Page 1 of 1

Eerste bwb met boog.

Posted: Sat Aug 11, 2012 2:24 pm
by VdWalt
So het ons toe Donderdag oggend 5 uur in die padgeval Thabazimbi toe vir paar dae se boog jag. Ek en my broer was altwee van plan om n rooibok of vlakvark te skiet.
Ons was net na 9:30 in die skuiling en n uur later was die eerste rooibokke daar. klompie ooie en klein rammetjies. so het die diere wat nie op die lys was hulle verskyning gemaak. Koedoe koeie, Njalas en varksog met n klein varkie. Later stap drie jongrammetjies in ek se een in myne, Ek's lus vir 'n boud in die oond en potjie kos. So die ramme was net reg.
Ek het hom op so 20 yards met NAP Killzone deur die hart geskiet. Alby sy bene was af en hy het seker 30 yards gemaak voor hy geval het.
Die middag het my broer ook sy rooibok gekry. Ek het die volgende oggend besluit om vir n vark te gaan kyk. Toe kom die bwb in...

Ek het hom ook met die Killzone geskiet - deur die hart. Hy het 40 yards gemaak - sy boude het sommer na 20 yards gesak en binne n minuut was hy klaar.
Ek kan alby die broadheads weer gebruik. Hulle is nog net so ongelooflik skerp en makeer niks. Ek sal nie sommer weer met iets anders skiet nie!
[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 104131.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 105806.jpg[/img]
Die bwb se hart mooi raak geskiet.
[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... G_0063.jpg[/img]

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sat Aug 11, 2012 2:30 pm
by Herman Venter
Baie geluk!
Netjiese skoot daar op die bwb!

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sat Aug 11, 2012 3:25 pm
by BoogJagter111p
Mooi geskiet en goeie fotos.

Groete

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sat Aug 11, 2012 4:14 pm
by Gerhard
Geluk man...

Jy het die blou willie dood se handbriek mooi op getrek met daai skoot.

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sat Aug 11, 2012 5:33 pm
by Vlakvark
Mooi VdWalt goeie skoot

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sun Aug 12, 2012 5:52 am
by VdWalt
Baie dankie julle.

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sun Aug 12, 2012 6:06 am
by Monrique (SJ)
VdWalt

Mooi geskiet. Pragtige foto's.


Groetnis

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Sun Aug 12, 2012 10:26 am
by tau
Ek skiet nie boog nie, maar daai hartskoot lyk goed!!!!!

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Thu Aug 16, 2012 11:36 am
by Musketeer
Baie baie geluk!!

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Thu Aug 16, 2012 11:55 am
by VdWalt
Dankie.

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Thu Aug 16, 2012 12:58 pm
by FCLoretz
VDWalt,


Ek dog jy gaan nie die BWB skiet nie??

Baie geluk met die BWB, Baie mooi gedoen. Daai biltong kasse van jou gaan nou mooi oortyd werk.

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Thu Aug 16, 2012 1:02 pm
by VdWalt
;D Hy wou my byt ....!!

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Thu Aug 16, 2012 1:03 pm
by FCLoretz
VdWalt wrote: ;D Hy wou my byt ....!!
Het hy darem sy tande geborsel voor die tyd!!  :D

Re: Eerste bwb met boog.

Posted: Thu Aug 16, 2012 1:40 pm
by Carl
Baie geluk, uitstekend geskiet.