Page 1 of 1

Beter Skut Wenke

Posted: Fri Aug 31, 2012 10:29 am
by Coenie (Swift)
Manne ek het gesien hier is baie goeie raad oor hoe om akkurater te skiet met betrekking tot geweer en teleskoop inligting, en herlaai, maar omtrent niks vir die skut nie. Vir my is dit 'n 3 hoek, Geweer (en teleskoop) + ammunisie + skut = akkuraatheid
Bietjie raad oor wat skuts kan doen om meer akkuraat te wees/word (en moet asb nie net s? oefen nie :) ) Bv.
1. Voor die skoot afgedruk word. Haal 2 keer diep asem en op 3 de keer se uitblaas skiet dan ens.

Hoor graag

Re: Beter Skut Wenke

Posted: Fri Aug 31, 2012 10:42 am
by LUAN
Moet nie te veel drink die aand voor die skiet ;D anders is jou hartklop ook nie rustig soos gewoonlik, jy bewe ook meer. Jy kan ander kos soorte eet wat ook sal help met hartklop, stysels wat stadiger vrygestel word in jou bloed. Die top skuts gebruik al die klein tricks

Re: Beter Skut Wenke

Posted: Fri Aug 31, 2012 10:48 am
by Carl
Hierdie is van 'n teiken skiet man maar kan help http://riflemansjournal.blogspot.com/p/ ... index.html

Re: Beter Skut Wenke

Posted: Fri Aug 31, 2012 2:01 pm
by Witpietskiet
Ludwig,

Dis baie ware woorde wat jy gebruik.

Ek skiet nou so amper n jaar en half F-klas. Ek het gou geleer dat jy die beste toerusting kan h? maar as jy nie weet hoe die eksterne faktores jou koeel vlug beinvloed nie, help dit niks om die duurste te h? nie. Ek het al baie dae gesien op ons baan dat die mirage n baie groter invloed het as die wind.

Net n wenk wat ek al so met die tyd op getel het, kry vir jou n roetine wat vir jou werk (l? posisie, manier van jou geweer laai, hoe jy jou sneller af druk, waar jy kop agter die geweer sit ens) en doen dit elke keer dieselfde so dat dit n gewoonte raak. Dit maak dinge net later baie makliker en jy kan meer aandag skenk aan die eksterne faktore.

Ek is net baie spyt dat ek nie vroeer in my lewe begin F-klas skiet het nie.

Mooi loop