Page 1 of 1

.284 WIN

Posted: Mon Aug 20, 2012 6:07 pm
by ZKK
Dagse Menere.
Ek wil graag begin deur myself voor te stel.
Ek is Francois en ek is n geweer-"coholic"
(Almal saam "hallo Francois")

Ek is in Pretoria en ek herlaai nou vir omtrent n jaar vir my .375 en .308 en my .357 rewolver.
My gat het die groot jeuk gekry en ek sal dit baie waardeer as julle manne my kan help.
Soos genoem het ek n .308 ZKK Brno jag geweer, maar ek is nie baie gelukkig met die akkuraatheid nie (Is mens ooit?)
So ek het besluit ek wil vir my n bietjie beter loop laat opsit en dan sommer die aksie laat blue print.
Toe het ek besluit dat terwyl ek besig is, sal ek nie omgee om n kaliber te he wat bietjie meer effektief oor langer afstande as .308 is nie, dis wat my aan die .284 Win laat dink het.
Ek het gesien daar is hier en daar mannie op hierdie forum wat bekend is met hierdie rondte.
Ek wil graag n 300m gemsbok geweer he, maar ook sosiaal teiken skiet (dis my tydverdryf).
Ek het gereken dat die 160gr Hornady interbonds net die regte medisyne sal wees.

Sal dit moontlik wees om so n ombouing te doen?
Wat gaan dit kos?
En wie in Pretoria kan julle aanbeveel?

Dan wil ek ook graag weet watse loop, twist, lengte, dikte julle sal aanbeveel en watse spoed ek behoort te kry uit die geweer.
Ek wil ook graag weet watse kruit die mees geskikte sal wees.
Kan mens dies en doppe in RSA kry?

Jammer vir al die vrae, maar soos julle tien teen een weet, het elkeen van ons nog n klein seuntjie binne ons het wat van nuwe
speelgoed hou

Enige ander advies of waarskuwings sal opreg waardeer word.

Groete
Francois

Re: .284 WIN

Posted: Mon Aug 20, 2012 6:22 pm
by tripodmvr
Ek weet van ander manne wat die' kaliber grootliks vir skyfskiet gebruik. My kop s? dat die 280 Rem en die 7x64 moontlik makliker is om voor komponente te kry en soortgelyke werkverrigting lewer.

Re: .284 WIN

Posted: Mon Aug 20, 2012 6:36 pm
by ZKK
Dit is verseker so en die 280Rem was iets waarna ek gekyk het,
maar soos ek genoem het moet die rondte in n kort .308 aksie kan pas.

So dit los basies die .284Win of die 7mm-08.

Re: .284 WIN

Posted: Mon Aug 20, 2012 7:45 pm
by Marc
BAIE dankie Ludwig

Dis mos nou hoe 'n Mod moet terugvoer uitdeel  ;) 

Maak my ook self lus vir so spesiale kaliber  8)

Mooiloop
Marc

Re: .284 WIN

Posted: Mon Aug 20, 2012 8:08 pm
by ZKK
Ja baie dankie Ludwig dit is nou n deeglike brokkie inligting.

Ek het gehoor die totale patroon lengte is n geneuk uit die kort aksies met die lang koeels.
Ek is egter tevrede met bietjie minder spoed as julle manne.
Soos ek gese het ek soek net iets wat ballisties beter is as my .308 veral teen die wind
Ek het my aksie gemeet en die langste wat my patrone kan wees is 73mm om in die magasyn te pas.
Die vraag is, sal ek 2800vt/s kry uit n 26" loop met die 160 grein koeels?
Met die bogenoemde ballistieke sal ek heeltemal tevrede wees (PS ek beplan nie om verder as 300m te skiet nie)

Die ander opsie sal wees om n kompromie aan te gaan en 150grein SST's te skiet.
(Ek weet nie of hulle noemenswaardig korter is as die 160's nie??)
Dit lyk of hierdie koeels ook nog n BC hoer as 0.5 het, en mens kan hulle miskien bietjie vinniger jaag?

Ek het nie n probleem om doppe op te nek nie en die nekke te "neck-turn" nie, ek sal baie dinge doen vir beter akuraatheid.

Ek luister graag verder.........

Re: .284 WIN

Posted: Mon Aug 20, 2012 8:49 pm
by ZKK
Dankie Ludwig
Die 154 Hornady Interbond klink vir my min of meer die opsie wat ek sal volg.
Sal S365 nogsteeds die beste kruit wees?
Watse primers werk goed vir die .284 Win?

Dan net weer, watse "Brand" loop wil mens na kyk, wat gaan die loop min of meer kos
en wat sal die totale ombouing min of meer kos en wie in Pretoria (of elders) sal vir my n loop
in .284Win kan kamer?

Groete

Re: .284 WIN

Posted: Wed Aug 22, 2012 7:00 pm
by ZKK
Dankie vir die reply Ludwig

Sou julle reken dat dit dalks beter/makliker is om dan maar die 7mm-o8 roete te gaan?
Watse spoed sal ek met die 7mm-08 uit n 26" loop kry met die 154 greiners?

Kan mens n 7mm-08 Akley Improve? en is dit gewens om dit te doen en is daar 7mm-08 reamers en dies in RSA?

Groete

Re: .284 WIN

Posted: Wed Aug 22, 2012 8:13 pm
by tripodmvr
Wil vir jou raad gee. Hou jou 308 en kyk na 'n nuwe geweer. Met Howa, Savage, Marlin ens op die prysoorlog kan jy 'n goeie 7mm bekom sonder om op jou kniege te wees voor die bankbestuurder.

Re: .284 WIN

Posted: Fri Aug 31, 2012 1:53 pm
by swc-tr
Ludwig wrote:
die 284 Shehane, doen ook tans diens as SA F-klas Ope span se kaliber van keuse.

Ludwig
Die nuutste "flavour of the month" kaliberkeuse van die SA F-Ope span is die .300WSM, so almal gaan seker nou op die .30kal bandwagon spring?

Re: .284 WIN

Posted: Fri Aug 31, 2012 2:36 pm
by Francois Marais
Ludwig

Skitterend geantwoord, TX mater......

Mooi loop
Francois

Re: .284 WIN

Posted: Sun Sep 02, 2012 7:41 pm
by Piet Breedt
Ludwig, jy verstom my met jou kennis van die langafstand kalibers. Mooi gedoen

Re: .284 WIN

Posted: Sun Sep 02, 2012 10:28 pm
by Arnold
Ek glo hulle sal seker die 230gr berger hybrid gebruik met 'n BC van 0.743
Met S385 en 'n 30" loop behoort jy hom te kan stoot teen 2700 fps (of vinniger) en omdat die manne oorsee skiet sal hulle dan ook van daai poeiers kan gebruik wat sels beter kan werk (soos Reloader 19?).

Re: .284 WIN

Posted: Sun Sep 09, 2012 9:47 pm
by swc-tr
Jannie Els, die F-klas kaptein, vertel hy skiet 230gr Berger Hybrids @ 2920fps! Ek het vir 'n vorige F-Ope SA kampioen sy lading ontwikkeling gedoen met 210 VLD Bergers, die beste kombinasie was @ 2930fps, met 1/3 moa 10-skoot groeperings op 300m. Doppe het steeds stywe primer pockets gehad na 6 kere se herlaai, die loop is eers oor gekamer na 2500 skote.

Ludwig, watter recoil uit 'n 10kg F-klas geweer?

Daar's niks fout met die .284Win en variante daarvan nie, het net die nuutste SA F-Ope span se kaliberkeuse genoem.
Kom skiet gerus bietjie saam met die F-klas skuts met jou .284, dis waar die kaliber tot sy reg kom, en waar die drywer leer om hom te dryf.

Re: .284 WIN

Posted: Mon Sep 10, 2012 8:09 am
by James Wilson
Ludwig, na jou laaste opmerking het ek gewonder waarvoor jy die langafstand geweer gaan gebruik? jy het dit seker al iewers genoem maar ek kry die idee die geweer is meer vir jou eie aanwending as vasgestelde komp's

Re: .284 WIN

Posted: Mon Sep 10, 2012 8:49 am
by James Wilson
Ludwig wrote: Uit en uit vir eie gebruik soos jy noem.  ;) 
dis nou hierdie gedeelte waarin ek belangstel. is dit nou vir gonge skiet en langafstand jag?

Re: .284 WIN

Posted: Mon Sep 10, 2012 9:27 am
by James Wilson
mmmm Ludwig. as ek jou post so sit en lees dan kom die begrip:"Student of the game"  by my op. 

ek kry die hunkering na  langafstand skiet, netnie afgeskud nie. noudat ek my 300mag se inherente fout uitgesorteer het, wil ek kyk na gsc of lapua scenars(167grn) om die 400-450m drumpel te bemeester. ek sal ook later dieselfde doen met my 6mm.  ek loop die hele naweek en dink aan n hoogte op n plaas waar ek baie jakke skiet. ek wil n dagroep daar doen maar wil vooraf baie voorbereidng doen op die terein self. dinge soos om n prentjie te teken van die uitstaande landmerke en dan die afstand na daardie punte. ek wil die wind dophou vir die sekere tyd van die dag. ek wil my skietstoel daar gaan neersit en los sodat die omgweing aan die stoel kan gewoont raak.

nou ek gaan natuurlik die jak skiet al is hy nader as 400m, maar ek ken daardie spot en ek weet van waar huille behoort in te kom is 400m plus.dit is bloot toevallig dat daar n vlakvark troppie ook op daardie spot is.
ek is jammer ek hi-jack  n ander post maar miskien moet ons net praat ook oor die voorbereidng van langafstand jag anders dan as net die geweer. maw as die geweer en lading in plek is wat kom volgende?

Re: .284 WIN

Posted: Mon Sep 10, 2012 9:43 am
by BLOK
James James

Sit en dink ons so saam aan die selfde dinge. Met die dat ek die 130mm gonge al so lekker skoot vir skoot skiet met die 204 tot op 400m, sit dit net so lekker in my agterkop om n jakkals op die verder afstande te kan flous. Net daar waar hy dink jy kan hom nie bykom nie. Ek hoop regtag dat as daai plekkie van jou ingerug is ek darem kan saam kom en kan kyk hoe jy daai jakkals verras.

Re: .284 WIN

Posted: Mon Sep 10, 2012 9:56 am
by James Wilson
Blok, verseker.

Ludwig ek maak n nuwe topic, dankie.