Page 1 of 3

Rolie Byeenkoms

Posted: Fri Aug 10, 2012 7:14 pm
by stephensonsknives
Wat is die moontikheid dat ons as Jaracal Forum lede wat in jaghandwapen belangstel  bymekaar kan kom dat ons dalk kan kommunikeer oor die wapens wat ons gebruik vir Handwapenjag, jagplase, akkuraat skiet ens ens ens ens

Ek is in Pretoria woonagtig.

stephen@stephensonsknives.com

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:47 pm
by Beretta
Ek het n 44 mag gekoop om vark mee te skiet wou dan sommer die geweer vir die man gegee het. Nou ja ek sit nog steeds met  die 44  en geen vark nie maar het n colt 45 series 70 maar vir die man gegee omdat hy my gevra. Dit was race gun gewees met al die bells and whistles die pistool was so te se nuut maar nou sit ek nog steets met 44 mag en skiet hommglad nie baie goeie buckup vir indie veld sal ek se. Wat dink julle backup in die veld
Beretta

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Fri Aug 10, 2012 11:13 pm
by DieKraai
Ek het onlangs vir my 'n 44 Mag rollie gekoop om mee te jag en is nuut in die rollie skiet ding. Moet nog bok gaan plattrek met hom...maar moet nog baaaaie oefen.

So byeenkoms sal lekker wees......maar ongelukkig sit ek in kaap.

Mooi bly
:)

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Sat Aug 11, 2012 8:01 am
by DWB
Oom Beretta, ek sal myself baie mooi met hom kan verdedig in die mielies as die varke kwaai is ;D

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Sat Aug 11, 2012 8:14 am
by Dweetster
DWB wrote: Oom Beretta, ek sal myself baie mooi met hom kan verdedig in die mielies as die varke kwaai is ;D
DWB as hulle nie kwaai was nie gaan hulle wees as jy met daai ding in die mielies ingaan,"Kry jy die goete in outomaties ook ;D en met groter tolle vir meer amo? :P

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Sun Aug 12, 2012 8:10 pm
by stephensonsknives
waar is die manne ven gp province

waar in die kaap bly jy

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Sun Aug 12, 2012 9:31 pm
by mamba
klink goed, ek is in ;)

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Aug 28, 2012 9:00 pm
by SV MAD (Henk)
Ek is in. My 44 Magnum se lisensie is gister goed gekeur, so sal hom so teen einde volgende week he.

Dit klink of dit baie lekker kan raak, miskien moet ons mekaar erens by 'n skietbaan kry en dan van daar af werk, tips gee (die manne wat kan) ens.

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Wed Aug 29, 2012 8:10 am
by mamba
Dit kilink of dit gaan lekker raak ;D ;D

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Sun Sep 02, 2012 10:01 pm
by stephensonsknives
dit lyk of die belangstelling goed aankom

wat van nskietdag by krokodilspruit noord van pretoria dan kan ons kyk na n datum

die eienaar het braai geriewe ook daar

oja ek het ook vir my n 357 ruger gekoop,sal foto opsit

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Mon Sep 03, 2012 8:05 am
by SV MAD (Henk)
KLink goed

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Sep 04, 2012 5:40 pm
by Dweetster
Tot en met wat kan jy jag met bv 'n 357 rollie? Ek het ook een 'n Taurus.

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Sep 04, 2012 6:04 pm
by SV MAD (Henk)
Ek reken as jy lekker swaar koeels skiet, jy tot 'n koedoe sal kan skiet. Enigiets groter sal ek met 'n groter kaliber aandurf.  Wat se die geleerde manne daar buite?

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Sep 04, 2012 7:00 pm
by stephensonsknives
ek het ook n taurus 357 mag wat  akkuraat is die enigste drawback is dat die gasse tussen die loop en cylinder uit blaas en sonder n handskoen kan die magnum n paar handvelle beskadig

n vriend van my het 2 skote 2 blouwildebeeste verloor want die onkorekte slim handelaar het aan hom axt s verkoop wat eintlik vir self verdediging gemaak is en oom blouwildebees is weg

ph hansie minnaar vertel my dat hy met frontiers se 285gr 44 mag skiet en die koeel gaan dwarsdeur oom blouwildebees

moet gou gaan eet,praat later

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Sep 04, 2012 8:23 pm
by stephensonsknives
hier is n foto van die nuweling  357mag ruger

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Mon Oct 01, 2012 8:01 am
by mamba
Jy gaan daai 44 baie geniet  ;)

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Mon Oct 01, 2012 8:06 am
by mamba
Het ons al 'n moontlike datum ? 

Dink ons moet een vas maak sodat die Rolie groep kan begin, ek glo dit gaan ook nie die laaste byeenkoms wees nie. Ek het 'n vriend wat ook sal kom met sy rolie's "hy weet dit net nog nie"  ;D ;D

Cheers

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Mon Oct 01, 2012 9:06 am
by SV MAD (Henk)
Geluk Piet!

janee, ek soek ook 'n datum dat ons kan vasmaak. Gaan lekker wees as die rollies so saam blaf op die skietbaan!

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Mon Oct 01, 2012 2:43 pm
by 1250bandit
Dit sal nou lekker wees om bymekaar te kom.

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Oct 02, 2012 12:07 pm
by SV MAD (Henk)
okay manne.

3 of 4 November en dan die naweke van 24 Nov onwards pas my...ander naweke als besig...

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Oct 02, 2012 1:07 pm
by mamba
enige naweek behalwe 10 Nov, skiet SABA dan  ;D

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Tue Oct 02, 2012 1:52 pm
by SV MAD (Henk)
mamba wrote: enige naweek behalwe 10 Nov, skiet SABA dan  ;D
Wou graag SABA skiet, maar is in Ponta de Oura daai naweek... ;D

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Wed Oct 03, 2012 8:53 pm
by stephensonsknives
dag manne amper se ek bende want lyk my almal stig /////// bendes af

wat van  die saterdag 08h00  die  6de oktober  by krokodilspruit

stuur sommer epos as julle dit kan maak dan braai ons sommer n stukkie wors en vleis ook

pieta mooi gun daai


groete

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Thu Oct 04, 2012 8:28 am
by SV MAD (Henk)
Hi bendemaat!

Sal dit nie kan maak nie, einde November eers oop... die tyd van die jaar is dol.

As daar 1 daai tyd is, sal ek met graagte bywoon!

Re: Rolie Byeenkoms

Posted: Thu Oct 04, 2012 3:18 pm
by Dries Skiet
Hi Manne

Ek is nog nuut op die forum. Ek jag graag met my .44 rem mag Ruger Super Redhawk, 9.5 duim loop met Leopold bo op. 300gr teen so 1200f/s stamp blouwildebees baie lekker met geen vleis skade. 50meter 5 skoot 2duim groep, maar wil nie met ligte punte groep nie.