Page 1 of 1

watter een stel jul voor

Posted: Wed Aug 29, 2012 8:45 pm
by johann
Naand manne, as jul moet kies die nuwe vortex victory 6.5-20x50 of die lynx 2.5-10x56??? Ek het nou vir my 'n 25-06 gekoop waarmee ek gaan jakkalsjag en springbok oes. Die manne wat van die scopes het hoe performe hul en wat stel jul voor??

Groete Johann

Re: watter een stel jul voor

Posted: Wed Aug 29, 2012 9:35 pm
by Krokedil
EK STEL VOOR OM DIE LYNX TE GEBRUIK EK HET AL DIE JARE WAT EK LYNX GEBRUIK NOG GEEN PROBLEEM ONDERVIND NIE EN DIE VVOKUS OOK BETER OP DIE LYNX

Re: watter een stel jul voor

Posted: Thu Aug 30, 2012 1:12 pm
by johann
Krokedil, ek skiet ook tans met 'n lynx op m 223, maar het nog net goeie goed van die vortex gehoor.

Groete johann

Re: watter een stel jul voor

Posted: Mon Sep 03, 2012 6:52 pm
by Pitbull
Goeie dag Johann

Ek het 'n Vortex 6.5x20x50 op my 308 en hy werk mooi. Baie goeie optics. Werk lekke vir my, het lynx op my 223 hy is so 10 jaar oud en werk ook nog goed. Is tevrede met altwee. So ek dink ma dit is ook 'n persoonlike keuse wat jy moet maak.

Lekke speel,
Henno

Re: watter een stel jul voor

Posted: Mon Sep 03, 2012 7:43 pm
by raychell
Johann
Kyk ook na die Meopta 3-12x56 baie meer FOV geen paralaks verstelling duurder maar teen rondom R7000.00 beslis 'n beter nag teleskoop.
Raynie

Re: watter een stel jul voor

Posted: Mon Sep 03, 2012 8:23 pm
by Rooies
Johann

Jou bakkie staan so baie voor die gim,ek weet nie waneer gaan jy scopes kyk nie ;D  Ek kry jou daar by oom hercules in die veld dan kan jy deur my lynx kyk.