Page 1 of 1
Finger afdruk departement
Posted: Mon Aug 13, 2012 3:30 pm
by RUPERT
Hi almal
Ek en n friend van my het dieselfde tyd ons kompetincy aansoeke ingehandig en sy aansoek le nou nog by die finger afdruk departement(amper 3 maande)Weet iemant of n mens hulle kan kontak om te sien wat die probleem is.Ek weet my friend het genoem dat hy gevang was vir dronk bestuur omtrent 20jaar terug maar kan dit regtig so ernstig wees as jy daar aan dink dit het 20jaar terug gebeur.Die tyd voor ons als ingehandig het het die S.A.P.D tog op sy rekord gegaan en niks het op die nuwe sisteem gewys.As iemand raad het ek se nooit nee.
Dankie
Re: Finger afdruk departement
Posted: Mon Aug 13, 2012 3:32 pm
by DWB
Jong, as hy daar vashaak dan doen hy dit ordentlik... Bel maar gereeld...
Re: Finger afdruk departement
Posted: Mon Aug 13, 2012 3:38 pm
by RUPERT
DWB wrote:
Jong, as hy daar vashaak dan doen hy dit ordentlik... Bel maar gereeld...
Ons het nou al gebel dat ons blou raak is daar nie n nommer wat n mens hulle kan bel?
Re: Finger afdruk departement
Posted: Mon Aug 13, 2012 3:42 pm
by Marc
Rupert jong, ou Fanie hier by ons het GROOT kopseer oor 'n simpel ou nietigheid wat jare terug al uitgesorteer was. Hoop vir jou vriend hy kom reg, hy mag dalk 'n berg moet klim

Re: Finger afdruk departement
Posted: Mon Aug 13, 2012 7:49 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse,
My eerlike opinie is daardie finger afdrukke het weggeraak,dalk gaan haal ek die bobbejaan agter die krans uit ma daai dinge vat nie so lank nie.
Groete
Re: Finger afdruk departement
Posted: Mon Aug 13, 2012 7:54 pm
by Frederik
Ek stem saam daaride papiere is fort !

Re: Finger afdruk departement
Posted: Tue Aug 14, 2012 9:36 am
by FCLoretz
RUPERT wrote:
DWB wrote:
Jong, as hy daar vashaak dan doen hy dit ordentlik... Bel maar gereeld...
Ons het nou al gebel dat ons blou raak is daar nie n nommer wat n mens hulle kan bel?
Capt. D Nortier
NortierD@saps.org.za
012 353 6148
Probeer die bogenoemde persoon.
Re: Finger afdruk departement
Posted: Tue Aug 21, 2012 2:48 am
by Fanie
Kaptein Nortier is skitterend, as dit nie vir hom was nie sou ek seker nog met die spul patete gesukkel het.
Ek het nie raad vir die doelbewuste vertraging om die vreeslike "bevoegdheid" toe te staan nie. Al wat op die sg bevoegdheid sertifikaat staan is jy het die korrupte wet se toets geslaag en jy kan met die wapens skiet - daar staan niks op of jy 'n krimineel is of nie.
Gaan heel eerste na die kriminele rekord sentrum toe en doen aansoek vir jou kriminele rekord sertifikaat. Dit neem 'n paar weke tot 'n paar maande. Daarna, as jy 'n kriminele rekord het moet jy vir hulle se hulle moet die vorms vir jou gee vir kwytskelding deur die depatement van justisie. Jy moet aandring daarop want hulle wil die vorms nie vir jou gee nie. Ek het geweier om te loop tot hulle vir my die vorms gegee het.
As jy 'n rekord het (ek het sommer twee) dan doen jy aansoek vir kwytskelding deur die "president" en jy word dan 'n skoon rekord gegee, amper soos jy word her-gebore in die NSA. Dit neem die dept van justisie ten minste 5 maande, ek het nou nog niks gehoor van myne nie en ek is nie vreeslik hoopvol nie. Dalk oor die president in Mozambique rondry of myn oproer toesprake lewer.
'n Afskrif van jou rekord sertifikaat (onthou tog alle papiere moet beedig word en hou al die oorspronklikes) as jy geen kriminele rekord het nie, moet jy dan by die "registrar" kry, die oponthoud is waarskynlik hulle wag vir die rekord verslag om eendag gestuur te word. So voor jy "aansoek" doen vir bevoegdheid, kry maar eers jou kriminele rekord sertifikaat - dis weeeer vingerafdrukke en en en.
Terwyl jy wag vir die "president" om jou kriminele kwytskelding te vergun, kan jy solank vir die apelraad 'n brief skryf en vra dat hulle jou bevoegdheid toestaan. Ek het 4 apelle ingedien en geen idee wat hulle uiteindelik gekry het nie, die eh eh eh ontvangs weier om vir jou 'n ontvangs bewys te gee.
As jy nie 'n kriminele rekord het nie stuur jy die kriminele rekord sertifikaat se gesertifiseerde afskrif in saam met jou aansoek vir bevoegdheid.
Onthou die wet is nie geskryf sodat mense wettige wapen lisensies kan kry nie, dis geskryf om mense te ontwapen.
Moenie opgee nie, dit is jou reg en jou regte is nie onderhandelbaar nie.
Re: Finger afdruk departement
Posted: Tue Sep 11, 2012 3:08 pm
by RUPERT
Ons het nou uit eindelik iets van die departement gekry nou wag ons al n week vir die kompetincy goedkeuring.black-sam ek dag hulle se die proses is vinniger dit voel soos maande.