Page 1 of 2

338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 3:00 pm
by Biltongjagter
Enigiemand wat hierdie 300+ grein koe?l in sy .338 wil toets oor die langer afstande?

338 Caliber 
Bullet Weight  : 309 gr      BC              : 1(BK is eintlik 1.216 - program lees tot BK=1.0 !!!!!)         
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3600 fps    Zero Range      : 200 meters 
Target Speed    : 0 mph        Angle            : 0.0 degrees

    Range      Height          Vel           
  -------        -------      -------           
        0        -1.50        3600.0   
      50        0.11        3574.6   
      100        0.90        3549.3   
      150        0.87        3524.1   
      200        0.00        3498.9   
      250      -1.72        3473.8   
      300      -4.30        3448.7   
      350      -7.76        3423.6 
      400    -12.10        3398.6 (Verloor raps oor 200vps tot 400m, val net 12.10cm van zero 200m na 400m.) 
      450    -17.34        3373.7 
      500    -23.50      3348.8 

Groete,
Koos.
 

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 3:17 pm
by Jan Nel
Koos

In watter kaliber kry jy 3600 fps met 'n 309 grein koeel?

Groete

Jan

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 3:24 pm
by Biltongjagter
Sekere .338 kalibers kan so maak, Jan.

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 3:27 pm
by Jan Nel
Koos

Ek wil so ene besit, naam asb.  Ek weet nie van so iets nie.  Sommer lading detail ook asb.

Groete

Jan

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 3:58 pm
by Biltongjagter
338 Snipe (Tag - spelling!!!) Tac met 32" - 36" loop - Amerikaanse Wildcats en speelgoed wat ons nie beskore is nie, Jan.

Groete,
Koos.

[img width=560 height=305]http://www.techfund.co.za/images/338snipetactom5x.jpg[/img]

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 7:27 pm
by Marc
Koos

Terwyl jy op die onderwerp is, gooi bietjie stats oor die 338 LM met julle GSC koe?ls. Sal graag wil sien wat hulle uit die Savage 110 sal maak  8)

Mooiloop
Marc

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Sun Aug 12, 2012 8:14 pm
by Biltongjagter
Marc, Gerard kan baie meer as ek hieroor s?.

S?, ek vra hom om meer hieroor te kom skryf.

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 8:43 am
by Renier
Koos

Ek neem aan hierdie is nie van toepassing op die 338 WM nie maar eerder op iets soos die 338 Lapua?

Groete

Renier

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 10:45 am
by Biltongjagter
Renier,

Die 338's wat hier ter sprake is - soos jy op foto kan sien - is heelwat meer vermo?nd as die normale 338's wat ons hier plaaslik tot ons beskikking het.
Tipiese Amerikaanse 'wildcats' met lang lope en groter kapasiteit vir dryfmiddel, ook van hul eie verskeidenheid, terwyl ons net Somchem het om te gebruik.

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 12:12 pm
by Stefan764
Ja nee genadie hierie ding loop n hond uit n bos uit. Blikslaters.

Oom Koos ek sien ook uit om te sien wat maak die GSC in die Lapua. Maak julle n 300gr vir hom?

Dankie
Stefan

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 12:48 pm
by Biltongjagter
Stefan,

Ons tipiese SP koe?l vir die 338LM, is die 338232SP (232gr) wat die LM uit 'n 24" loop kan lanseer teen 3000vps. BK is 0.795.
Di? koe?l vereis verskieslik 'n spiraal van 1:10" - maksimum 1:10.5", om die verlangde SF op te lewer.

Ons mees gewilde jagkoe?l vir die 338LM is die 338200HV en so hier en daar is daar manne wat soms die 338225HV gebruik.

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 1:41 pm
by Marc
Biltongjagter wrote: Stefan,

Ons tipiese SP koe?l vir die 338LM, is die 338232SP (232gr) wat die LM uit 'n 24" loop kan lanseer teen 3000vps. BK is 0.795.
Di? koe?l vereis verskieslik 'n spiraal van 1:10" - maksimum 1:10.5", om die verlangde SF op te lewer.

Ons mees gewilde jagkoe?l vir die 338LM is die 338200HV en so hier en daar is daar manne wat soms die 338225HV gebruik.

Groete,
Koos.
Agga nee man Koos, lyk my julle cater meer vir die Winchester manne. My en Stef sin het 1:9 twists en 26" lope.

Hoop tog Oom Gerard sal kan kom lig gooi hier, ek wag in spanning  8)

Mooiloop
Marc

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 1:54 pm
by Stefan764
Biltongjagter wrote: BK is 0.795.

Di? koe?l vereis verskieslik 'n spiraal van 1:10" - maksimum 1:10.5", om die verlangde SF op te lewer.
Bitter lekker BC........

Enige kans om vir n 1:9" n koeeltjie te kry?

Groete en dankie
Stefan

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 2:25 pm
by Biltongjagter
Ek sien oom Koos se julle bou n 220gr maar hy werk op n 1:10" spiraal. Enige raad vir die 1:9" twist?
232gr, nie 220gr nie!

Nogtans, 1:9" spiraal kan dieselfde koe?l ook hanteer - SF is net ho?r, wat nie nadelig is oor die afstande op tot 500m nie - lees die volgende:
A Stability Factor greater than 1.2 is required.  Any combination of twist rate and bullet length that does not give at least that, is not suitable.  SP bullets are non-expanding spitser type bullets and are not recommended for hunting, unless you have a specific application.  For use under 500m, a Stability Factor of 1.5 or even greater can be used. For distances beyond 500m the stability factor can be decreased, but must never be less than 1.2. Some experimentation will be required to determine the best combination for your particular atmospheric conditions.
S?, 1:9" spiraal met 26" loop kan die 232gr steeds lekker gooi!

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 2:34 pm
by Marc
So as ek reg verstaan kan julle 232gr steeds goed groeper uit 'n 1:9 twist, jy gaan  net eers die volle potensiaal ontwikkel oor afstande verder as 500m  ??? ??? ???

As dit so is gaan die effek baie nadelig wees onder 500m of marginaal  ??? ??? ??? Ek wonder net as die koe?l reeds onstabiel is vir die eerste 500m van sy trajek, watter invloed het dit dan op die laaste 500m van sy baan  ??? ??? ???

Hoop nie ke raak nou te tegnies nie  8)

Mooiloop
Marc

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 3:40 pm
by Biltongjagter
Marc, die koe?l gaan nie onstabiel wees onder 500m met die 1:9" spiraal nie - lees hierdie deel in die beskrywing gegee -
For use under 500m, a Stability Factor of 1.5 or even greater can be used.
Groter SF sal verkry word met 1:9" spiraal, maar koe?l sal steeds stabiel wees.

Om afstande verder as 500m te skiet,
A Stability Factor greater than 1.2 is required
s?, vir afstande verder as 500m, kan begin word met 'n SF kleiner as 1.5, MAAR
..... must never be less than 1.2.
As die koe?l dus die tromp stabiel verlaat, sal die nie sommer onstabiel raak verder af in die trajek nie - sal eerder meer stabiel raak.
Uitsonderlike gevalle van dinamiese destabilisering verder af in die trajek kan ook wel voorkom, soos Gerard ook al in ander plasings oor stabiliteit bespreek het.

Weereens, 1:9" spiraal met 26" loop kan die 232gr steeds lekker gooi!

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Mon Aug 13, 2012 3:44 pm
by Marc
Dankie dankie  8)

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 10:04 am
by Stefan764
Watse spoed kan n man kry met
Biltongjagter wrote: Weereens, 1:9" spiraal met 26" loop kan die 232gr steeds lekker gooi!
hierdie kombinasie?

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 12:14 pm
by Biltongjagter
338 Lapua Magnum -

338232SP150  Spiraal  1:10" 

Dryfmiddel  Aanvang  Maks Vps 24"  Vps/dm    TPLmm    % Vulling
S365       81gr         3000                27          94            103

Met 'n 26" duim loop sal die Maks Vps wees 3000 + (2x27) = 3054vps.

Natuurlik moet daar met die opwerk van die spoedontwikkeling, vanaf die aanvangslading van 81gr S365, deurlopend op oormatige druk gelet word.
Sou tekens van oormatige druk voorkom teen laer spoed as bv. 3054vps, verminder lading effens totdat daar geen tekens van oormatige druk is nie.
Aanvaar dan daardie spoed as jou geweer se maksimum spoed met die kombinasie van koe?l en volume dryfmiddel.

Let daarop dat nie alle gewere dieselfde spoed oplewer met selfs dieselfde lading dryfmiddel nie - dit is nou maar een maal so.

N?dat hierdie spoedontwikkeling gedoen is, kan met TPL gespeel word om die kleinste moontlike groepering te verkry.

Lees hier meer oor ladingontwikkelingsmetode vir GSC koe?ls - http://www.techfund.co.za/gscloaddev.asp

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 12:20 pm
by Wouter Roets
Koos

Om aan te sluit by jou skrywe sal ek eerder se met maksimum lading dit vir daai gegewe batch poeier moet wees en nie net vir n die reeks nie. Ons het mos nou al gesien hoe erg die lotte van mekaar kan verskil!

Groetnis
Wouter

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 1:31 pm
by Marc
Koos

Hoekom beveel julle S365 aan, meeste ouens het my aangeraai om S385 te gebruik. Ek hoor graag, dis nie om jou menings te probeer uitmekaar skeur nie, maar ek wil bitter graag soveel moontlik oor die kaliber leer.

Mooiloop
Marc

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 2:08 pm
by Biltongjagter
Marc,

Ek sou s? eerstens, omdat S365 'n 100% ontbranding in die geweer gee met geen dele dryfmiddel wat buite die loop nog ontbrand nie. Dus minder versteuring van koe?l sodra dit die loop verlaat wat lei tot groter akkuraatheid.
Q. Is dit belangrik om die tipe kruit wat GSC aanbeveel in die laai data tabelle te gebruik?

A. Die kombinasie van trompdruk, ontbranding en snelheid vertel vir ons hoe na aan volledige ontbranding die keuse en hoeveelheid kruit sal gee. Teen 100% ontbranding, meer spoed en meer trompdruk is die kruit nader aan optimale ontbranding.
Dit is beter om 'n dop met minder lugspasie te h?. Ontbranding is minder wisselend.
Onvolledige ontbranding veroorsaak dat kruit voor die bek van die loop brand en die koe?l moet dan deur die wolk van turbulente gas vlieg. Dit versteur die koe?l op 'n stadium wat dit juis sensitief is vir sulke invloede.
Die koe?l verlaat die tromp teen watter spoed ookal terwyl die gas ontsnap teen ongeveer 7000vps. Die gas verloor vinnig spoed, maar nie voor dit die koe?l verbygesteek het nie.
Image
Tweedens, die volgende wat ook negatiewe resultate kan meebring:
Secondary Explosion Effect, or S.E.E. seems to occur when a "slow" powder is used and the powder charge reduced to below 15% of max. This will cause the powder to detonate rather that burn at the prescribed rate. ~ by Terry Blauwkamp.
Alles saam gaan daaroor dat die aanbeveelde kombinasie van koe?l, spoed en dryfmiddel, die optimale resultate moet kan lewer.

Groete,
Koos.

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 2:44 pm
by Stefan764
Dankie weereens vir die leersame inligting  :)

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 3:02 pm
by Wouter Roets
Koos

S385 sal ook 100% ontbrand in n 26 duim loop. Dopfulling sal ook beter as 100% wees.

Groetnis
Wouter

Re: 338 Kaliber lang afstand skiet -

Posted: Tue Aug 14, 2012 3:07 pm
by Marc
Dankie Wicus en Baas Wout

Ek sou by S385 bly bllot uit die feit dat hy baie meer konstant is as S365. S365 is amper soos PMP se verlore seun  ;D ;D ;D

Dankie manne, ek leer graag  ;)

Mooiloop
Marc