Page 1 of 1

Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:02 am
by Carl
More

Is daar enige iemand hier wat die harnas (bra) vir hulle verkykers gebruik? Watter kan jy aanbeveel en watter probleme tekortkominge moet mens voor uitkyk?

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:13 am
by Vlakvark
Carl
Ek gebruik die een en is baie tevrede met hom. Hulle maak dit wel bietjie moeilik as jy bekruip
http://fishingandoutdoors.co.nz/outdoor ... -case.html

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:25 am
by Eugene
Ek het sommer plaaslik die een gekoop wat beskikbaar was en ondervind geen probleme daarmee nie.

Ek trek hom gewoonlik aan, voordat ek my baadjie aantrek en as ek bekruip, maak ek net die baadjie se zip bietjie groter oop, as ek moet leopard crawl, trek ek die zip toe en is die kamera nie in die pad nie!

'n ou moet maar net gereeld die bandjies bietjie stywer stel, hulle raak maar pap met tyd!

Groete

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:29 am
by gillie
Carl, ek gebruik sommer die Bushnell een, R150 elk. pasop vir die een met die rek bande, anders gaan jou verkyker heeltyd rondhop...

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 10:23 am
by James Wilson
gillie wrote: Carl, ek gebruik sommer die Bushnell een, R150 elk. pasop vir die een met die rek bande, anders gaan jou verkyker heeltyd rondhop...
stem saam gebruik Bushnell bra

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 10:52 am
by Gerhard
Carl,

Dis soos met baie goed in ons stokperdjies

Jy kry waarvoor jy betaal.

Byvoorbeeld...

Jy kan n 5wt Explorer travel kit stok gebruik vir vlieg hengel en hy sal die werk doen maar....

Nie so goed soos n 5wt TFO TiXR nie.

Ek het n paar van die goed koper harnasse gehaad maar toe ek oor gaan na n kwalitiet harnas was dit n wereld se verskil.

Jy vergeet jy dra n verkyker al is jy plat op jou maag in kort gras.

Kyk gerus na die een as voorbeeld.

http://www.badlandspacks.com/gear.php?u ... e=binocase

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 11:38 am
by Carl
Dankie. Gerhard lyk my daai is die "Wiel vir Sannie", maar seker nie in SA beskikbaar. Het 'n vriend wat Amerika toe gaan in Sept.

Gillie, dis juis hoekom ek 'n verkyker bra soek want hulle wip te veel op en af.

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 12:02 pm
by Eugene
Ek het nie eers geweet mens kry verskillende tipes nie  ??? ??? ???

Maar ek moet s?, myne wip nie op en af nie en ek gebruik myne vir boogjag ook, waar jy vir lang dele moet kruip.

Dalk is dit die stewige kussing onder hom... :angel:

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 12:11 pm
by gillie
Carls wrote: Dankie. Gerhard lyk my daai is die "Wiel vir Sannie", maar seker nie in SA beskikbaar. Het 'n vriend wat Amerika toe gaan in Sept.

Gillie, dis juis hoekom ek 'n verkyker bra soek want hulle wip te veel op en af.
Die Bushnell harnasse het net gewone webbing... kan seker maklik een maak ook as jy tyd het

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 12:21 pm
by Frikkie Coetzee
Menere

EK gebruik die harnasse al vir n paar jaar en soook n paar van my vriende.

Die goedkoper modelle werk net so goed soos die duurder soort. TOT HUL REK SLAP RAAK.

Die duurder modelle wil my voorkom se rek is beter en hou langer (d.w.s. meer as een seisoen.)

My huidige harnas is n Vanguard wat ek gekoop het by Wildman( ek dink) in Graaf Reinet en die rek werk.

My vrou het ook daarna gekyk ense vir my die goedkoper modelle gebruik basies n goedkoop rek soos wat in broeke voorkom  As jy dus koop kyk vir rek wat nie lyk asof dit horsontale strepies in het nie maar eerder lyk of die rek oormekaar kruis,

Frikkie

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 12:35 pm
by Homer
Het hierdie een by Safari en outdoor gekoop

Moet se nog gemaklikste en beste kwaliteit een wat ek nog gebruik het

http://www.butlercreek.com/products/del ... buddy.html

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 12:42 pm
by Frikkie Coetzee
Homer

My pel gebruik n BC en ek stem saam met jou

Frikkie

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 2:13 pm
by Umshwati Boy
Leupold  :)

Re: Verkyker harnas

Posted: Wed Aug 08, 2012 2:25 pm
by Kerneels S.
Ek gebruik ook die Buttlercreek en hy is perfek. Ek myne al 6 jaar.
Groete
Kerneels

Re: Verkyker harnas

Posted: Mon Aug 13, 2012 12:47 pm
by Carl
Hallo
Rustenburg het net 'n baie beperkte keuse gehad. Ek het toe op Ramrod besluit, rek lyk die beste en die prys was R105. Ek sal later uitkyk vir die beter $$ produkte.

Ek het dit die naweek getoets, baie ure in die veld en moet eerlik s? die goed is fantasties. Kannie glo ek het sonder dit oor die weg gekom. Verkyker bra is koning.
Dankie vir die advies en hulp.