Page 1 of 1

Uittrek van gifmelkbos (Noorsdoring)

Posted: Mon Aug 13, 2012 9:25 pm
by Frikjordaan
Die gifmelkbosse het met die laaste paar jaar van goeie reen erg toegeneem en redelike groot gedeeltes is van my plaas is erg oorgroei van die onding. en dan praat ek nie eers van die swarthaak nie.

Planne om dit met bespuiting te beheer wil nie werk nie want die hoeveelheid water wat nodig is te moeilik om bo in die berg te kry en die sukses syfer met enkel bespuiting is nie baie goed nie. Dan praat ek nie eers van die onbetroubaarheid van die werker wat met die rugsakspuit loop nie.

Het nou nuwe plan om die goed uit te trek sov?r ek kan by kom met die Landrover, maar dink dat 'n goeie "winch" met lang kabel sal baie help daar waar dit moeiliker is om by te kom. besef dit sal net kan werk waar ek kan ry maar die ou Series 111 loop waar mens nie kan glo.

Die bosse het nie vreeslike wortelstelsel nie en gewone bakkie trek hom maklik uit.

die vraag is nou watter van die beskikbare 12 volt wenasse sal redelik hou as dit weekliks/daagliks gebruik word. bang ek koop 'n ding wat net ontwerp is om paar keer gebruik word om kar wat vassit uit te trek

Sien op die internet van Warn, Tmax, Ironman (Australii?) Reken as ek die reik afstand kan verleng met een of twee 30 meter kettings sal ons redelik baie  bosse kan bykom.

20 meter eie kabel en ongeveer 12000 pond trekkrag sal goed kan werk maar is bekommerd oor die werksvermo? (duursaamheid)van hierdie rykman speelgoed.

Kry mens 'n soort "Industrieele" tipe?

Wil nie graag ding koop wat nie gaan hou nie.
Het ook oorweeg  om trekker aan te koop,maar dit sal nog duurder opsie wees
Sal waardeer as forumlede wat kennis het van die tipe "Winches" bietjie raad sal gee en asook waar mens die beste prys gaan betaal.
Mooi loop en baie dankie
Frik

Re: Uittrek van gifmelkbos (Noorsdoring)

Posted: Tue Aug 14, 2012 9:55 am
by FHM
Dagse mede-Namibier.

Frik ek kan nie jou vraag antwoord nie - wil net vir jou se dat in my persoonlike opinie sal ek eerder n ou tweedehanse trekker erens koop. Sekerlik het jou buurmanne dieselfde probleem met die melkbosse by hulle, dink maar net, dalk kan julle saamklap en n 'community' trekker aanskaf wat die buurmanne ook sal help ont-melkbos?

Hoop jy kom reg ou maat.

Re: Uittrek van gifmelkbos (Noorsdoring)

Posted: Tue Aug 14, 2012 10:43 am
by Vincehond
N winch is glad nie gebou om sulke werk te doen nie Frik.
Dis nie iets wat ontwerp is om aanhoudend te werk deur die dag nie. Sluitasie is heeltemal teveel.
Hy gaan net kopseer vir  wees. Daar is niks beter as om n trekker aan te skaf nie.

Sterkte