Page 1 of 1

Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 6:30 am
by BRNO (Pierre)
Ons is vyf vriende wat die afgelope vyf jaar op die plaas hermansdal gaan jag, reg teen die Limpopo, anderkant Ellisras. Een van die vriende is deel eienaar van die grond, en hy gee vyf jaar terug vir Francois, my beste vriend vir die afgelope 23 jaar, toestemming om n bosbok te skiet, aangesien hulle nie die bosbokke hier werklik laat jag nie.

Op die plaas word daar uitsluitlik op die voet gejag, en vir die laaste paar jaar soek ek en Francois, ons kry die rammetjie te siene, maar sonder vleis in die koelkamer. Een jaar het Francois n draai in die veld gaan stap, en toe hy later terugkom het die bosbok homself aan my af geshow, en drie meter van my af onder deur die draad kom klim.

Die ritueel is, ons ry Donderdag 10H00 na ellisras, kry vir Sarel daar by sy winkel, en dan is dit plaas toe. op die dag word daar maar redelik gekuier in die rivierloop, en die gewere word weg gebere. Met die bakkie oppad na die rivier sien ons twee mooi bosbok ramme.

Vrydag vroeg uit die bed. reg vir die jag, is ek en Francois direk in die rigting waar ons hulle gesien het. Vroeg skiet Francois n rooibok ooi, en rammetjie, en ek die rammetjie op die foto.

Image

Later skiet ek n vlakvark. nie die grootste tande nie, maar n lekker groot lyf aan hom. Francois het ook nog n rammetjie geskiet, en die bosbok moes maar wag tot Saterdag.

Saterdag vroeg is ons weer uit om die bosbok te gaan voorle, en loop in n trop rooibokke vas, wat baie van ons tyd in beslag neem, aangesien ek en Francois ook nog elk n rooibok soek. Lang storie kort, kom ons partykeer tot 7m van die bosbok af slegs om uit te vind dat hy ons dop gehou het, en eerste spore maak. Saterdag aand steeds geen bosbok in die koelkamer, en ek se vir Francois dat ons Sondag oggend weer n laaste draai moet gaan ry en kyk of ons nie die rammetjie kan kry nie.

6H30 ry ons sommer met sy Prado na die area waar die bokke bly, en skrik amper toe ons nog in die kar sit en die eerste van die twee bosbokke sommer hier 30m van ons af in die oopte sien staan. Die bok lyk toe asof daar iets fout is, maar is eindlik toe net nog deur die wind geslaap. Ons twee is dadelik uit, en na lang beraadslaging oor horings ens skiet Francois die ram op ongeveer 80m. Die Steyer Manlicher 93*62 met 232gr normas in doen sy werk soos net hy kan en die bosbok le. Na vyf jaar se jag, vat dit ons Sondag oggend net tien minute.

Hy het gister die trofee ingegee om te laat kuip, en die taxidermist bevestig 16duim. Oor n maand behoort dit nog steeds meer as 15" te wees, wat betekin dat die rammetjie toe nog n Rowland Ward trofee ook is.

Image

Die rammetjie se laaste eer betoon was toe maar n lift in die Prado.

Image

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 6:58 am
by Frederik
Lekker  ;D

Net so dat ander ook kan weet jy kan nie wag om Bosbok, njala, koedoe en rooibok te kuip nie en laat staan vir die volgende dag nie hulle is geneig om baie vinnig hairslip te kry en dit sien jy eers as die kuip klaar gelooi is.
Pierre, ek wil nou nie die mooi storie laat sleg word nie maar hoop alles kom reg.

Manne as jy ernstig is oor trofees leer om te kuip dit is regtig nie so moeilik nie en as jy nie die ore en neus en lippe nie regkry nie in ander woorde stop daar en nie verder gaan nie, het jy darem die meeste van die kuip af en laat le om in die sout.

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 9:43 am
by BRNO (Pierre)
Dankie Frederik. Ek hoop wraggies nie die kuip word suur nie.

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 9:48 am
by Geno
Pierre,
Dankie vir die storie, maat. Geluk met julle suksesvolle jag!
Daai bosbok se laaste lift is oulik, ek het met so luukse ryding matriek-afskeid toe gegaan! ;D

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 10:14 am
by GreyGhostGear
Lekker storie Pierre!

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 1:46 pm
by BRNO (Pierre)
Geno wrote: Pierre,
Dankie vir die storie, maat. Geluk met julle suksesvolle jag!
Daai bosbok se laaste lift is oulik, ek het met so luukse ryding matriek-afskeid toe gegaan! ;D
Plesier manne. Ek is nie die beste storie verteller op papier nie, maar ge my so twaalf biere, dan kan ek jou besig hou.

Geno, hoop jou rit het beter geeindig as die bosbok s'n! ;D

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 1:54 pm
by Geno
Pierre van der Merwe wrote: Geno, hoop jou rit het beter geeindig as die bosbok s'n! ;D
Ek get ongelukkig nie agter-in die Prado opgeeindig nie  :'(

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:35 pm
by Hilux01
Goeie werk Pierre

Ek is bly julle het n lekker naweek gehad
Weereens dankie vir daai 243 doppe, hule gaan goed werk

Henk

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:48 pm
by BRNO (Pierre)
Hilux01 wrote: Goeie werk Pierre

Ek is bly julle het n lekker naweek gehad
Weereens dankie vir daai 243 doppe, hule gaan goed werk

Henk
Dit was baie lekker dankie Henk. Hoe het julle jag verloop met familie en almal saam?
Sterkte met die doppe ;D

Re: Vyf jaar Bosbok jag te Hermansdal

Posted: Tue Aug 21, 2012 3:19 pm
by Vlakvark
Geno wrote:
Pierre van der Merwe wrote: Geno, hoop jou rit het beter geeindig as die bosbok s'n! ;D
Ek get ongelukkig nie agter-in die Prado opgeeindig nie  :'(
Ja nee kyk ook maar bly ek het my dogters weg daar uit Harties uit met Geno daar