Page 1 of 1
Scope mounts
Posted: Thu May 13, 2010 3:29 pm
by Hein M.
Hallo aan almal!
Ek wil graag - sonder om die bank te breek - die ringe laer monteer op my 243. Enige voorstelle oor basisse, ringe, ens is baie welkom.
Hein M.
Re: Scope mounts
Posted: Thu May 13, 2010 3:33 pm
by tafjak
Op darie Santa Barbara aksie kan jy net laaer ring koop. 56mm optiese lense pas op die meduim ringe en die 42/44's op die lae ringe.
Re: Scope mounts
Posted: Thu May 13, 2010 3:42 pm
by JOHANNIC
Hein se some vir Willie en oom Hannes hulle moet da bo in die kluise kyk of daar nie is wat gaan pas nie,daar is baie gewere da bo wat scopes op gehad het.
Groete johan
Re: Scope mounts
Posted: Thu May 13, 2010 4:10 pm
by Hein M.
Taffie,
So die basisse is al genade om hierdie aksie te akkomodeer? Ek kan slegs laer ringe opsit.
J,
Daardie manne is al moeg vir my gesiggie - sal in elk geval maar weer aan hulle karring...
Hein M.
Re: Scope mounts
Posted: Fri May 14, 2010 8:12 am
by Beyers
Daai kolf smag na olietjie.

Medium of lae ringe
Beyers
Re: Scope mounts
Posted: Fri May 14, 2010 2:54 pm
by Hein M.
Beyers,
Ja. 'n Man wat sy hout ken sal dit dadelik raaksien
Hein M.
Re: Scope mounts
Posted: Fri May 14, 2010 8:14 pm
by Francois Marais
Hein
Ek is met Taffie..... laer ringe is al genade.......en terloops ek stem ook met Beyers
Mooi loop
Francois
Re: Scope mounts
Posted: Sat May 15, 2010 7:15 pm
by Hein M.
Francois,
Dankie partner. Sal die laer ringe kry. Wens net so dat EK die geweertjie se kolf was en die olietjies moes kry

Dink net aan al die gepaardgaande pret
Terug na die werklikheid. Sal 'n plan maak.
Hein M.
Re: Scope mounts
Posted: Sun May 16, 2010 6:13 pm
by Hein M.
Ek wyk nou van my eie onderwerp af, maar dit sal goed wees om te weet wat die verskil tussen 'n "forged steel" en "cast" aksie is. Ek dink dat hierdie Santa Barbera van my geweer 'n cast is.
Hein M.