Page 1 of 1

Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 9:51 am
by LUAN
Nou wat ons hierdie afdeling het kom ons hoor bietjie by die slim manne wat se koeels kan gebruik word vir hierdie aplikasie.

Dinge soos die spoed wat baie minder is op die afstande moet in ag geneem word en hoe die koeel gaan presteer op die spoed ivm penetrasie en mushroom effek. Wat van match koeels? ;D Ou vertel my hoe hard n Eland geval het van n hart skoot met n 155gr palma match ;D

Ouens met lang afstand ondervinding kom ons hoor watse koeels julle sal gebruik.

Dankie

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 10:35 am
by FCLoretz
Ludwig,

Is dit nie ook so dat koeels wat 'n flat bottom het beter stabiliseer na 300m as 'n boattail koeel nie? Wat dus die flat bottom koeels al klaar beter geskik gaan maak vir lang afstand jag doel eindes nie?

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 10:40 am
by LUAN
So nou gebruik jy kompetisie koeels vir langafstand maar jagkoels vir korter afstande kan sien dat hierdie n storie sal wees.
So wat jy nou se is ek kan maar my fmj's in die .303 gebruik ;D ;D ;D

Interesant oor die skerpskutters wat ander rondtes gelaai word ek wonder net of elkeen se geweer voor apart gelaai word/lading ontwikkeling en of almal dieselfde rondtes kry vir dieselfde gewere?

Fcloretz ek het gehoor dis anders om boatail is beter vir langsfstand beter bc dis hoekom meeste .308 koeels boatail is gaan check maar. 155gr palma match bly supersonies tot by 1000m omdat hy so goeie bc het en het ook boatail.

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 10:41 am
by FCLoretz
303 dalk is jy reg. Ek sal maar wag om te sien wat se die geleerde manne op die forum.

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 10:49 am
by Geno
FCLoretz wrote: Ludwig,

Is dit nie ook so dat koeels wat 'n flat bottom het beter stabiliseer na 300m as 'n boattail koeel nie? Wat dus die flat bottom koeels al klaar beter geskik gaan maak vir lang afstand jag doel eindes nie?
Ek's nie geleerd nie, maar dis andersom.
Kyk maar na kortafstand BR kompetisies. Meeste ouens gebruik FB koeels. Langafstand is die kos vir BT's.....

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 10:51 am
by FCLoretz
Dankie Geno

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 11:07 am
by Stefan764
300gr Berger Hybrid met n BC van 0.818 teen 2600fps, hy lewer dan dieselfde energie op 800m as n 308 met 150gr koeel op 150m

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 11:14 am
by BLOK
Ludwig wrote: Plat basis koeels stabiliseer vinniger as bootstert koeels en lewer dus beter kortafstand akuraatheid, terwyl bootstert koeels 'n ho?r BC het en dus beter oor die langer afstande doen.


Sommer net vir interresantheid, en ek weet dit gaan afhang van kaliber en gewig, maar op watter afstand dink jy dan sal dit belangriker word om eerder BT's te gebruik ipv die FB's

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Aug 30, 2012 11:22 am
by BLOK
Ludwig wrote: As mens byvoorbeeld 'n ligte klein kaliber in sterk wind gebruik kan die voordeel van die bootstert koeels waarskynlik vanaf 100m gesien word.
Geno

Hoor jy maw op daai windtoets by OPS as ek 40g'e gelaai het sou die drag helfte minder kon wees maw omtrent nul.hahaha


Dankie ludwig

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Fri Aug 31, 2012 5:55 pm
by Louwrens Nel
Ek het 168gr Bergers (die jagkoeels) in my 308 win gelaai. Baie baie akkurate koel met goeie BC ens. Het Julie met hulle in die Vrystaat gaan jag en hulle het goed gewerk op die sprinbokke (nek skote), maar ek het ook 'n mooi swartwildebees koei geskiet. Haar op die blad geskiet en moet bieg ek sal nooit weer dit op 'n groter dier gebruik nie. Die punt het omtrent ontplof en van penetrasie was daar amper nie sprake nie met genoeg vleisskade.

Soos ek dit sien is die kwessie dat die koeels met die hoer BC's ens beter is vir langafstand skiet, maar nie noodwendig beter is vir jag nie (veral nie groter wild nie). Hoe kry mens die beste kompromie tussen langafstand skiet en 'n premium koeel?

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Fri Aug 31, 2012 9:25 pm
by Louwrens Nel
afstand gerange: 250m

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 2:14 pm
by BLOK
Ludwig

Net iets waaroor ek al gewonder het met LRH. Gewone mono's soos, barnes, GMX, ens. is na my mening te hard om voldoende werkverrigting te lewer op 1000m plus. Nou my vraag, daar is baie state in die VSA waar nie van loodkern koels gebruik mag word nie. Wat sou die manne in so geval dan doen of knyp hulle maar oe toe en hoop niemand sien die lood in die lug raak nie.

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 2:46 pm
by BLOK
Was maar net iets wat ek oor gewonder het. Gedink daar is al manne wat iets anders ontwerp het. Ek het al daai leadfree koels gesien van Hornady, Nosler maak ook, maar die prys is effe stywer vir iets wat die selfde werk doen as n Vmax. Of hulle vir langafstand sal werk twyfel ek ook maar reken nie sal die ideaal wees nie.

Net so vir interresantheid n 32g Vmax skiet nie eers deer n lee 20liter kan nie, maak n klein 3mm gat voor en agter teenaan maak hy net klomp duikies.

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 2:53 pm
by Geno
Ludwig wrote:
BLOK wrote: Net so vir interresantheid n 32g Vmax skiet nie eers deer n lee 20liter kan nie, maak n klein 3mm gat voor en agter teenaan maak hy net klomp duikies.
Dit laat veel te wense oor aan daai "speed kills" teorie van jou  ;D
Het jy al gesien hoe lyk iets wat met 'n haelgeweer geskiet is? :angel:

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:01 pm
by Geno
Ludwig,
Jy weet dan van my planne om 'n bloubees met die .204 te skiet ;)
Oom buffel, ek wetie......

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 3:02 pm
by BLOK
Ludwig wrote: Dit laat veel te wense oor aan daai "speed kills" teorie van jou  ;D

Het jy al gesien hoe pap die lug in so drom geslaan word agv al daai skrapnel. hahaha


Soos jy se kom ons hoop maar oom GSC lees hier, sal seker maar so lees soos wat hy by ons 204 plasings gelees het met oogklappe.


Geno

Nou kom sponser jy sommer vir ons n ou groot swart gedierte dan gaan maak ons n toets en wys almal verkeerd. hahaha

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:04 pm
by Arnold
Ludwig, jy wil geleentheid h? om n kwesbok op 800m te kan plat trek met jou 7mm :)

Re: Lang asfstand koeels

Posted: Thu Sep 20, 2012 8:39 pm
by Marc
Ludwig wrote:
BLOK wrote: Net so vir interresantheid n 32g Vmax skiet nie eers deer n lee 20liter kan nie, maak n klein 3mm gat voor en agter teenaan maak hy net klomp duikies.
Dit laat veel te wense oor aan daai "speed kills" teorie van jou  ;D

Blok, eintlik bestaan daar glad nie so iets soos die ideale langafstand jagkoeel nie. Iets wat ideale terminale ballistiek sal lewer tussen 1200fps en 2000fps, 'n baie ho? BC het, en baie stabiel in vlug bly vir optimale akuraatheid oor hierdie afstande. Daai koeel moet nog ontwerp word, en ek wens GSC wil hier inspring. Eerlikwaar.
Nou net hier begin saamlees, baie interesant  8)

Ek stem saam oor daai koe?l Ludwig, hoop Oom Gerard sal hom in .338 maak  ;D ;D ;D Ek sal nie omgee om te help toets nie  8)

Ek is bitter vebaas met die SP's en glo hulle gaan mooi maak oor die langer afstande, ek is net reeds gewaarsku deur ander manne wat hulle gebruik, dat hulle nie gemaak is om materiaal {Bokke} mee te probeer stuit nie. Mits jy tevrede is met 'n uitgangs wond die gote van jou kop  ;D ;D ;D ;D

Ek hou hier dop  ;)