Kameelperd met 125gr Viking
Posted: Tue Aug 21, 2012 8:51 am
Ek het die verslag ontvang van Johan bye Die Jagwinkel in Windhoek.
Ek plaas presies wat hy vir my getsuur het...geen slim edit werk nie.
"Ge,
Viking broadhead toets
Was n groot dag vir my toe daai pakkie hier aankom. Het hom gou oopgeruk, en was verbaas om te sien?..die broadheads lyk nog beter op die oog as op die foto?s !! Ek het hulle op die skaal gesit en gesien dat hulle gewigte bietjie verskil. In die 100g pakkie wat ek oopgemaak het was die gewigte 108.0g, 106.6g, en 104.9g. In die 125gr pakkie was die gewigte onderskeidelik 126.5g, 129.6g, en 126.5 gr. Nie heeltemal wat ek sou verwag van lemme met hierdie prys nie.
Wel, die jag was geboek, die boog ingegooi, en afgesit plaas toe. Ek het beplan om die 100gr te toets op vlaktewild, en die 125 op kameelperd. Swaarder gewigte was n opsie, maar ek moes iewers begin?? Ek het begin instel, en was verbaas oor hoe die lemme vlieg?.perfek ! Ek het vroeg eenkeer dwarsdeur die teiken geskiet, in n sandwalletjie vas agter. Die 125 gr broadhead het sleg gebuig op die ferrule. Die lem het egter niks makeer nie. Nou ja, ons jag nie sandwalle nie, so die trane gou afgedroog, klaar ingestel, en weg veld toe.
Ek het die 100gr op ligte pyle gelaai , 425 gr totale pylgewig, vir gewone wild, en die totale gewig op die kameelperd pyle was 795 gr. Ek skiet met n carbon element, 73 pond, met 30 ? treklengte.
Ek het eerste begin met n gemsbok. Dit was n walk en stalk, wat my tot op 30 yds presies gevat het. Die skoot was n klein bietjie hoog, maar het aan beide kante ribbes getref, en steeds soos n mes deur botter deur die bok gegly. Ons het hom na 40 meter opgetel. Die lem was total ongeskonde, ek het dit weer n edge opgesit, en is weer slaggereed. Ek het die 100gr op die gemsbok gebruik. Ek het ongelukkig geen fot?s geneem hiervan nie, maar ek was nou reg vir die groot toets.
Die kameelperde wou ons nie laat naby kom nie. Ons het op die ende n baie rustige en wel berekende ? kans? gevat op 50 yds. Die skoot was n klein bietjie na agter, maar andersins goed. Die afslag het die volgende gewys. Die skoot het met die ingaan slag een rib solied getref. Dit het dwarsdeur gegaan, die long deurgegaan, daarna die lewer, die pens gesny, en tussen 2 ribbes op die ander kant uit. Die lem se punt het uitgesteek by die vel. Die ingangs wond, en wond kanaal is total bevredigend, en wys dat die lem sy werk tot aan die einde gedoen het. Een puntjie van die lem self het afgebreek, terwyl die ferrule hierdie keer gebreek het. Dit kan wees terwyl die dier beweeg het, met die punt van die lem wat in die vel vasgesit het. Die lem verder is steeds reguit.
Ek heg n paar foto?s aan.
Beplan nog n paar toetse in die volgende weke, en sal graag die swaarder broadheads hierdie keer n kans wil gee.
Groete
Johan"
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... viking.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... gswond.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... ngexit.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... elperd.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... trasie.jpg[/img]