Page 1 of 1

Scope vir 'n .416

Posted: Fri Aug 31, 2012 2:36 pm
by Umshwati Boy
Ek is besig om 'n .416 Rem Mag in die Hande te kry. Sal seker die geweer vir Wildebeeste en Kudu gebruik - Buffel in my droome  :)

Watter Scope sal jy voorstel??

Op my lys is die volgende:

Swarovski Z3 3-10x42
Leupold VX3 3.5-10x40/50
Zeiss Conquest 3-9x40
Kahles KX 3-9x42

Ek hou nie van die Zeiss Duralyt se Kleur nie.

Budget is so R10 000.

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Fri Aug 31, 2012 2:41 pm
by DWB
Ek het vir jou 'n Leopold VX3 1.5-5x20 vir R2800 sou jy belangstel ;D

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Fri Aug 31, 2012 4:28 pm
by tripodmvr
DWB wrote: Ek het vir jou 'n Leopold VX3 1.5-5x20 vir R2800 sou jy belangstel ;D
Sal ook so teleskoop aanbeveel. Jy gaan baie snymerke bo jou ooglid kry as jy nie baie oogafstand het nie. Lank terug het Lynx 'n formule gebruik van 50 meter teikenafstand vir elke 1x vergroting - hiervolgens het bg. teleskoop 'n beraamde 250m werkafstand - goed genoeg vir 'n 416. Ek het baie wild met my 1-3,5x20 Tasco op my 375 geskiet - sommiges selfs verder as 250m.

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Fri Aug 31, 2012 7:30 pm
by Drenalinjunkie
Ek sal die Kahles vat. Andersins spaar nog so bietjie en koop n z6 1-6 EE

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Fri Aug 31, 2012 8:26 pm
by kopskoot
My eerste keuse sal ook die Swaro 1-6 Z6 wees,maar hy's dubbel die prys, andersins gaan kyk bietjie na die 1-6 Trijicon. Ek het een op my 450 Rigby en hy is baie goeie waarde vir geld.

Daai leupold van dbw is ook baie nice,vir 'n kwart van jou budget, dan het jy nog kleingeld na jy doppe, die- set en mounts gekoop het.

As ek reg onthou het daai leupoldts in elkgeval n "life time" waarborg ook nog.

Geniet die shopping

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Sat Sep 01, 2012 2:47 pm
by Monrique (SJ)
Ek is nogal nuuskierig en wonder of enige van die Burris scopes soos die 2-7x35 of 3-9x40 sal hou op so n lekker skop kaliber.

Het die manne wat sulke kalibers dit dalk al getoets?

Groetnis

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Sat Sep 01, 2012 3:19 pm
by DWB
Oom Driepoot het 'n Burris FFII 3-9x40 op sy 375 en ons het dieselfde op 'n pel se Ruger Alaskan 375R nou gesit

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Sat Sep 01, 2012 6:01 pm
by Monrique (SJ)
Deon

Ek hoor hy loop mooi op die 375's, maar meer gewonder oor die groter kalibers. Voorwaar n waarde vir geld teleskoop sou ek se. Kry heelwat meer as waarvoor jy betaal.

Groetnis

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Sat Sep 01, 2012 7:45 pm
by Drenalinjunkie
In my beskeie opinie is die Z6 1-6 x 24 een van die beste grootwild teleskope op die mark. ???? Dis hoekom ek een gekoop het. Ek het ook n Leupold VX 3 vir my 7x64 gekoop en is baie teleur gesteld. My Lynx se optics is heelwat beter as die Leupold...

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 6:32 am
by Umshwati Boy
Thanks for the replies.

Die Leupold 1,5-5x20 en die Z6 1-6x24 is nie op die lys nie, want ek hou nie van so 'n klein objective lens nie. Ek skiet baie gereeld Bosvarke, en dis hoekom ek tenminste iets met x40/42 soek. Ek het beter scopes vir Bosvarke, maar dit is soms lekker om met 'n groot geweer te skiet, en ek het nie lus om scopes te ruil. Ek is ook 'n fan van higher magnification, en ek hou daarvan om te sien waar ek 'n Bok skiet, selfs op 50m. Ek weet Magnum etc etc vertel ons, dat 'n 4x of 'n 6x goed genoeg is, maar persoonlik skiet ek al die wild op 9x, 10, of 12x (Hang af van die Scope) en as ek die scope op 4x het, voel ek, dat ek nie so presies kan mik nie. Maar 6x is goed genoeg op so 'n groot geweer en met 'n goeie scope soos Swarovski Z6 is 6x seker beter as 'n Leupold op 9x magnifikasie, dis net die x24 wat ek nie van hou nie. Die 1-6x24 is 'n goeie scope, maar as ek die Z6 sal koop, sal dit 'n 1.7-10x42 wees - vir my die perfekte scope - net R10K te veel :(

'n Ander opsie wat ek oorweeg het, is om 'n tweede handse 1,5-6x42 te kry, Zeiss, S&B, Swarovski etc, enigste probleem is, dat hulle nie baie beskikbaar is nie, en manne dink daar staan Zeiss op die scope, kyk na prys van 'n NUWE een met NUWE tegnologie, en dink hulle verkoop die selfde ding, so hulle is maar redelik duur vir wat jy kry en in die algemeen is hulle eye relief net 80mm teenoor die 90mm in iets soos 'n Z3 3-10x42. Vir my is die Z3 3-10x42 die een wat my oog vang, maar die enigste probleem is dat die laagste vergroting 3x is, nie 1,7 soos sy grooter boetie die Z6.

Nog 'n ding wat ek nie voorheens gese het, al my scopes draai die magnifikasie in die selfde rigting, ie om van 3x to 10x te beweeg draai jy anti clockwise, die Leupold en ander amerikaanse scopes draai jy clockwise. Ek het al drie keer dit verkeerd gekry met 'n Leupold en met 'n Zeiss Duralyt toe ek met 'n maat se geweer gejag het, en dis hoekom ek eintlik die selfde system wil he.

So as iemand miskien weet van 'n 1,5-6x42 Zeiss, Swarovski of S&B, laat weet asseblief, of 'n 1,7-10x42 Z6 :)

Nogmals dankie vir die replies. Goed om te weet dat die VX3 was nie so goed nie soos verwag.

Jammer vir die Afrikaans, dis my vierde taal en skryf dit nie gereeld nie.

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 6:38 am
by DWB
Nee wat, amper gedog ons praat met 'n Afrikaner hierso  ;D

Watse fabrikaat gaan jy die geweer in kry?

Hoekom oorweeg jy nie Quick Release mounts as jy die geweer vir 2 verskillende toepassings wil gebruik nie?

Ek weet die varke is kwaai met tye, maar is julle dan bang vir hulle daar in natal as jy hulle met so groot geweer wil skiet  ;D ;D ;D ;D

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 6:51 am
by Gerhard
DWB wrote: Ek weet die varke is kwaai met tye, maar is julle dan bang vir hulle daar in natal as jy hulle met so groot geweer wil skiet  ;D ;D ;D ;D
Seker omdat jy die varke met die 9,3 ook wil skiet...  ;D

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 6:55 am
by DWB
Why? Because I can  ;D

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 10:31 am
by Umshwati Boy
DWB, die geweer is 'n Blaser R93, so dit het al QR mounts op - probleem is, die mounts gaan vir R5200 'n stuk, en ek koop liewer 'n beter scope as twee scopes wat nie so goed is nie.
[img width=560 height=420]http://i864.photobucket.com/albums/ab20 ... -00592.jpg[/img]
Ek kry net 'n nuwe 416 loop vir die geweer. Hier is hy met die 375H&H en 'n 2.5-10x50.

Met die varke - ek geniet dit om verskeie gewere te gebruik. Hoopsaaklik met 'n 270 en 160gr Nosler Partition, maar nou oorgeskakel na 'n 300 Win Mag met 250gr Claw, wat 'n Synthetic Stock he, so dit werk lekker as daar bietjie reen weer is en as ons in die Mielies met maanlig stap. Gebruik ook die 375H&H en het 'n paar met 'n 416 geskiet op Baits, so ek speel maar lekker. Wens net Nosler sou 'n 350gr Accubond maak  :(

So ja, as iemand weet van 'n 1,5-6x42 Duitser Scope, of miskien weet van iemand wat van sy Z6 1,7-10x42 wil skei, laat weet asseblief ;D

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 10:56 am
by DWB
Baie Baie mooi roer daai!

As ek mag vra, wat kos so ekstra loop?

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 11:01 am
by Sako75
Spaar maar liewer vir die regte scope.  Ek het al te veel gekoop en dan weer moes koop om die ding te kry wat ek eintlik wou he.

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Mon Sep 03, 2012 11:02 am
by Umshwati Boy
Vir 'n Safari Loop (22mm Diameter) - R18,500. Selous Loop (Barrel Band, Sling swivel Band) - R28,000 +/-
Std Loop (17mm Diameter) is so R 11,000 vir 30-06, 308. Magnum soos 300 Win Mag is so R12,500 tot R13,500, nie heeltemal seker nie.

Met Huntessential as die nuwe distributor, 'n swak Rand teen die Euro en pryse wat op gaan in Duitsland, word die goed so effens Duur.

Re: Scope vir 'n .416

Posted: Sun Nov 18, 2012 12:22 pm
by jacojrdn
Umshwati Boy

Ek het die R8 Safari Professional met .223 Rem, 300 Win Mag  en 375 H&H. Almal met S&B scopes, op hierdie werk die scopes lekker. Ek het ook n Aim point red dot sight met die Blaser mounts by die Kruitvat gekoop vir onder R 9000. Die Aim point comp C3 (http://www.aimpoint.com/segmentval/hunting/)  het n 2 MOA kolletjie waarvan jy die helderheid kan stel, so hy werk dus baie lekker op vinnige skote en jy kan darm so by 150m by kom as jy wil.

Ek het nou vir my n .416 Rem Mag loop gekoop en gaan hom nou op die 416 gebruik. Met hom is "eye relief" & parallaks nie n probleem nie.

Aangesien jy reeds al die ander roere het wat verder kan by kom, sal die 416 Idiaal wees vir vinnige kort afstand skote. Het hom al paar keer op die .375 gebruik en hy werk baie lekker.

As jy nie daai roete wil gaan nie kan jy Kyk op http://www.toolfair.co.za/rifle-scope-m ... -parts.pdf of vir Willem by wilhelm@toolquiphire.co.za kontak, hulle voer "after market" scope basisse in van Duitsland vir die R93/ R8.

Ek het een met n Weaver monteerstuk by hom gekry vir my "night sight" vir die .223 en die kwaliteit is goed, en hulle prys is die helfde van die oorspronklike Blaser.


Net nog n idee.

Jaco