Page 1 of 1

Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 6:09 pm
by Pvdw
Ek het 1 keer by 'n vriend buite Bronkies gaan jakkies jag. Graham was aan stuur van die operasie en die roepper. Ondanks sy onortedokse jagmaats het ons 4 brakkies geskiet(Sommer met die 30-30 en 30-06) :D :D :D Ons was heel tevrede met ons eerste poging.

Die eienaar het ons ges? dat daar wel bruin hi?na op die plaas is. Wat is hulle status? Kan ons hulle skiet of is dit "Off limits". Sal graag wil weet wat om te doen as ons een raakloop? Ons is weer oppad soontoe in Junie. Hoop net nie ons vrek van die koue nie. :P :P :P

Dankie.

Peet

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 6:32 pm
by tafjak
Peet

Is Graham se van nie Du Preez nie?

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 6:50 pm
by Pvdw
Ja dis hy.

Hy het my en my friend, die eienaar van die plaas uitgevat vir die jakkals sessie. Hy het asl mooi gere?l maar ek en my friend is nie so goed soos hy gedisiplineerd nie. Het tog goed afgeloop en 4 jakkies gekry.

Die keer sal ons die ding op sy manier doen en hopelik nog 'n paar laat groet.

Wat nou van die bruin hi?nas ??? ;D kan ons hulle maar skiet of mag ons nie?

Peet

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 7:26 pm
by tafjak
Peet

Skiet hulle, gaan gewoonlik nie langer as 6maande tronk toe nie. Hoop Caller kan lig hierop werp. As die plaas wildwering het, kan jy hom maar skiet as die eienaar toestemming gee.

Graham is my neef.

Groete

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 8:25 pm
by Pvdw
6 maande tronk toe maar vroeg uit vir goeie gedrag dan skiet ons weer volgende naweek ;D ;D ;D

So ek moet nie by jou van Graham skinder nie ;)

Ek en hy speel al te lekker met die voorlaaiers elke Saterdag by die skietklub hier in Pretotia

Tyd dat ons weer in die veld kom.

Sal wag en kyk of daar beter raad as joune kom i.v.m. die hi?nas :-\

Die grond is nie omhein met wilds heining nie en is 'n bees en skaap plaas. Gewone 3 voet draad meeste van die plaas.

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 9:15 pm
by Caller
Peet

Bruin haenas is landwyd 'n beskermde spesie en is gelys onder NEMBA (National Environmental Management, Biodiversity Act) se TOPS (Thretant or Protected Species) lys.

Sertifikaat van voldoende omheining verander geensins die situasie nie!!!.

As jy skade het met 'n bruin haena, moet Natuurbewaring jou plaas besoek en as hulle skade vind wat deur die haena aangerig is, sal daar eers van jou verwag word om sogenaamde "Best Practices" toe te pas. Indien laasgenoemde nie werk nie of ondoeltreffend is, word daardie spesifieke indevidu, as 'n skadeveroorsakende dier gesertifiseer deur die betrokke provinsie se natuurbewarings owerheid en dan moet die grondeienaar aansoek doen vir 'n "Restricted Activity" permit om die dier fisies te beheer. Word die permit toegestaan (wat heelwaarskynlik die geval sal wees, indien kan bewys dat jy groot skades het), moet die grondeienaar eers probeer om die dier te vang sodat hy getranslokeer kan word deur natuurbewaring. Indien vang nie wil werk nie, kan dodelike beheermetodes gebruik word. Die permit sal gewoonlik spesifiseer wat jy mag doen of nie.

Natuurbewaring (wat hulle sout werd is [soos die Vrystaat natuurlik ::)] sal die operasie monitor. Die grondeienaar kan natuurlik altyd vir natuurbewaring vra vir hulp (ondersteunings diens) in so 'n geval.

Onthou verder dat jy geen deel van 'n bruin haena of enige ander beskermde spesie in jou besit mag he, sonder 'n permit nie. Indien jy 'n  beskermde dier wat onwettig gejag is, na 'n taksidermist stuur vir behandeling, is daardie taksidermist verplig om jou besonderhede dadelik aan Natuurbewaring bekend te maak, anders is hy saam met jou in die moeilikheid. Hierdie selfde status geld ook vir die gevlekte haena.

En ouens ,asseblieftog, die polisie gaan jou wapens kom vat, as jy vir 'n oortreding skuldig bevind word, waarin jy 'n vuurwapen gebruik het. So wat ek wil se is, dit is nie die moeite werd om jou vuurwapens in die gedrang te plaas, net omdat jy jukkerig was om 'n haena te skiet nie of by jou pelle daarmee wou spog nie. As jy probleme het, hanteer dit op die regte manier.

Groete en sterkte

Caller



   

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 9:29 pm
by tafjak
Peet

Jy kan maar skinder, ons 2 kom nogal goed oor die weg. Ek weet wat jy bedoel met die dissipline ding. Te goed.

Mooiloop

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 9:30 pm
by tafjak
Caller

Dankie vir die warning, geweet jy sal tot die redding kom.

Groete

Re: Briun hi?na.

Posted: Wed May 12, 2010 10:12 pm
by Ambessa
Hallo Caller
Caller wrote:...As jy probleme het, hanteer dit op die regte manier.
Sela.

Ambessa

Re: Briun hi?na.

Posted: Thu May 13, 2010 5:40 pm
by Pvdw
Dankie Caller.

Dis die antwoord wat ek wou h?.

Ek was nie te mal oor tafjak se raad om te skiet en 6 maande tronk toe te gaan nie. Iets daarvan maak nie vir my sin nie :-\ :-\ :-\.

Peet.