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Mon Sep 03, 2012 10:28 am
by JopieFourie
Jakkals. Die bok is te groot om plat te trek so hulle vreet in die loop/hardloop. Kan dalk jonger jakke wees.
Roep en kyk wat kom in, kan nie skade doen om te probeer nie.
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Mon Sep 03, 2012 4:17 pm
by JK
Ek het nog nooit gehoor dat bobejane groot bokke vang nie, wel lammer agter die melkpens aan.
Dink ook dis jakkalse se werk.
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Mon Sep 03, 2012 4:34 pm
by louis slabbert towerwater
Bok
Ek wil jou ook amper verseker dat dit bobbejaan se kind is. Het al gesien dat lede van die trop dit ook doen, nie te s? dit is alleen man nie
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Mon Sep 03, 2012 7:51 pm
by Bok
ds of jakklse of bobbies en van altwee is daar baie, sien die jakkies se spore en ekt 1 van hulle neste gekry laasjaar,
aria is baie bergagtig so mens sien nie al die bokke wat gevang word ni,
mar ek sal hom/haar/dit kry!!!
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Tue Sep 25, 2012 4:17 pm
by Skolla
Bok wrote:
ds of jakklse of bobbies en van altwee is daar baie, sien die jakkies se spore en ekt 1 van hulle neste gekry laasjaar,
aria is baie bergagtig so mens sien nie al die bokke wat gevang word ni,
mar ek sal hom/haar/dit kry!!!
Enige nuus hier?
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Wed Sep 26, 2012 5:49 pm
by Martin Marais
Naand Bok
Ek het al skaapooie gesien waarvan die uiers so afgevreet was. Ons kon geen ander merke of beserings op die skape kry nie,slegs die uier wat afgevreet was. Die vreetwerk was ook baie netjies gedoen,amper gelyk of die uier deur 'n chirurg verwyder was. Ek het toe 'n rooijakkals teef in daardie kamp geskiet,en toe ons haar pens oopsny kry ons amper die hele uier van die ooi daarin.
Hoop jy kom reg.
Groete
Martin Marais
Re: Bokke se uiers gevreet
Posted: Wed Sep 26, 2012 10:53 pm
by Bok
Naand manne
die gevangery het na daai 5 bokke opgehou maar ek dink dis omdat die ooie se eiers opgedroog het lammers is gespeen,
Ek het die jakke se gatte in die kamp gekry maar baie moeilike terein, so wil net gou hoor is daar 'n kans dat di ouers laat middig(4-6) gate toe sal kom? wil daar gaan sit sonder om te roep.
ek luister graag
Bok