Page 1 of 1

.375 Mees veelsydig?

Posted: Fri May 14, 2010 4:16 am
by daantjie
Hallo almal

My eerste vraag aan die manne wat ken aangaande n roer.  Voordat ek weg is uit die Republiek het ek op n stadium erg gedink aan roer koop, maar dis toe juis die tyd toe die manne in beheer gekom met al hul nuwe regulasies en dinge, toe skrik dit my bietjie af.  Gevolglik ek het nooit die voorreg gehad om n roer aan te skaf nie.  Hier in Kanada is dit veel makliker, en jy kan maar laat waai met jaggeweer koop, hoewel hulle baie taai is met handwapens hier.

Ewenwel, ek het nog altyd n sagte plekkie gehad vir die .375, en ek dink hy is baie veelsydig?  Die vraag nou net, as ek eendag die vrou in my lewe kan oortuig (nooit gedink ek sou moes nie!), en ek wil hier n roer aanskaf, dan sal ek graag n .375 wil koop.  Ek dink dit is seker te veel roer vir die wild wat n man hierso skiet (deer, caribou, moose ens), maar as ek eendag my hartsbegeerte kan vervul om n buffel te gaan plattrek daar by julle erens, dan sal ek graag my groot kettie wil saambring!

Wat dink julle, kan n mens lig genoeg laai om hom te maak werk vir "plains game" soos hulle hom hier noem?  Altyd gedink n lekker swaar lading sal ideaal wees ook vir bosvark se kind, maar is dit dan weer "overkill"?

Lees graag julle menings, dankie!

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Fri May 14, 2010 7:59 am
by KSV
Daantjie,

Ek het ook 'n 375 vir my laat bou, juis vir loop en bekruip.  As jy die tabelle kyk is die 250 gr en die 150gr 308 se trajekte baie dieselfde. Met ligter koels 230 gr doen hy ook nie sleg nie, skiet bietjie plater.

Ek het tans begin om met 225 gr te laai en dan so op te werk na die swaarder punte. Ek doen dit maar so om die skop gewoond te raak aangesien die sprong van 308 na 375 bietjie groot is.

Ek moet egter vir jou se met PMP fabrieks ammo het ek nogal nie sleg gevaar in die PMP se groepering kompetisie. Het so 'n 18.80mm groep geskiet met hulle 300gr ammo.

Ek like die roer nogal baie en het nmog nie kans gekry om met hom te gaan jag nie. Hopelik gaan ek die jaar 'n kansie kry.

Laat maar weet, jy kan bietjie met Francois Marias praat oor wapens. Hy besit 'n hele paar en sal jou mooi kan vertel van die kalibers.

Hein

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Fri May 14, 2010 12:50 pm
by Louis Kriel
Nee Daantjie, hiers sommer 'n hele paar ouens wat vir jou gou gaan vertel die eintlike kaliber waarna jy opsoek is, is die 308 win. ;D

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Fri May 14, 2010 5:41 pm
by daantjie
Ja-nee, ek sien baie manne reken die .308 is net die ding vir Sannie!  Maar ek glo elke man se opinie oor die "beste" roer sal verskil.  Een  van my pelle had n .308 Steyr en ek moet vir jou se dit was n lieflike geweer.  Hy is ook landuit en ek dink hy het al sy roere weggemaak, hartseer maar nou ja!

Het al .375 n paar keer op die baan geskiet, maar nooit in die veld nie, so daarom soek ek advies van manne wat al n paar goete afgehaal het met hom,  veral bosvark wil ek van weet.  Ou Freek en ek het al bespiegel oor n lekker swaar kaliber vir die "arm man se leeu" soos hy hom noem, ha-ha!

Oor die skop, ja, kan getuig dat hy n man laat weet hy is daar, maar in die veld dan pomp die adrenalien mos maar, en kan eerlik se dis die laaste ding wat en oor geworry het as ek geskiet het, meestal met 30.06. 

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Fri May 14, 2010 9:33 pm
by Francois Marais
Daantjie

Jy sal nie fout maak met daardie 375 H&H nie. Ek het dit weer dat sy trajek met 270 gr punte baie naby is aan n 30-06 met 180gr punte.

Jy kan ligter laai, of in jou geval by die grage op die hoek, koop, 225gr of 250gr, en al julle wild met hom jag, en soos jy tereg opmerk, as jy die dag wil kom Buffel jag, is jou gun kla reg.

Hou ons op hoogte met wat jy koop, weet daar is n goeie site wat hulle net gunne op adverteer, sal kyk of ek hom kry en hier opsit, wens als was hier so maklik partykeer.

Mooi loop
Francois

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat May 15, 2010 12:34 am
by daantjie
Dankie Francois, lyk my jy ken die "tune" van die .375!  Soos ek se ek sug nie sommer vir die skop nie, het darem bree skouers glo ek ;D, so kan die skop vat!

Met die swaarder punte saam, dink jy 300 grein is reg vir bosvark, of gaan jy die bosmonster maan toe skiet dan?  Ek is maar dom met ladings en goete, maar soos ek verstaan loop hy lekker stadig maar moer lekker hard vir bosvark se kind!?  Ek en Freek het al bosvark met .270 gedril oor n voerplek, maar die vleisskade was erg, maar dan weer het ons nie ander roer daai tyd tot ons beskikking gehad nie, so dit was maar vat wat jy kry. Skoot was so 50 meter tops oor mielies wat in "shake-shake" gele het, werk soos n bom "by the way"!  Daai bossie laaik van die mielies in uhlomboti (weet nie van spelling maar sy handelsnaam is Chibuku by die bottelstoor daar in Vaalwater  ;D)

Anyways, dankie vir die advies, sal laat weet as ek eendag die sker oorreed het dat oubaas maar kan roer koop en in die huis aanhou, hulle is mos maar vol dingetjies met die goete!

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat May 15, 2010 8:38 am
by Robert
Daantjie

Jong, die vroue geslag is maar 'n snaakse nasie??? Begin deur haar te vertel hoe lekker 'n stuk biltong nou sal proe. As sy se jy moet gaan koop, dan se jy die biltong wat jy maak smaak beter as die gekoopte goed (as julle biltong daar in die sneeu land kan koop). Vertel haar van al die vars wildsvleis se gesondheids waarde, vleis sonder hormone en allerhande ander chemicals en so aan. Vertel haar dat wildsvleis die lyfie skraal hou omdat dit nie baie vette bevat nie en sy altyd in daai jeans sal pas sonder om vrae te vra.

Nou beweeg jy in vir die dood skoot: vat haar saam gunshop toe en wys haar die .375 en dan 'n paar kleiner kaliebers maar na elke 2de of 3de wapen wys haar weer die .375. Oortuig haar dat dit die regte tool is vir 'n gesonde leefwyse.

Vat haar uit vir ete en bestel wildsvleis en kla oor die prys en verdudelik dat jy dit baie goedkoper kan jag en beter voorberei as die ape by die steakhouse.

Wen haar om met styl en kennis. Soos 'n vriend van my gese het " bazzel them with brilliance or baffle them with bullsh$t"  :o ???
Sy mag dalk jou standpunt insien en selfs saam met jou loop jag. Wat wil 'n man dan nou meer he?

sterkte met die oortuiging

Robert

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat May 15, 2010 9:24 am
by Francois Marais
Daantjie

Die 375 skop nie regtig soo erg nie, bietjie skiet en n man is hom gewoond. Daardie 300gr is net die ding vir die varke, sal hulle lekker hard slaan, of as jy wil, Rhino maak n 350 gr wat BAIE mooi gaan werk. Dit gaan nie regtig overgun wees nie, vark se kind is maar n taai kalant.

So by the way, kyk hier is 126 gunne vir jou om van te kies

http://www.gunbroker.com/Auction/SearchResults.aspx?Keywords=375+H%26H


Mooi loop
Francois

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat May 15, 2010 9:42 am
by KSV
FM,

Ek moet maar nie kyk nie. Netnou moet ek vir Ma ekstra paai en pamperlang soos Robert verduidelik het.

Weet nou hoeka hoe mammie se idee van n mooi roer is. My ander roere is glo nie mooi soos my 375 nie.

Hein

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat May 15, 2010 7:02 pm
by daantjie
Dankie vir al die raad kerels!  Ja-nee, as dit kom by vroumens oorreed moet n man mos maar al jou "talente" inspan ;D

Ek dink my "mind is opgemaak" met die .375 H&H, dan kan ek sommer voel soos n grootwildjagter van weleer, ha-ha!  Bietjie van die punt af, maar ek lees die 7.57 Mauser was glo die geweer wat Afrika getem het met een ou wat glo 1000+ olifante met hom geskiet het!?  Dis nou n meer brawe man as ek, maar in die ou dae was die manne mos maar manne en taaier as taai!

Groetnis

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat Jun 19, 2010 8:55 pm
by daantjie
Ons het daai tyd meestal uit n "hide" geskiet, so ek dink nie dan sal n haelgeweer die job doen nie, n man het maar n roer met n scope nodig dink ek.  Op die voet vir seker n haelgeweer, maar ek bang bietjie daai deng as jy hom vies gemaak het met n kwesskoot, eish ;D

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sat Jun 19, 2010 9:09 pm
by Jagtersdok
Daantjie

375 is baie lekker, en met al die verskillende koelle wat julle daar anderkant beskikbaar het is dit verseker die way om te gaan. Ek laai die Nosler Accubond 260gr menere en ek sal jou s? dit loop soos stroop. Go for it!

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sun Jun 20, 2010 2:04 pm
by Skolla
daantjie wrote: Bietjie van die punt af, maar ek lees die 7.57 Mauser was glo die geweer wat Afrika getem het met een ou wat glo 1000+ olifante met hom geskiet het!? 
Hulle het nie daai tyd .375 gewere gehad nie.
Skolla

Re: .375 Mees veelsydig?

Posted: Sun Jun 20, 2010 2:42 pm
by Geno
Die .375 met 300greiners werk mooi, 'n pel van my gebruik selfs sy .458 vir bosvarke, want hy kan jou nogal opneuk as hy wil. Die 300gr 375 pille sal nie so baie vleis mors as jy hom so 2300vps laat loop nie.