Page 1 of 2

Metode Nr 1 - Gif

Posted: Wed Jan 28, 2009 11:25 pm
by jaracal
Hoe voel julle ouens, is daar plek vir die gebruik van gif, onthou gifskieters en gifhalsbande sal ook hieronder val.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Jan 29, 2009 11:09 am
by Arno
Dis nou half moeilik as gifskieter en gifhalsband deel gan wees want ek weet dit maak 'n dier op dieselfde wyse dood,maar tog is dit baie meer teiken gerig.Ek is helemal teen gif!Maar ek is nie teen gifskieters en gifhalsbande nie.Want met gifskieters en gifhalsbande kan die probleemdier uitgehaal word as dit reg hanteer word.Weet dit is nou half nie 'n goeie antwoord nie.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Jan 29, 2009 12:45 pm
by Caller
Jaracal

Gifskieters is mos nie baie selektief nie. Maar sy sterk punt is dat dit die minste lyding (daar is fytlik geen leiding nie) van alle vergiftiging veroorsaak.

Caller

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Jan 29, 2009 9:13 pm
by Kruger
Baie ouens het blykbaar goeie resultate gekry met daai 1080 balletjies wat opgehang word. Ek weet nie vir seker van een jak wat dit gevat het by my nie. Probleem met gif is jy stel jouself baie bloot mbt skaaphonde ens. Jakkalshond base sal ook nie sommer by jou kom jag as jy gif gebruik / het nie, so indien jy dit begin gebruik skakel jy ander moontlikhede uit daarna. Dis maar net my mening

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Fri Jan 30, 2009 12:13 pm
by Caller
Kruger

1080 werk so stadig, dat jy nie sal weet wat daai gifballetjie gevat het nie, hy vrek baie v?r. Maar daai gifballetjies is onwettig my mater, bly maar liewer weg van daai goed af, dit bly maar onselektief.

Caller

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Fri Jan 30, 2009 7:27 pm
by Kruger
Caller
Nee ek weet dis nou onwettig. Toe ek dit gebruik het was dit egter nog wettig. Werk baie met skaaphonde en die risiko is net te hoog om 'n opgeleide hond te verloor. Baie ander glo egter hulle was suksesvol daarmee, maar ek kan nie saampraat nie. Groete

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sat Jan 31, 2009 8:01 am
by baasjan
Ek is teen enige vorm van gif en gebruik dit nie.
Vir gifhalsbande kan wel 'n argument vir aanvaarbaarheid uitgemaak word as synde dat dit werklik selektief is. So ek sal nou nie daarteen stem nie.
Gifskieters is geensins selektief nie -- dit is basies gifaas en geen gifaas is selektief nie. Dus NEE.Basjan

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sat Jan 31, 2009 8:17 am
by Langbroek
GEEN GIF.
NIE SELEKTIEF EN ONVERANTWOORDELIK.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sat Jan 31, 2009 2:06 pm
by tafjak
LANGBROEK

Wie se so! Die ou wat dit waag is oningelig. HALSBANDE IS SELEKTIEF.

Taffie

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sat Jan 31, 2009 4:58 pm
by Langbroek
Tafjak, Dankie man. Pleit om versagting.
Janee hier moet mens presies s? wat jy bedoel en nie wat jy dink nie. Maar natuurlik is gifhalsbande selektief.
Het bedoel gif in die vorm van aas -- die BOEING was seker al oor toe ek nie my bedoeling uitgespel het nie.
Dankie, sal in die toekoms voor 5 skrywe.

Langbroek.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sat Jan 31, 2009 6:02 pm
by Kruger
Ek stem heeltemal saam dat gifhalsbande 'n plek het in ons arsenaal, maar daar is tog iets wat krap. Ek het lanklaas gekyk na wat nou beskikbaar is, so indien die probleem intussen reggestel is, trek ek my woorde terug. Eddie se halsbande is/was ontwerp om op 'n lam van so 3 mnde te pas. Die meeste van my skade kry ek voor daardie tyd, so ek voel gifhalsbande sal baie meer suksesvol wees indien die ontwerp toegespits word op 'n lam van 2-4weke in ouderdom. Indien ek dit eers op 3 mnde ouderdom kan gebruik het ek klaar 80% van my skade gely en is dit half mosterd na die maal.

Ek het self aan so 'n halsband gewerk en glo die ontwerp was beter, maar op daardie stadium was dit onmoontlik om 'n lisensie te bekom om voort te gaan met die vervaardiging. Het baie met Tim Snow van WWF se gifwerkgroep gepraat maar sonder enige sukses. Sedertdien het ek die idee van gifhalsbande half laat vaar so ek weet nie of daar nou beter tipes beskikbaar is nie.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sun Feb 01, 2009 11:14 am
by LMB
Gif is vir baie die nr 1 oplossing van hul probleem. Dit neem die minste tyd in beslag, en is redelik effektief.  Dit is so hartseer dat huidiglik is daar nie meer vir skaaphonde op `n skaap plaas plek nie.  Wanneer dit gaan om oorlewing probeer jy alles.
Gifhalsbane kan redelik effektief wees maar, het tekortkominge, veral die ontwerp van Eddie. Ek het self onlangs probeer om weer van die Amerikaanse gifhalsbande te koop, of weer by ons beskikbaar te kry, maar was nog nie suksesvol nie.
Persoonlik glo ek dat my probleme grotendeels opgelos sal word as daar `n gif beskikbaar gestel kan word wat ek wettig aan my lammers kan spuit sonder enige effek op die lam en wat na 2 weke of so afgebreek is, maar dodelik is vir ongediertes. Ek kan nie dink dat so iets nie moontlik is nie.

Lukas 

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sun Feb 15, 2009 3:44 pm
by baasjan
LMB

Wat van absorbeer deur die vel.
Wat gaan produsente reaksie wees.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Sun Feb 15, 2009 6:11 pm
by jaracal
Ek weet van 'n boer wat gif op die lammers se nekke gegooi het en met die reen en kop omlaag staan het meer lammers gevrek van die gif as wat jakkalse kon vang. Duur les. Vel absorbeering ook 'n groot gevaar soos wat Basjan tereg uitgelig het.

Hein

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Mon Feb 16, 2009 8:26 am
by rednat
Hein

Wat gaan verbruikersreaksie wees teenoor gifaansmeer.
Voel my ons speel met vuurhoutjies.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Mon Feb 16, 2009 10:29 am
by Caller
Manne

Die gifballetjies of wat julle dit ookal wil noem (enkel dodelike dosis) was nog nooit wettig nie. Die sogenaamde PK nommer wat P. Sneekluth op sy houers gebruik het, tel nie.

Die Wet op Gevaarhoudende Stowwe, het nog altyd 1080, net tot gebruik in die gifhalsband beperk. Enige ander aanwending was nog altyd verbode reg deur die land.

Caller

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Mon Feb 16, 2009 3:29 pm
by projag
En wat is daaraan gedoen en met welke enorme nadelige gevolge is die gif gebruik???.
As NC voortgaan met hul belaglike planne en hul vyandige ondeursigtige optrede ( lyk dan nou asof selfs leuens as taktiek gebruik word ) sal meer boere hul tot gif wend as alternatief om hul reg op bestaan te beskerm  ---- met watter gevolge. EN WIE moet ons bedank.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Mon Feb 16, 2009 4:30 pm
by LMB
Gif is vir my maar net een van die hulpmiddels om te oorleef, in watter vorm ookal. Dit is al wat ons tans doen, oorleef.
Wat die gif op die lammers betref is dit so dat die gif deur die vel opgeneem kan word as dit met die verkeerde middel gemeng word.
Ek glo egter dat dit behoort moontlik te wees om `n gif te kan maak wat spesie spesifiek is, nie deur die vel opgeneem kan word, of dan nie vir die lam skadelik sal wees en na 2 weke afgebreek sal wees. Dit sal jou die kans gee om die sondaar maklik te verwyder. Dit sal ook nie die oplossing vir al die probleme wees nie, maar dit kan `n hele klomp probleme effektief oplos. Die rede vir die vinnige afbreek is juis dat as jy dit op `n klein lammetjie sou gebruik met lamtyd dat daar geen tekens daarvan 2 mde later sal wees nie.
Dit behoort relatief goedkoop te wees, maklik om aan te wend, teiken spesifiek. Dit word net gebruik as jy probleme het. Vir die ou merino boere, as jy jou lammers lujet gewas het, het daar nie maklik meer as 3 lammers weg geraak nie. Dink maar wat het met die skaaphond gebeur wat met die loks by skeertyd gespeel het.
Gif word uiteraard oral gebruik, soos onlangs weer gehoor dat natuurbewaring visse daarmee wil doodmaak, maar as dit by probleemdiere vir landbou kom, is alles onwettig.
Ek voel die lam is die teiken, so hy moet gebruik word daarvoor. Die gifhalsbande is nie effektief omdat die te duidelik sigbaar is.

Dis maar my mening, iewers moet ons `n oplossing kry wat werk.

Groete
Lukas
ns. Moenie dat die boer die gif aan die nek smeer nie, hy moet die smeer waar die lam gevreet word. Dis v?r van sy kop.

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Tue Feb 17, 2009 7:52 am
by Caller
Lukas

Stadig ou maat dat jy nie te vinnig aanames maak nie. Natuurbewaring gebruik 'n chemiese stof (gif?), nie om die visse dood te maak nie, maar om hulle te verdoof vir 'n kort rukkie. Alle visse in daardie opgewing kom na die oppervlak en jy kan dan di? uithaal wat jy wil verwyder uit die sisteem, of as jy wil navorsing doen, di? wat jy wil gebruik. Die ander visse herstel na 'n paar minute en hou geen effek oor nie. Dit is 'n ou tegniek wat al baie jare lank bestaan.

Caller

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Wed Feb 18, 2009 4:20 pm
by Louis102
Menere

Ek wonder hoeveel skaapboere sou daar vandag gewees het as dit nie vir gif was nie.  Die onderwerp is baie sensitief en min van die volle waarheid sal op die lappe kom.  Voorts wonder ek hoeveel huishoudelike/landbou/industrie?le giwwe is werklik teiken spesifiek.  Wie het nog nie 'n blik Doom gebruik nie?  Laat hy die eerste klip gooi!

Louis

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Wed Feb 18, 2009 6:19 pm
by LMB
Ek gee net weer wat iemand vir `n feit op `n openbare vergadering genoem het. Ek kan nie al die feite onthou nie, maar dit het gegaan oor `n rivier waar die populasie van `n sekere vissoort te veel is en die stap geneem sou word. Of dit waar is, weet ek nie, daar is heel moontlik `n misverstand iewers.

Die feit bly egter dat gif vir alle mense `n oplossing is, maar omdat dit `n sensitiewe saak is by probleemdiere, mag jy nie te hard praat nie. Gif word baie gebruik as die mees doeltreffendste manier om van probleme ontslae te raak op baie gebiede van die samelewing.

Groete
Lukas

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Feb 19, 2009 8:54 am
by Ambessa
Hallo daar

Om met gif te speel (behalwe soos wetlik toegelaat) is nie die moeite werd nie! Groot asseblief.

Ambessa

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Feb 19, 2009 10:33 am
by Caller
Louis

Doom werk nie soos organofosfaat gifstowwe nie. Dit werk op die prinsiep dat dit 'n insek se asemhalings openinge blokkeer en verhoed dat hy asem kry. Doom is andersins nie skadelik vir die natuur nie. ::)

Lukas

Ek dink ek weet nou waarna jy verwys. Ek het 'n e-pos ontvang oor 'n baie gevaarlike vissoort, wat in 'n geslote "pond" (natuurlike dam) in Amerika ontdek is en so gevaarlik is, dat die owerhede nie die kans kon waag om een te laat leef nie.

Jy sien die verdowing soos ek vro?r verduidelik het, is slegs effektief by 'n sekere konsentrasie en die idee is altyd om net in 'n relatiewe klein area, die visse te verdoof, gewoonlik vir navorsing doeleindes. Dus is daar 'n kans dat jy nie al die indevidue van 'n ongewenste vis spesie met die tegniek sal uitroei nie.

Gelukkig was die sisteem geslote, en het die owerhede die totale visbevolking in die "pond" uitgewis met gif. Die dooie visse is verwyder en na 'n wagtydperk (vir die gif om af te breek), is die natuurlike inheemse visspesies weer in die "pond" hervestig en is die ekologiese ballans weer herstel.

By bogenoemde kan jy sien hoe verantwoordelik daar met gif omgegaan moet word. Dit is en bly 'n alternatief (behoort die laaste alternatief te wees), maar dit moet met verantwoordelikheid en onder streng toesig en beheer van 'n verantwoordelike owerheid gedoen word.

Caller

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Feb 19, 2009 12:48 pm
by Louis102
Caller

Ek verstaan - dit was egter met opset oordrewe gestel.  As die "oordrewe groenes" wil hare kloof kan ek argumenteer dat Doom skadelik mag wees vir een of ander bedreigde insek spesie wat dalk 'n belangrike rol in die ekologie kan speel - sekelik is dit belaglike argumente - maar somtyds voel ek of na hulle vlak moet daal om deur te dring.  Die punt het eintlik gegaan oor die kwessie van "teiken spesifiek".  Doom is nie teiken spesifiek nie, behalwe as bykans alle insekte jou teiken is.  Verder wou ek sinspeel dat dit gevaarlik is om een spesie bo 'n ander te verhewe - veral as jy 'n "oordrewe groene" is.  Laastens wou ek sinspeel dat die verantwoordelike gebruik van gif belangriker mag wees as die eienskappe van die gif op sig self. 

Ek glo dat ek eerstens natuurbewaarder en tweendens boer op my plaas is.  Ek is op die plaas omdat ek lief is vir die natuur.  Ek het voorts ongelooflike respek en verwondering vir die intelegensie en oorlewings drang van die jakkals.  Persoonlik sal ek nie sommer gif by my gebruik voor elke ander metode nie eers gefaal het nie.  Gelukkig is ek baie suksesvol met ander metodes.  As dit egter afhang van oorlewing en om te voorsien vir jou gesin en werksmense - is dit nie altyd so maklik nie.  Met jou rug teen die muur doen jy somtyds iets wat onder normale omstandighede nooit sou gebeur het nie - oorlewingsdrang!  Het iemand hier iewers op die forum gepraat van 'n myl in iemand anders se skoene loop voor jy oordeel? 

Hoop ek word reg verstaan - lyk my daar is 'n paar fyngesnaarde mense op hierdie forum en jou kanse om pakslae te kry is sommer baie goed - al is dit jou eerlike intensie om net gedagtes uit te ruil.  Dit sou voorts mos uiters vervelig gewees het om oor alles saam te stem!

Vriendelike Groete
Louis

Re: Metode Nr 1 - Gif

Posted: Thu Feb 19, 2009 1:02 pm
by JACQUES BOTHA
L
Dis die lekker van die forum...Ons kan heftig en driftig van mekaar verskil maar dit beteken nie ons is kwaad of hou dit teen die persoon nie..
Ons praat oor die saak en nie oor dei mens nie. daar het nou wel n uitsondering gebeur waar sommiges die mens probeer aanval of menigs oor die eprsoon probeer uitspreek , maar as geheel gesien is dit n besonder aangename gees wat hier heers. Ons gesels oor alles . God se skepping, sy genade, ons foute , ons sukses (lw. nie brek nie) , metodes, bewaring, grappe ensomemr alles en nog wat...
Dis lekker man, Ek persoonlik hou net daarvan om te weet met wie ek praat en daarom my naam verander van mesomelas na jacques. En almal weet ek is van bloem of vrystaat of so iets.. want areaS VERSKIL En dalk sit mr.jackal in bosveld en ek probeer hom help met vrystaatse vlakte hulp...of jy sit in die langkloof waar die jakkalse net groente  en vrugte eet en ek se vir jou speel n springbok lammetjie  in plaas van n ryp appel klank of vars aartappel in distres klank...
EK dink nie daar is een van ons wat nog nie iets sinvol hier raakgelees het nie...
So jy en ek en ons mag verskil van x en y en caller, ons sien dit alles as positief  en plaas nie n etiket om iemand se nek omdat hy so ver moes gaan en gif gebruik het wettig of onwetig nie....Ek se altyd as ek die boer was    moes ek omsien na my brood en botter sou ek ook alle metodes gebruik het tot my beskikking....
GREETINGS julle al reen gekry...by jou ...