Page 1 of 1
Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 10:12 am
by Stefan764
More manne
Ek en Lourens het gister so vinnige toetsie gedoen daar by oom Piet Breedt...
338Lapua met n 300gr Berger Hybrid (BC van .818) teen 2550fps
Op 400m in nat telefoonboeke ingeskiet. 2x skote het die teiekn getref. Die eerste een op die kant van die wet-pack en net die helfte van die koeel het binne die pak gehardloop, die ander helfte buite en wonderbaarlik het die koeel reguit bly penetreer.
Eerste skoot se herwinde koeel
[img width=560 height=420]
https://dl.dropbox.com/u/55333818/berger2.JPG[/img]
Tweede skoot se herwinde koeel. Presies in die middel van die wet-pack in.
[img width=560 height=420]
https://dl.dropbox.com/u/55333818/berger1.JPG[/img]
Vir skaal....
[img width=560 height=420]
https://dl.dropbox.com/u/55333818/berger3.JPG[/img]
Koeel 1 en koeel 2 het deur 12x nat telefoonboeke (op 400m

) gegaan en in boek 13 gaan vassteek. Albei koele het presies reguit bly penetreer en het nie gedraai, getuimel of van koers af beweeg nie.
Wat vir my ook verstommend was was die feit dat die koeels so mooi gewig (en vorm, veral koeel 2) behou het. Ek dink teen hierdie impaksnelheid (slim programme se die koeel het op 400m getref teen 2106) sal hierdie berger nogal lekker werk op n bok op 400m ook? Of hoe praat ek dan nou?
Lourens gaan vir ons n verslaggie oor Barnes ook kom opsit in die wet-packs...
Lourens kom in Lourens kom in...
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 10:18 am
by tau
Nie bad vir 'n .338 nie, maar as jy nou daai 7 mm gevat het...
Hoeveelval daai patroon op 400 m?
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 10:45 am
by Stefan764
tau wrote:
Hoeveelval daai patroon op 400 m?
Met die Nightforce en oom Piet met sy slim masjientjies saam jou maak daai glad nie saak nie, jy vat vir die middel van die teiken en dan kan jy lat loop!
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 12:48 pm
by LUAN
So hy verloor net bietjie meer as 400fps oor 400m? dis belaglik, lekker longrange hunter daardie....
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 1:01 pm
by Stefan764
*303* wrote:
So hy verloor net bietjie meer as 400fps oor 400m? dis belaglik, lekker longrange hunter daardie....
Dis hom daai

Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 1:25 pm
by Biltongjagter
338 Lapua
Bullet Weight : 300 gr BC : 0.818
Xwind Speed : 0 mph Xwind Angle : 0 ?
Muzzle Velocity : 2550 fps Zero Range : 200 meters
Target Speed : 0 mph Angle : 0.0 degrees
Range Height Vel
------- ------- -------
0 -1.50 2550.0
50 1.50 2484.2
100 2.81 2419.4
150 2.34 2355.5
200 0.00 2292.5
250 -4.32 2230.5
300 -10.73 2199.4
350 -19.36 2168.2
400 -30.32 2106.1 ( Val vanaf 200m zero 30.32cm na 400m)
450 -43.76 1991.9
500 -59.82 1934.7
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 1:38 pm
by Pvdw
400 -30.32 2106.1 ( Val vanaf 200m zero 30.32cm na 400m)
Net om 'n idee te gee, 'n 223 55gr V-Max teen 3200ft/s zero op 200m val naastenby 66cm op 400m.

Die 338 kombinasie gaan lang afstand skiet veel maklikker maak.
Dankie vir die info Stefan. Ek het wel nie 'n 338 nie maar leer graag.
Peet
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Sun Aug 12, 2012 1:41 pm
by Marc
Dit klink vir my reg
Vertel bietjie meer oor die spoed, watter doppe, slagdoppies en kruit gebruik julle om daai 2550ftps te bekom

Lyk my ek het in die speed kills strik getrap met die Bergers, hoeveel jump gebruik julle, jammer al die vrae maar nou voel ek weer soos 'n kind 'n lekkergoed winkel
Terloops, ek weet dis a Match koe?l, maar die Yanks jag al te lekker met hulle oor die laaaaang afstande
Dankie vir die terugvoer, daai nr2 lyk pragtig
Mooiloop
Marc
PS: Oom Piet hoeveel kos so Dag op die baan saam Oom

My iPhone het gekom en ek gaan iemand nodig h? om my bietjie praktiese klasse te gee, as Oom nie omgee nie

Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Mon Aug 13, 2012 4:36 pm
by Lourens
Stefan764 wrote:
Lourens gaan vir ons n verslaggie oor Barnes ook kom opsit in die wet-packs...
Lourens kom in Lourens kom in...
Staan by.....
Middag manne,
Ek gaan more 'n vinnige verslaggie oor die Barnes koele wat in die wetpack geskiet is met die .300 WSM en die .223 kom lewer. Ek sal die link na die topic hier kom plaas.
Ek moet se dat daardie Lapua van Stefaans 'n droom-yster is en dat hy heerlik skiet. Ek kon ook nie glo dat die Berger Hybrid so goed in die wetpack presteer het nie. Ekt gedink hy gaan op 400m of glad nie oopmaak nie of hy gaan in stukke breek, maar hyt die teendeel bewys en sy gewig skitterend behou, asook skitterend gepentreer, dit wys dat hierdie 'n puik jagkoeel in die Lapua behoort te wees vir lang afstande.
Groete,
Lourens
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Mon Aug 13, 2012 4:52 pm
by BLOK
Lourens
Iets anders. Hoe ver is jy met daai toetse van die silika tipe toets media wat jy aanmekaar geslaan het, of werk dit nie.
Ek wonder maar net.
Stefaans
Daai 338 lyk my maak mooi.
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Mon Aug 13, 2012 4:55 pm
by Gerhard
Daai 338 sal n verf blik net n duik in skiet op 450m ...
Dis nou as n man hom raak geskiet kan kry... he he he he
mooi gedoen Stefan...
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Mon Aug 13, 2012 5:37 pm
by Beretta
Lourens
Ek stel baie belang in die toets met die 223 en die Barnes koeels as dit is soos ek dit lees.
Beretta
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Mon Aug 13, 2012 6:02 pm
by Marc
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Wed Aug 15, 2012 3:18 pm
by Lourens
Lourens wrote:
Stefan764 wrote:
Lourens gaan vir ons n verslaggie oor Barnes ook kom opsit in die wet-packs...
Lourens kom in Lourens kom in...
Staan by.....
Middag manne,
Ek gaan more 'n vinnige verslaggie oor die Barnes koele wat in die wetpack geskiet is met die .300 WSM en die .223 kom lewer. Ek sal die link na die topic hier kom plaas.
Manne hier is die link na die verslag oor die Barnes wetpack toets soos belowe.
http://jaracal.com/index.php/topic,13605.0.html
Blok om jou vraag oor die ballistic gel te antwoord. Ek het die formule vir die gel agtermekaar en het dit al op klein skaal getoets. Die laaste ruk was dinge bietjie dol maar nou dat die jagseisoen op 'n einde is gaan ek binnekort die gel toets met die .223. Indien daai toetse loop soos ek hoop en glo dit sal loop, dan dink ek ons kan die groter goed ook in die gel toets. Ek sal jou op hoogte hou, ek weet jy brand om daai .204 van jou in die gel te toets!

Behoort so binne die volgende maand of wat te gebeur....
Groete,
Lou
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Mon Aug 20, 2012 10:54 am

Lou hehehe
Is dit nou Lou met of sonder maanhare. hahaha
Is reg ek wag vir daai gel, is nou moeg vir speel in die putty, ek dink net die gel gaan n beter impaksone gee wat gesien kan word met die blote oog.
Laat weet as jy klaar is.
Mooiloop.
Re: Berger Hybrid langafstand toets - 338 Lapua
Posted: Tue Sep 25, 2012 7:35 pm
by Marc
Stefan
Wat gebeur hier

Dis darem bitter stil